Karlien en Joe haak stilletjies af

Die foto wat Karlien van Jaarsveld op sosiale media gedeel het. Foto: Via Instagram

Karlien van Jaarsveld en die voormalige rugbyspeler Joe Breytenbach het stilletjies die knoop deurgehaak.

Sy het Sondagmiddag ʼn foto op sosiale media gedeel waarin dit duidelik is dat die trouklokkies gelui het.

“Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê – moet nooit opgee op die liefde nie. Xxx,” lui die inskrywings op sosiale media.

Ronel Brink, Karlien se ma, bestuurder en woordvoerder, het Sondag aan Maroela Media bevestig Karlien en Joe is getroud.

“Ek kan ongelukkig nie meer besonderhede bekend maak nie. Ons kan niks meer sê nie. Wat sy op sosiale media geplaas het, is wat sy met haar aanhangers wil deel. Hulle wil die res so privaat as moontlik hou,” het Brink gesê.

Karlien en Joe het in September verlede jaar die nuus van hul verlowing op haar Instagram-profiel bekendgemaak.

“Ek wil graag die nuus met julle deel  voor die media dit doen. Ek en Joe [Breytenbach] is verloof,” het sy toe geskryf.

“Almal vra, wie is Joe? So, Joe is net ʼn gewone ou, met ʼn gewone werk wat lief is vir gholf op ʼn random afdag en ʼn bier om te ontspan. Hy like sigare rook (hy rook so bietjie te veel van dit), sy gunsteling- Afrikaanse kunstenaar is Koos Kombuis en hy maak gereeld kos vir ons in die huis.

“Ek het Joe in Potch ontmoet 11 jaar terug. Ons het gesoen, ‘but then he went to France’ en Joe was nooit weer te sien of te hore van… And then ‘there he was’, popped out of the blue sonder ʼn wit perd, in ʼn swart hemp en ʼn swart stywe jean met een baie groot smile, en ʼn baie sweet ‘hello’ net so sweet soos 11 jaar terug. En soos hulle sê ‘you had me at hello’. The rest is history. Regte tyd. Regte plek.

“So ja dis ons lang storie in baie kort. Ek is baie happy en baie happy om dit met julle te kan deel.” [sic]

Klik hier vir alle vorige berigte oor Karlien van Jaarsveld op Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

?? ·

Eks nou dom! Het sy dan Joey boy geken voor sy Derick ontmoet het? Indien wel, verstaan ek nou alles.

Johann ·

Jip…lees mooi oor die “stywe jean en groot…..”””””smile””””””! Kyk uit vir die groot luvvv storiiii in die Huis Genoot

Basjan ·

Ja-nee, hulle kan nie nou te veel sê nie. HuiLgenoot of miskien Muisgenoot het klaar hul kleim daar afgesteek.

Wessie ·

Mag ‘n man of vrou dan niemand van hul eie geslag ‘ken’ voor hulle troudag nie?

Cjan ·

?? Ek stem saam met jou. Hoekom n man se hart breek net om die volgende een te vat en dan se ons ons is Gelowige mense. En volgens haar rook hy te veel sigare, wat se voorbeeld is hy vir die 2ling? Maar toe Derick die fotos wys van die 2ling toe bemaak sy haar.

Johann cb ·

Is sosiale media deesdae die regte of die vinnigste plek vir sulke aankondigings? Vra net, is nie self daarop nie!

t ·

@Johan cb – Die blote feit dat jy hier skryf maak jou ‘n gebruiker van sosiale media. Jy is inderdaad “op” sosiale media.

Bielie ·

Eerste rugbyspeler nog nie eers mooi uit die prentjie en die volgende een gehak. Sensasie beheptheid is ‘n nare ding. Volgende week weer eksklusief op Huisgenoot en Rapport se voorblaaie.

Hannelie ·

Stem saam. As ek sy is bly ek eerder buite die kollig. Wonder net hoe lank gaan híérdie huwelik hou?

