Karlien boos oor voorbladfoto van kinders

Karlien saam met Eliah en Daniël deel (Foto: Instagram)

Karlien saam met Eliah en Daniël deel (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld het die afgelope naweek ʼn sosialemedia-storm ontketen nadat sy teen die vrouetydskrif Finesse uitgevaar het om haar misnoeë uit te spreek oor haar kinders wat glo sonder haar toestemming op die voorblad van die jongste uitgawe van dié tydskrif verskyn.

Van Jaarsveld en haar bestuurder, Ronel Brink, het in ʼn reeks inskrywings op Twitter die tydskrif vir dié publikasie veroordeel.

In dié spesifieke uitgawe is haar eksman, Derick Hougaard, saam met hul tweeling, Daniël en Eliah, op die voorblad van die tydskrif te sien.

Hoewel die Van Jaarsvelds al voorheen foto’s van hul kinders op sosiale media gedeel het, het hulle ʼn geruime tyd gelede begin om hul kinders se foto’s uit die media te hou.

Foto’s op haar én haar sangerboetie, Bobby van Jaarsveld, se sosialemedia-profiele wys dikwels die kinders se gesigte weg van die kamera gedraai.

“Julle moet weet my prokureur tree in verbinding met julle. Julle het geen reg om my seuns op julle voorblad te gebruik nie,” het Van Jaarsveld op Twitter laat hoor.

Brink het onder meer op haar Twitter-rekening geskryf daar is voor die tyd met die tydskrif kontak gemaak om te versoek dat daar nie met publikasie voortgegaan word nie.

“Die versoek is weke gelede, met twee oproepe, deurgegee. Hulle het ten spyte hiervan voortgegaan en dit geïgnoreer,” het sy geskryf.

Talle ander bekendes, onder wie Christi Panagio en Anele Janse van Rensburg, het intussen ook die tydskrif hiervoor veroordeel.

Só lyk baie foto's wat Karlien van Eliah en Daniël deel (Foto: Instagram)

Só lyk baie foto’s wat Karlien van Eliah en Daniël deel (Foto: Instagram)

Prof. Wian Erlank, ʼn spesialisregskenner in sosiale media verbonde aan die Noordwes-Universiteit, het aan Maroela Media vertel dié kwessie sal neerkom op wat die twee ouers se egskeidingsbevel sê, en of daar ʼn hofbevel in plek is om een ouer te keer om alleenlik toestemming te gee.

“Sosiale media raak baie vinnig ʼn kraaines omdat ʼn mens verstrengel raak in verskeie aspekte. In dié spesifieke aspek moet ʼn mens kyk na die kontrak tussen die ouers. As hulle ewe veel sê het oor die kinders se doen en late, dit wil sê hulle deel voogdyskap, is die tydskrif nie verkeerd nie,” het hy verduidelik.

“Omdat ons nie weet wat die kontrak en ooreenkoms tussen die twee partye behels nie, sal ons nie hieroor kan bespiegel nie. As Hougaard net soveel voogdyskap as sy het, het hy egter nie verkeerd opgetree nie. As daar ʼn kontrak tussen hulle is om hom te verhoed of as sy die meerderheid-voogdyskap het, het die tydskrif verkeerd opgetree.”

Erlank meen verder dit is eerder ʼn etiese kwessie tussen die tydskrif en Van Jaarsveld. “Indien hulle [die ouers] voogdyskap sou deel, is dit uiteindelik ʼn etiese besluit wat die tydskrif moes neem. Sy sal moet aanvoer waarom dit eerder in die belang van die kinders is om hulle uit die media te hou.”

Finesse kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

Magda ·

Ek verstaan jou kommer, maar regtig, word nou groot. Dit klink al hoe meer of jy ‘n geldjie nodig het

Hannelie ·

Karlien jy is regtig kinderlik…..ek dog jy sou hou van die aandag. Maar soos Magda sê jy nie ‘n sent hieruit gemaak daarom die suur druiwe. Eish.

