Karlien die wenner in ‘Strictly Come Dancing’

Karlien van Jaarsveld en haar dansmaat, Devon Leigh Snell. Foto: Twitter

Karlien van Jaarsveld en haar dansmaat, Devon Leigh Snell. Foto: Twitter

Die bekende sangeres en aktrise Karlien van Jaarsveld en haar dansmaat, Devon Leigh Snell, het Vrydagaand as die wenner van agtste seisoen van die gewilde televisieprogram Strictly Come Dancing weggestap.

Karlien en Devon het dwarsdeur die kompetisie die gehoor bekoor met hul danspassies en die stemme vir die danspaar het ingerol.

Karlien het gedurende die kompetisie vertel dat sy en Devon elke dag ses uur lange oefensessies moes insit om hulle vir elke week se vertoning voor te berei. Sy het op Instagram gedeel dat sy van energiestafies en -drankies geleef het om deur die strawwe oefenroetine te kom.

Sy het ook ʼn hele paar beserings tydens die kompetisie opgedoen: onder meer ʼn gekraakte ribbebeen en ʼn geswikte voet.

Gelukwensings vir Karlien en Devon het Vrydagaand op sosiale media ingestroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.