Liesbet ·

Karlien baie geluk. Hoop julle sal baie gelukkig wees. Kan nie glo daar is soveel ou bitterbekke daar buite nie. Jy het jou egskeiding soos n dame hanteer en nie media toe gehardloop en jou eks swartgesmeer om simpatie te soek nie.

agsweeeet ·

Dis nie dat mens bitterbek is nie. Dis net dat baie mense dwarsdeur die front sien wat voorgehou word. Tog so voorspelbaar. Wat my die hel in maak is wanneer mense die Here en Christenskap misbruik om mense se guns te wen en dan sê jou lewensstyl iets heeeeeltemal anders. Arme kinders. Sy fool my nie. Sorry

Jakoba ·

Regtihg agsweeeet, en jy is ‘blanko wit papier ne. Los die mens uit. Dit is in elke geval tussen haar en God en nie jou besigheid nie. Los nou maar die oordeel en veroordeling…dit kom God alleen toe. As sy gelukkig is wie is is almal wat so suurgat is daaroor om haar lewe vir haar te probeer lui en te veroordeel, dit is HAAR lewe Haar besluite en nie Julle sin nie. ja ons weet dat bome wat hoog staan nog maar altyd die meeste wind vang dit is so. Maar om jou eie afleidings te maak en stertjies te wil las is darm nou te erg. Pasop dat jy nie aangekla word vir naamskending nie. Gaan lees maar die nuwe wette wat oor social media gaan jy mag dalk in die hof staan en duur betaal vir jou los tong.

Lizelle ·

Mooi gese- skynheilige mense ons mensdom ne, almal lelike geraamtes in ons eie kaste… leef en laat leef. Los die vrou , haar kinders en haar eks man dat hulle self hul eie lewens kan herbou en herstel….mnr , me en almal wat hul eie vuil wasgoed so mooi wrgsteek…

Johann ·

“wil die res so privaat moontlik hou” WHAHAHAHHAHAHAHAAAAAA!!!!!!! Ook net totdat mamma besluit watter uitgawe van watter tydskrif betaal die meeste? Mooi in lyn met al.die ander Karlien publisiteit; soos haar karakter met issues oor ander mense se skoene…

lorayne ·

Selfde maniere wat my ‘n totale gly in Amore Vitone gegee het. . . . die eie EK! hierdie tannie stel regtig nie belang in jou kapperjolle nie, maar ek hou nie daarvan dat jy Christenskap voorhou terwyl die jeuk groot is nie!

Lollie ·

Hou van sensasie! Party mense sal ook enige ding doen om in die nuus te wees. Gee my ń pyn!!!!

Bessie ·

Na watter eksotiese eiland gaan ek die keer vir honeymoon? Die Maldives is uit want ek en Derick was daar en sjoe hy het self vertel hoe mal die pryse daar is!! Wonder maar net!

Vic ·

Kan enigeen nog suiwer Afrikaans praat? Of is dit nou cool om so te praat?

Vra dit! ·

Nee vra dit!! Toe ek presies dieselfde vraag op ‘n ander Afrikaanse “blog” gevra het, was my kommentaar verwyder!

Wouter ·

Karlien let op jou taal gebruik asb. Dit sal jou meer waarde gee.

Andre ·

Ek glo nie sy is so nuuswaardig nie hoekom word so called “sterre” in n mens se keel af gedruk as sy nog kom sing het maar het op boetie se naam bekend geword

Speedguard ·

Se ek ook, die klere drag en die algemene optredes laat veel te wense oor ! Die vraag is egter is sy ‘n sogenaamde ster ???

saam bly ·

baie geluk julle!!!!!! mag julle gebless wees in julle huwelik!!!!!! almal verdien geluk !!!! ek het nie elke tree saam karlien gestap nie, so ek kan nie oordeel. as dit sensasie was, het ons al daarvan geweet en was dit nie do privaat gehou nie! Hierdie program van Bobby en Karlien laat my regtig met ander oë kyk na hulle, ek dink hulle doen super goed!!

w ·

Eintlik is dit tog so common. Tu sy eerste keer getroud is was sy ok dolgelukkig en net om later te skei. Ne e wat laat mense hul liefdeslewe vi hulself hou

ekke ·

Nee hoe sal dit nou vir haar self gehou word.wil dan gesien word.hoop sy bly nou by haar huis. En soos dit vir n getroude vrou en ma betaam .