Jakoba ·

Magda dit gaan hier nie oor geld nie maar om haar kinders te beskerm. Stop nou jou nonsens. Net omdat jy ‘n agies is beteken dit nie jy moet kanse vat en sommer enige aanmerking maak nie

Beesblaas ·

Ag shame, sy wou eerder op die voorblad gewees het. Swak styl Karlien

Mariëtte ·

Ja nee, “what’s good for the goose is good for the gang”, maar in hierdie geval is dit “wat goed is vir K en haar bestuurder is NET goed vir hulle”.

Koos ·

Belaglik, komende van iemand wat self reklamebehep is en nou jaloers voel omdat die kinders en hul pa ‘n bietjie aandag ontvang.

Petro ·

Karlientjie word groot, die lewe draai nie net om jou nie. Voel seker sleg omdat sy nie genader is nie en Derrick jy lyk “cool”.

Johann ·

Ag asseblief Karlien! Jys DIE een wat elke denkbare geleentheid en verleentheid skaamteloos melk vir al wat publisiteit is tot wat ook al jou definisie van eie gewin en voordeel.is. Jy blaker op al wat voorblad en middelblad en agterblad te genoë jou “verhoudingstatus” uit, inslyitende die dag datum en plek waar jou “nuutste” liefdesaam if nie saam met jou is nie. Soveel van selfvoldaande aandag trek het ek nog nooit gesien nie…SKAAM JOUSELF om jou eie kinders in die middel van jou “issues” te sit. G.a.t.v.l vir jou publisiteits najaag met jouself altyd in die verontregte sitplek. Jy LIKE dit…moenie nou kim kla oor wat mag en qat mag nie! Jou issue is waarskynlik fat JY nie.ook op die voorblad is nie? En dat Derek dalk NET sy mind verbypraat…rerig?

ai ·

regtig Karlien????
daai is mos JULLE kinders?
nie net JOUNE nie???

Renea ·

Haar eks-man behoort regtig van beter te weet! Soek hy aandag om saam met sy kinders afgeneem te word? Ons almal weet in hoe n siek wereld ons lewe…

pieter ·

Ek is nou nie lelik nie maar is die kindertjies uit goud gemaak dat hulle nie aangeraak ma word nie ONTHOU hulle is net geleen aan julle pasop as julle afgode van hulle maak kan julle laaaaaang trane huil.

Duh ·

Ag siestog, regtig, wil jy nou al Hougaaard se regte ook van hom ontneem wat sy kinders aanbetref? Jy verskyn oral met jou kinders, of gaan dit oor die kontrak wat jy net met ‘n sekere tydskrif het sodat jy die miljoene kan inpalm? Dis so belaglik. Eintlik moet jy net uit die openbare gesig verdwyn tot jou skeisaak afgehandel is. Daar is duisende celebs wie hulle kinders se gesigte wys, dis nou nie asof joune beter is nie, glo my as hulle nie TSHIRTS aangehad het met JOU NAAM OP NIE< sou niemand eers geweet het dis jou kinders nie.

Lin ·

Jy slaan die spyker op die kop. Sy het nie die geld ingepalm nie. En haar MA het nie toestemming gegee nie. So nou is dit ñ probleem. Sy het só lelik gepraat op Twitter dat ek skoon skaam gekry het vir haar part. Sy is ñ gróót aandagvraat. Het dae aaneen aangegaan hieroor.
Sy moet net onthou dat daardie kinders groot word en die waarheid sal weet.

Andre ·

Regtig Karlien, jy moet nou groot word en ophou om so belaglik te wees om altyd jou lewe op social media te verf. Ek dinkderick kan bly wees hy is van jou ontsla.

Iemand ·

Karlientjie gooi jou kinder skoene weg asseblief. Wou jy eerder op die voorblad gewees het? Derrick jy is ‘n pa duisend!!! WORD GROOT Karlien, en gaan vir sang lesse asseblief.

anoniem ·

Ai wie dink sangers is hulle .Hulle wou alles privaat hou maar hulle blaker al hulle
privaatheid uit vanaf die egskeiding.
bly uit tydskrifte dan hoef julle nie te bekommer nie

Karma ·

Karlientjie moet ernstig geld soek – sy hou nie daarvan dat haar twee bloedjies op die voorblad van Finesse verskyn nie – dalk omdat hulle saam met hul pa daarop verskyn en nie haarself nie? As hy hulle Pa is, het hy seker die reg om te besluit wat hulle in die tyd wat hulle by hom is (en onder sy toesig is) doen? Kyk nou so met die kwessie van die ringe; sy wil dit hou en hy wil dit terug hê. Karlientjie soek vir seker geld – Huisgenoot betaal mos tot R20 000.00 vir ‘n eksklusief van die (“over-rated” plaaslike kunstenaars op die voorblad en ‘n artikel wat hul ‘diepste geheime’ ontbloot, soos nou die dag met Kurt en sy vrou se seun se aankoms. Ag, hoe ‘boring’!!!

Erika ·

Wat ‘n pragtige voorblad, pa en seuns pragtig! Kyk net hoe trots lyk hy!

Sonet ·

Kan die media asb net ophou om aandag aan die vrou te gee….daar is soveel beter dinge wat julle onder die mense se aamdag kan bring. Soek asb voelgoed stories en plaas dit. Dis lekkerder om te lees en ook positief….

Chris ·

Dis tyd dat die publiek Karien bietjie aarde to bring,Karien die kinders en hul pa het ook aandag nodig Mooi so Derrick

Lieza ·

Haal akkuraat aan asb Maroelamedia. Sy het dit “prokereur” gespel

Hendrik ·

Lieza.
Ek weet nie of die berig van n selfoon gemaak is nie. Indien wel kan n fout maklik gemaak word. Dit pla my nou regtig nie. Kyk maar hoe die “foontaal” geskyf word. DIS pateries. Ons weet nie wat die rede vir Karlien se optrede is nie. Kom ons hoor eers wat haar rede is en gee dan kommentaar, goed of sleg.

LM ·

Hendrik.
Jou “foontaal” is “pateties”.Lees voor jy jou kommentaar los,goed of sleg.

Adeline ·

Die hele spul is sensasie behep! Kan hierdie sogenaamde afrikaanse ‘celebs’ nie uitstaan nie. Grow up!

Dewald ·

Prof. Wian Erlank ‘n skikking in ‘n egskeiding is nie afdwingbaar teen 3de partye nie.

Christine ·

Is so Dewald, maar as die bevel vir die ouers gelyke regte met betrekking tot die kinders gee, was Hougaard geregtig om ‘n kontrak met die tydskrif te sluit sonder Van Jaarsveld se toestemming. Ek glo Prof Erlank het bedoel dat die tydskrif dan wettig opgetree het in terme van daardie kontrak.

Stem saam ·

As Karlien nie haar toestemming gegee het aan die tydskrif nie en hulle gebel het om publikasie te verhoed, het sy die volste reg om ontsteld te wees as hulle haar wense ignoreer. SY as ma het die volste reg om te besluit of haar kinders se foto’s in die media gebruik kan word of nie. Dit hang alles af van hulle skei-ooreenkoms wat die uiteinde van die saak sal wees. Sy hou spesifiek haar kinders uit die media uit – sy is tot puntenerig oor watse foto’s op FB gedeel word van hulle kinders. Respekteer haar opinie en moenie so vinnig oordeel nie.