Nogal ·

Ja en sy het mos verkondig dat die Here vir haar gese het Derick is die trou man, sy het hom gevra om te trou nadat die verlowing eerstekeer gebreek is. Karlien jy kan nie jou geluk op n ander een se ongeluk bou nie vergeet dit!! Die gaan ook nie hou…..dolgelukkig het sy dit nie ook uitgespreek met haar eerste huwelik saam met Derick?? Twee persoonlikhede. Sensasie soeker uit die boeke!!

ek ·

Stel nie veel belang nie.my gut feeling .jul gaan nie hou nie.sorry nog n fout. Punt.

Riekie ·

Karlien mag julle gelukkig wees vir altyd jy verdien dit ja jy kry nou baie kritiek maar jy moet begin bekommerd raak as mense nie meer van jou praat nie. Ek dink jy is AWESOME en nie een van ons bly in ‘n glashuis nie so aan almal wat jou slegte kritiek gee hou jou kop hoog girl jou kop is op die regte plek. Geniet dit

Sandra ·

Baie geluk julle twee. Wens julle alles wat mooi is toe, vir die toekoms. Almal verdien liefde en geluk, koester dit, bewaar dit en respekteer dit . Mag julle saam ou bene kou.

aanhanger ·

Ek gee nie om wie wat se nie. As n vrou gelukkig is in haar huwelik sal niks en niemand dit kan op breek nie. Baie geluk Karlien en Joe mag julle twee saam oud word.

Speedguard ·

@Aanhanger; Dit is duidelik dat jy nie ‘n skoonma soos ek gahad het nie, en weet ek van nog Baaaaie wat huwelikke op foeter om nie net die kleinkinders groot te maak na haar wense nie maar ook jou huishouding en die seun of die dogter hang lekker aan die Ma se rokspante !

lilla B ·

Of ek nou ‘n aanhanger van die van Jaarsvelds is of nie, die mens se vlymskerp snydende tong, die nydigheid waarmee ander gekarnuffel word sal my altyd laat steier. ek sien, lees en hoor hierdie gedrag oral.
Ek het geleer dat “onbekend is onbemind” Leer eers iemand ken voordat jy jou mond uitspoel en as jy dan steeds iets slegs aanvoel, bly eenvoudig net stil, dit maak jou ‘n beter, suiwerder mens.

Reaiisties ·

Met Derick het sy gebid, die verlowing verbreek. Weer gebid en was toe doodseker. Die een is stilletjies sonder al die gebid. Kom ons kyk!

Hannah ·

Baie geluk Joe en Karlien. Moet jul nie steur aan van die publiek se ongemanierde uitlatings nie. Hoop jul geniet alle voorspoed en seën met jul huwelikslewe. En vir die “wonderlike, liefdevolle en vergewensgesinde” Suid-Afrikaners hoop julle lewens is so eksie-perfeksie dat jul so lelik kan wees…..haal eers die balke uit jul eie oë uit dames en here. Mag die vreugde vir Joe en Karlien volg oral waar hul gaan.

Steven ·

Baie geluk; wens hul ‘n goeie toekoms toe.
Sonder die weeklikse update van 9 bladsye in die Huisgenoot.

tjorts ·

Hoekom nog geld spandeer op honeymoon. Die honey is lankal op.