BeskermDieKinders ·

Sjoe! maar die naels kom omtrent uit hier! Ek dink persoonlik dit is haar volste reg as ouer om haar kinders te beskerm teen ongewenste aandag van die media. En ek glo nie dit het enige iets te doen met geld of wat nie. As jy ‘n kunstenaar is, is jy volwasse en jy moet kan hanteer wat die media na jou kant toe gooi, maar daardie kinders het nie haar beroep gekies nie en ek sien niks daarmee verkeerd dat sy beskermend optree teenoor hulle nie. Hierdie het niks te doen met of sy kan sing of nie, en kommentaar daaroor lyk net kinderagtig en na jaloesie.

Anika ·

Ag jete … sy het die volste reg om haar kinders te beskerm, maar nou het sy presies die teendeel daarvan reggekry. Iets wat ‘n stille dood sou gesterf het, kry nou soveel aandag … maar dit is mos wat sy wil hê – A A N D A G !

Andre ·

Die ou meisietjie moet regtig nou begin groot word. Sy moet begin besef sy leef en beweeg in ‘n grootmens-wêreld.

wie-is-karlien ·

Ek wonder of sy nogsteeds sou skop en skree as die gewilde HUISGENOOT haar sou BETAAL het om die 2 op hulle voorblad te sit??
Ek dink haar tantrum is eerstens net oor hulle saam hulle PA op die voorblad is en tweedens oor sy nie ‘n paar rand daaruit gemaak het. Kunstenaars kla mos hulle shows doen nie so goed nie, so hulle moet seker ‘n geldjie op ‘n ander manier maak. Sies Karlien.
Dalk moet jy gaan sit en wonder hoekom het Finesse HOM gekontak om ‘n voorblad te doen met die seuns en nie vir JOU nie. Jy is veronderstel om 31 jaar oud te wees maar ek dink jou 3 jarige tweeling is meer volwasse as jy.

Johann ·

Hahahaah. Sooooo bly om te sien dat ek nie die enigste een is wat Karlien se blatante eie gewin najaag publisiteit optel en aflag nie. En haar “agent” mamma is nie ver agter as dit by die MEDIA trein ry kom nie….soos en as en waar dit haar pas nie. Karlien…BAIE BAIE BAIE Suid Afrikaners loop nie blindelings agter jou wellus sensasie aan wat jy orals verkondig nie. Gaan lees biekie die artikels oor jou wat jou op en aanmerkings al was oor “liefde”, en die vrae oor die datums van wanneer jy watter liefde nou eintlik voorop gestel het as DIE liefde. Onthou dit: daai kids gaan grootword en vrae vra. Jy kan jou sterre dank jou “x” man is die ordentlikheid self om JOU nie bloot te stel vir wie en wat jy dalk mag wees nie. Skaam jouself! Maar dan gaan jy seker weer DIE geleentheid ook misbryik om JOU arme onskuldige vrouwees wat benadeel word yit te lig. If NOG n rym rym my ore pyn liedjie te skryf en te verkoop.

Celeste ·

Regtig?? En natuurlik moet haar ma ook iets sê. Iewers in die wêreld is daar erger dinge om jou toys uit die kot uit te gooi…

Alida ·

Wil die pers nie maar hierdie hele familie uitlos nie. Die grootste gros van julle leseres is al tot versadigingspunt met die hele spul, mamma Brink ingesluit. Hulle probeer nou sulke foefies om nog meer publisiteit te kry. Ek glo nie die tydskrif het die pappa en seuns gedwing om aan die fotosessie deel te neem nie.

MCS ·

En hulle ma stook ook net die vuur meer aan. Baie van die dinge is met haar toedoen. Sy het beslis n hand in die”pie” daarom het Karlien , Derick geskei! Stel glad nie n goeie voorbeel vir Suid Afrika! Plaas stel sy hulle tereg en vermaan sy hul optrede en beskuite, maar sy moet ook altyd n eier le! Die van Jaarsvelds word so in ons kele af gedruk, wil niks met die twee “wannabees ” uit tewaai he!

Sus ·

BeskermDieKinders, dalk het jy nie die hele ‘van Jaarsveld-sage’ gevolg nie. Die beeld wat Karlien uitgedra het, maak dat al die plasings op hierdie berig negatief is teenoor haar.

Antionette ·

Sal die tydskrifte asb op hou om oor die van Jaarsveld familie te skryf en te praat .Hulle is nie die enigste bekendes in die land ,en ons is nou al hartlik moeg om van hulle te hoor.Tyd dat hulle terug kom aarde toe.

ANRE ·

Is is mal oor Bobby van Jaarsveld… maar ek kon nog nooit vatplek kry aan die sussie van hom nie. Sy is vir my verskriklik pretensieus en dis asof sy geraas moet maak om raakgesien te word. #bedorwebrokkie

Ghost ·

Ek hoor wat die se wat opkom vir Karlien. En ek sou saam stem as sy van die begin af die kinders wou beskerm. Maar mens kan nie wanneer jou pas die reels wil verander nie. As sy regtig so worry oor die kinders moes sy hulle van die begin af uit die media gehou het. Daarom dink ek dis duur druiwe omdat hulle saam Derick op die fotos verskuin. Ek het lankal my respek vir haar verloor en dink sy het Derick net gebruik.

M4 ·

Karlientjie, marionetjie soek ‘n man, dalk moet jy die boodskap vang!

Iemand ·

Sy soek net sensasie, maar om haar kinders te wil gebruik vir dit, baie verkeerd van Karlientjie. Derrick het net soveel seggenskap oor die kinders as sy. Wag tot hulle groter word, en self kan kies waar hulle eerder sal wil bly, want ek glo hulle sal eerder by hulle pa wil wees as hulle kinderagtige ma.

carol ·

Uhm ja nee kyk ek stem. Kinderagtig!!! Kyk nou as Derick my man was (sexy mannetjie daai) hahaha – sou ek op elke foto saam hom en die kinders wou wees.

Iemand ·

Ek stem hy is ‘n pragtige mens, mooi maniere, beter mens as wat Karlientjie kan droom om ooit te wees.

Ruby ·

Sjoe julle, stadig oor die kole. Jaloesie is ‘n lelike ding. Julle kan hoe hard skreeu dat Karlien nie kan sing nie, maar haar verkope en toekennings praat harder!

Ek is nie haar grootste aanhanger nie alhoewel van haar liedjies baie mooi is. Om die vrou so af te kraak is regtig onnodig en sê niks van haar maar baie van jou. As ma staan sy op vir haar kinders soos ons almal sou gedoen het, wees maar eerlik met jouself.

Ek dink Finesse moes die nodige “finesse” gebruik het in hierdie sensitiewe saak. Ek glo dat albei ouers hul toestemming moes gee vir die publikasie. Karlien is nie hier die geldwolf nie, maar Finesse.

Finesse, julle was gevra om nie die foto’s van hul kinders te plaas nie, ek is teleurgesteld in jul optrede. Ek as mamma sou net so woedend gewees het. Daarom het ek besluit om nie my intekening te hernu nie.

Iemand ·

Dalk moet ons ons woorde maar tel, net nou sleep sy en haar ma ons ook hof toe. Maar as die waarheid seer maak, so be it, as die skoen pas, trek hom aan.

ronel ·

Derick jy is eenvoudig ‘n fantastiese pappa. Mamma moet dalk meer aandag gee aan hulle en minder by die “nanny” los en minder op sosiale media rond fladder en inkopies doen.

Willem Bierman ·

Ag asb Karlien…..dit is nou d toppunt van eenvoudigheid. Jy kon ook in dai foto gewees het maar jy het mos anders verkies. Word eerder groot en tree soos n volwassene op.

Marlin ·

Ag tog Karlien, kom oor jouself. Net omdat jy nie ook op die voorblad kan wees nie…shame. Pateties. Hulle pa het net soveel REG soos jy. Jy is nie die alfa en omega nie. Klim terug in jou raampie asseblief en skrik wakker.