Eugene ·

Die meeste van julle kan maar net onmenslik en afgunstig wees! As julle nie van haar hou nie bly net stil! Mens sal sweer julle ken haar persoonlik en is in staat om n opinie te lewer met persoonlike ondervinding!

nadia ·

as jy nie belangstel hkm n comment lewer? !!!! let it be!!!!! bittergalle!!!! wonder hoe lyk julle lewens?! alles van die beste vir karlien en joe

Pim09 ·

As jy niks goed te sê het nie bly liewer stil….. Ek skaam my elke dag vir mense se vieslike kommentaar wat oral gelewer word. Geen wonder daar is so baie boelies nie. Kinders luister en leer! Dit begin met woorde. Gun ander mense hul geluk en plekkie onder die son. Wie is jy in elk geval om ander te oordeel.

m. ·

Karlien wil dit privaat hou, maar tog smeer sy dit af aan media! Sy is verslaaf aan media blootstelling.

Liesel ·

Aai mense! Ek skaam my vir van julle kommentaar…laat die een vat kan die eerste klip gooi…my flip julle stenig haar! Wie is julle om so te oordeel…ek stem Nadia…bittergalle!

wonder net ·

hoekom ry sy op die van jaarsveld se rug, haar broer se rug, sy was mos getroud dan moes haar van mos verander het

Rooiman ·

Die gebruik is gewoonlik, wanneer ‘n vrou bekend was voor sy getroud is, bly sy bekend onder haar nooiensvan. Kyk maar na Rina Hugo (getroud met Van Rensburg). Karike ook. Al staan sy in die volksmond onder haar nooiensvan beken, teken sy haar tjeks met die getroude van. Sê maar net…

mac ·

Karlien, karma is ‘n erge ding…. Derick jy is ‘n man uit een stuk – jy dwing respek af. Bly die mens wat jy is!

Niklaas ·

Maroela het julle nie nuuswaardige nuus nie?Hierdie.berig het nou net mooi niks betekenis vir my nie.Julle kon net sowel geskryf het dat daar n boom in China omgeval het. Sou dieselfde ompak gehad het.

Nel ·

As ‘n berig 58 kommentare oplewer moet dit beslis nuuswaardig wees…

Anoniem ·

Aan almal wat ‘n negatiewe eier glê het: gaan maak liewers vir manlief/vroutjie ‘n lekker koppie koffie/tee en werk aan jou eie huwelik…

Suzette ·

Negetiewe mense, negetiewe komentaar….mens loop oor waarvan jy vol is…Ek hou van mense wat die son oor ander wil sien skyn..Baie geluk met jou troue..”God sal julle huwellik tot die uiterste seën”..(Die woord leer ons mos om lewe te spreek…)..

Tanya ·

Ai, mooi mense het dit darem maar moeilik in hierdie ou wrede wêreld. Sorry vir die lelike kommentare, wens ek kon elkeen in iets mooi en positief omtoor vir julle tweetjies. Veels geluk en seëninge ?

ekke sê ·

O wee my die ou wêreld is gesaai v d negatiewe mense…Dis so hartseer om te lees wat mense te sê het oor mense wat Karlien nie een persoonlik ken nie…Genade hoe leef julle elke dag daarmee saam? Dis maar hartseer as mens sien die mens gun ‘n ander een nie ‘n plekkie in die son nie…a nee a…”KARLIEN…MAG ONS LIEWE VADER JULLE HUWELLIK RYKLIK SEËN” en dit sal so wees …

Ekke.. ·

Ek kom teen jou negetiewe gesindheid..”IN JESUS NAAM”..
MY GOD IS ‘N GROOT GOD”..

Savethetigerplze ·

Baie geluk Joe en Karlien?. Wens julle alles van die beste.
(Maroela verwyder asb die negatiewe kommentaar)

Mooi ·

So jys een van daai wat net van die mooi wil weet en nie die ander nie. Plase is soooo mooi, maar nie hoor van die rape, martel en moor nie.