Mark Mac ·

Karlien kry n collapse oor die tydskrif daardie foto gebruik, en dan gebruik MM hom sommer ook!?! Haa Ha Ha – oh die Ironie… Maar Goeie Werk MM!!

Nannie ·

Ja-Nee ou Karlien jy is regtig n jaloerse dame wat nie eers die 2 seuntjies saam met hul pa op die voorblad gun nie. Sies man word tog groot. Hy mag ook saam sy 2 seuntjies op voorblaaie verskyn en nie net jy nie.

Penellope Jones ·

Ek dink nie ek sou tevrede gewees het as my kinders op ‘n voorblad verskyn sonder my toestemming nie.

Gert ·

Kan sy dan sing ook? Hoor net altyd van haar gekerm omdat sy een of ander probleem met ʼn tydskrif het. Wil sy nie dalk SA se KK word nie?

Carmen ·

Ag nee wat Karlien. .Die tyd wat jy nouweer aan nonsens spandeer kan jy aandag geen aan jou kinders…eish ..as jy nie voorblaaie
of artikels in tydskrifte haal elke week nie..het jy issues…kom oor jouself ..o en gaan lees bietjie op wat Celebrity beteken…en wanneer kan jy wel jouself n Celebrity noem…

Sarie ·

Wat ek nie kan verstaan nie is Finesse Tydskrif is ‘n Christelike tydskrif – waaroor die bohaai? Mag die pa dan nie ook spog met die kinders nie? Hy is nie skaam om sy kinders weg te steek vir die media nie. Inteendeel hy is baie trots op hulle. En hy doen dit nie op ‘n skinder tydskrif nie, maar op ‘n Christelike tydskrif. Derrick – well done – mens kan sien waar lê jou hart. Jy is nie plasties nie. Jy is opreg – jyis wel ‘n blou bul, maar jy bly ‘n liefling.

Stem saam Ruby ·

As ‘n ma wie self my kinders uit die media sou hou kan ek nie genoeg saamstem nie. Al het beide ouers ewe veel regte behoort hulle mekaar te ondersteun en te ken in sulke besluite, hoe nietig dit ookal mag blyk te wees. Sies Finesse julle oortree op die ouer se regte en vererger tweespalt tussen die ouers. Daar is mos ‘n direkte versoek teen die plasing gewees. Hoe eties is dit? Haar redes vir haar vesoek gaan niemand aan nie. Sy het die volste reg om te voel soos sy voel. Ek het niks gelees wat op geldgierigheid dui nie. Die mense met die groot monde en eie geregtige uitlatings het niks te sê – is nie jul kinders nie.

Susan ·

Jislaaik, maar die kommentators kan lelik raak! Dit is ma Karlien se goeie reg om te besluit wat sy vir haar kinders goed is of nie. Kinders word maklik vir ‘n paar rand ontvoer. Hoekom dink julle dat baie ander bekendes ook hulle kinders uit die publieke oog wil hou? Beslis nie omdat hulle jaloers is nie? Kom by!

Erika ·

Gaan google bietjie Karlien van Jaarsveld, kliek dan op images, gaan kyk mooi, hoe lekker lag die seuns saam hulle pa, op al die foto’s, en glo my daar is heelwat. Hulle blom behoorlik op die foto’s saam hulle pa!

Alicia ·

sjoe… dink baie van julle vrouens wat hier kommentaar is maar net baie jaloers want mens sien net lelike kommentaar oor karlien. Sy wil nie haar kinders se gesigte in die tydskrif he nie, dis haar kinders, los haar uit. dink meer dis haar x wat die aandag soek.