Sam ·

Ek wonder of julle so reageer met julle vriendinne/vriende of familie lede wat skei en weer trou. Net omdat sy ‘n publieke figuur is mag julle haar stenig en julle noem julle self gelowig en Christene? Sjoe… Sy mag nie egbreuk pleeg nie, maar Derrick het ook? Jy mag nie oordeel nie… Nee wat julle kastige gelowiges staan agter die deur net so vuil van die sonde soos die wat julle so oordeel. Skaam julle.

Speaker ·

Sy is die een wat gebede voorhou en vertel hoe seker sy is haar besluite is reg. Ons skaam ons beslis nie.

Sam ·

Net soos miljoene ander daar buite doen. 99% seker jou familie en vriende hou ook genede voor en glo hulle is reg. Gal is swart ne.

Anoniem ·

Haar swartkop sussie is die beeldskoonste en nie so aansitterig soos Karlien en Bobby nie! Ons almal is rerig al gatvol vir die 2!

Laetitia ·

Baie Geluk Kalien en Joe. Hoop julle het ,n lang en gelukkige lewe saam.

Wonder net!! ·

As ek dit reg lees, deel Karien haar opgewindenheid met haar aanhanger – ‘n aanhanger is iemand wat van Karlien hou, net soos wat sy is, en net goeie woorde van haar te sê het…AL HIERDIE NEGETIEWE MENSE: JULLE IS OP DIE VERKEERDE BLIK…HALLOWWW!!!

Francois le Cochon ·

Ek hoop van harte mamma Ronel hou van Joe, anders gaan hierdie huwelik nie lank hou nie.

Carla ·

So…Derrick is gekruisig toe hy in ‘n baie stylvolle artikel met die tweeling bloot gestel is. Maar “sy wil dit so privaat moontlik hou”…en post ‘n foto of 3 op Instagram??? Rerig?? Ag nee wat, ek hoop van harte dat hierdie huwelik sal hou vir die tweeling se onthalwe want so rond gespringery kan nie goed wees vir ‘n kind se opvoeding nie…. Haar lewe lê sy bloot soos episodes van “Days of our Lives”….

Hoekom volg sy nie haar broer se voorbeeld en bly so ver moontlik uit die kollig nie? Dit dwing baie meer respek af….

Susan Pietersen ·

Ag nee wat, stel nie in haar belang nie ek dink sy het baie mense teleurgestel. Ek wonder of daar nog plek is in haar lewe vir die twee seuntjies. Alle goeie voornemens met haar troue met Derick is oorboord gegooi. Wonder maar net…………

E.K. - ek sê net! ·

Alhoewel ek geensins ‘n aanhanger is of nie deel is van FB of Twitter is dit presies wat dit is: sosiale media. Dus ‘n platform waar jy deel wat in jou lewe aangaan met familie vriende, aanhangers, volgeling watookal. Dus is dit jou saak. Karlien het nie Maroela gevra om hierdie te publiseer nie, dit was vir die wat fb vriende van haar is. So die wat so kerm omdat sy dan nou publisiteit soek, dink tog bietjie hoor. Maak nie saak of mens van haar hou of nie, sy en Bobby het duisende ingesamel vir heelwat projekte dmv hul tev program – iets wta nie een van die negatiewe spul hier regkry of sal regkry want julle is nie een bekend nie. So daarvoor gee ek haar die erkenning wat sy daardeur verdien.Om haar christenskap te kritiseer en haar so in te sê – wel hoe kan die wat dit doen HULSELF dan as christene beskou as hul so optree of sulke goed sê? Jul het nie eintlik een ‘n idee van ware christenskap nie het julle? Snaaks dat die wat so teen haar is elke liewe artikel oor haar so opslurp. As ek nie belangstel in iets/iemand lees ek eenvoudig nie die berig nie. So maklik soos dit. Bedaar en beweeg aan, toe!