Stefanie ·

Ek verstaan nie, In die artikel staan daar dat hulle voorheen fotos van hul kinders op sosiale media gedeel het, maar n GERUIME tyd nie meer doen nie….. woensdag het sy fotos van haar seuns op facebook geplaas…… of dit nou die voorkant of agterkant van die kids is, fotos word geplaas met hul crew hempies aan….. vra maar net

Naamloos ·

Karlien, rerig, bou n brug en kom daaroor. Volgende Huisgenoot storie sien ons weer die fotos met Karlien wat Finesse wil dagvaar, wat n grap!!!!!!!!!!!!

Arina ·

Dis verblydend, al is dit sons kwetsend, dat mense deur als sien. Derick is ook n voog en mag besluite neem. Karlien baklei met die verkeerde party. Sy moet dit met haar eksman opneem en nie met die tydskrif nie. Jammer dat haar ma, wat ook haar agent is, dit nie so hanteer nie. Dit skep dan n onprofessionele indruk. Wat soek haar kinders dan op Instagram? Wees konsekwent in jou gebruik v die media.

Ben ·

Gelukkig steur ek my nie veel aan mense soos die klomp bederfde kunstenaartjies in ons land nie. As die geld min raak sing ons vinnig gospel. As dit weer goed gaan dan kap ons maar weer aan met die swak musiek – party styg darem bo swak uit na gemiddeld – waaraan ons al gewoond geraak het. Siestog en hulle kry tog so swaar. Harde, uitmergelende werk ! In die tyd wat sy gebruik het om die tydskrif te takel kan sy dalk iets ordentliks geskryf en getoonset het. Wonder hoeveel A’s is op ons sangers se matriek sertifikate. Seker nie veel nie!

Anoniem ·

Ek dink persoonlik almal moes eers gewag het met hul aaklige kommentaar…Nie een van ons ken die storie nie…..Karlien en Derick sal weet hoekom sy dit nie wou gehad het nie….Dis nie altyd noodwendig om geld te maak nie. Mense Finesse sal ook nog antwoord. Kom ons gee al die partye nou die kans om te gaan sit en hieroor te belsuit wat is die pad vir nou en vorentoe!!!!!! Maar ek moet ook se dis n groot jammerte mense hardloop media toe met als. Die goed moet agter toe deure oor gesels en besluit word. Dankie tog myne bly agter toedeure en nie vir almal om te lees en oor te spekuleer nie!!!!!!!!!!!!!!!

Hanneli ·

Wie is hierdie vrou? Ek het heel per toeval nou op hierdie artikel afgekom en dit klink soos ‘n bekende. Sal iemand vir my sê wie dit is, asseblief. Het nog nooit van haar gehoor nie.

Blom ·

Kyk net al hierdie kommentare…presies die reaksie wat sy wou gehad het, tsk.

Jannie ·

Kyk regtig sulke jaloesie van lesers veral die dames het ek lanklaas gesien. Karien en self Derick verdien geld uit enige bemarking, gin dit vir hulle dit is hulle bord kos nes ons vir ons sin werk. Daar is seker n ooreenkoms met foto regte van die kinders. Die dames wat so jaloers is regtig staan op gaan oefin n bietjie kry jou eie ligaam in orde en lewe voor julle hierdie baie aantrekilike dame wil sleg se. Kom ons wees ook eerlik met mekaar die van julle wat getroud is weet jou manlief sal haar aandag baie geniet, my hel man sy is sexy. So skiet my nou maar, ek weet julle kommentaar is als jaloesie en niks anders. Ek geniet nie haar musiek maar daar is niks fout met haar lyfie nie.

Scalla ·

Op die foto kan hul gesiggies nie gesien word nie, wat is haar probleem, volgens hul hempies is hul crew lede, Karlien weet jy dit is teen die wet as minderjariges vir jou werk.

Alida ·

Sy moet groot word. Kinders is kinders en Derick het die reg om met sy kinders te spog. Wie dink sy is sy.

Sam ·

Huise van glas.. Word groot word haar toe gesnou, jy kan nie sing nie word in hoofletters geskreeu.. Julle weet wat daar agter hulle toe deure aan gegaan het? Volgens my is Derrick maar net ‘n foto pappa…Ai jy weet fotos laat maar altyd die bo kant blink lyk. Wie verkoop anyway jou kinders se gesigte aan ‘n tydskrif vir geld… huise van glas, die man is nie so goeie pappa as hy 3 jaar terug self gese het hy wil hulle uit die media hou en vandag is dit anders…skyn pappa…net as die flash skyn is hy wonderlik.

Werklik ·

En hierdie week berig Huisgenoot weer oor die storie… Regtig! Ek is BAIE moeg vir die familie!

Sam ·

Ai Scalla. Lees weer die berig. dan kyk jy waat die crew hempie foto vandaan kom. Jy sit die pot mis my ou….

Gert ·

As sy en haar regsverteenwoordiger doodeenvoudig die tydskrif gekontak het en die saak met hulle uitgeklaar het en 50% minder mense die voorblad foto gesien. Ek is ook seker die tydskrif sou nie die fotos geplaas het as dit hofbevel is dat sy alleen seggenskap het oor die plasing van haar kinders se fotos nie. Gaan die kinders ook eendag as Batman en Superman skool toe want niemand mag hulle gesigte sien nie?

bakoor ·

Moet nie kaalvoet loop nie en moet jouself en jou kinders nie vir n toffy uitgee nie. Seker het Sy nie n lekker dag gehad nie

Irene ·

Goed, ek kan verstaan dat sy kwaad voel. Dis seker ‘n gemengde gevoel van haar kinders se identiteit wil beskerm, en dan ook die feit dat die kinders se pa nou hierdie besluit op sy eie gemaak het – die egskeiding klink nie na n vriendelike een nie. Ek het nie n probleem dat sy kwaad is nie, ek het ‘n probleem dat sy – weereens – dadelik na ‘n reuse openbare forum soos Twitter hardloop om daar haar woede uit te druk. Ek meen, eendag gaan haar kinders dit mos ook sien? Hoe sy aangegaan het in die publiek, en dit oor iets waarby hul pa betrek word? Nee wat, as dit regtig nie oor publisiteit gegaan het nie, kan sy stil-sil agter die skerms haar prokureurs die werk laat doen het. ALLES wat jy op sosiale media sit, is there to stay – nie net foto’s nie.

Lola ·

Ek verstaan glad nie. Iemand moet my help asseblief. Ek gaan google haar naam en sit ‘seuns’ by en daars is baie fotos van haar en die seuns met hulle gesigte na die kamera gedraai. Ek verstaan regtig nie. Haar ‘hart is gebreek’ oor die finesse foto???????

zahn ·

As sy nog kon sing, sou ek verstaan het. Moet darem sê, sy trek mooi aan..

Rhoda ·

Kan nie verstaan hoekom sy die dam onder die eend uit ruk nie, mens sou dink sy is die enigste persoon op aarde met kinders, nee kyk Karien bou n brug en kom daar oor en word groot asb, dis ook nie net jou kinders nie maar JULLE sin!!!!!!!!!!!!!!!

foxi ·

Ek kan die bohaai nie verstaan nie! n rukkie terug het Karlien gespog met haar nuwe (ou) liefde en haar ring. Jakkals vly na wolf se vlou. Nou wat is fout met die pa om te spog met sy kindertjies? Nooit sal jy hoor dat Derick oor homself spog nie. Of is Derick meer opgewasse om eerder stil te bly? Karlien……kindertjies is n vreugde liewe vrou…….

Del ·

Gaan dit regtig oor die kinders uit die media hou of net omdat sy nie op die voorblad was nie? Minder as a jaar terug het SY foto’s van haar kinders op sosiale media gesit waar hulle pragtig vir die kamera sit en glimlag, so waaroor gaan haar groot bohaai nou eintlik?

Savethetigerplz ·

Ai ek dink Karlien se oë is vandag rooi gehuil ? oor die kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.