Polly ·

Baie geluk Joe en Karlien! Dis jammer Maroela Media verwyder nie die liederlike kommentaar nie. Onthou dit weerspieël nie julle of jul huwelik nie, maar die mense wie dit kwytraak en ook die blad wie dit toelaat.

Penelope ·

Baie geluk julle 2. Niemand ken die volle waarheid van Karlien se eerste huweklik nie, maar dit is sy en Derick wat verantwoording sal moet doen eendag. Miskien moet Mev Brink eerder net besprekings doen en iemand anders die woordvoerder wees. Karlien hang jou man en jou kinders aan en moenie toelaat dat daar in jou huwelik ingemeng word nie, veral nie deur familie nie. Sterkte!

Pappie ·

Julle kan se wat julle wil maar ten minste leer Karlien die rugbyspelers “pass” want dit is n tegniek wat hulle duidelik nodig het.

Petra Etsebeth ·

Elkeen van julle wat hier kommentaar lewer het die berig gelees, hoekom, dalk nuuskierig, as jy nie van haar of haar nuus hou nie, moenie daarop kliek en dit gaan lees nie, dan het julle nie nodig om kommentaar te lewer nie. Dit is nie te se sy en die nuwe rugby ou het al iets aan die gang gehad toe sy nog met Derek getroud was nie. Nie een was saam met hulle in hul huwelik nie, it takes two to tango. As jy nie iets goed kan se nie, bly liewer stil en moet niks lees waarvoor jy nie lus is nie.

m ·

Trou is nie speletjies nie. Hierdie mense wat so van een huwelik na die volgende een spring moet mooi gaan sit en dink en ja as jy so koerante toe hardloop om aandag te kry moet jy maar die kommentaar vat wat kom.

anti-Karlien ·

Ek moet ook ongelukkig sê dat Karlien haar sprankel verloor het die dag toe sy Derick op sosiale media laat weet het dat sy hom los. Gelukkig het dit nie sy lewenslus geblus nie. Ek koop nie meer haar musiek nie, ook nie as sy saam met ander sing nie. Sy glo nie self in wat sy sing nie, waarom moet ek daarna luister? Elkeen is geregtig op sy of haar opinie oor haar en haar lewenstyl. Ek kyk ek nie na die program wat sy met Bobby deel nie, plastiek bly plastiek. Sy gaan maar eers moet bewys dat haar “woorde” geglo kan word. Wat Maroela betref, kyk maar weer mooi na die berig – Karlien se swak taalgebruik is nie reggemaak nie. Dit sê veel meer as die berig self – beslis nie ‘n voorbeeldige vrou nie.

nee man! ·

AI AI AI. My mede-Afrikaners…… Rerig mense, LEEF EN LAAT LEEF. Gun elke mens tog n plekkie in die son. Karlien mag ook gelukkig wees. As haar broer Boddy skei en weer trou, sal almal hom ook so geniepsig en gewetenloos uithaal. Of sy nou gewild/bekend is, sy bly maar net n mens wat haar kans op geluk verdien en daardie geluk MAG verkry presies soos wat elkeen van ons dit verdien…..

nee man! ·

…….broer Bobby……… voor ek ook uitgehaal word…….:) :)

VanAfrika ·

Julle geluk wense is goed en wel, julle wil hulle laat goed voel. Maar kom ons doen dit streng gesproke volgens die Bybel. Die Woord sê ons mag glad nie skei nie, die enigste rede vir egskeiding is wanneer owerspel gepleeg word. Indien jy dan sou skei, mag jy nie weer trou nie tensy jy n wewenaar of weduwee is dan mag jy wel weer dink aan trou omdat volgens die Woord verval die wet dan. Sou jou wederhelf nie afsterwe nie en jy geskei het en weer wil trou, moet jy met dieselfde persoon trou was jy voorheen getrou het. Sou jy met iemand anders dan in huwelik tree anders as jou vorige eggenoot/e sal jy owerspel pleeg want in God se oë is daardie persoon klaar aan n ander beloof. Miskien moet ons meer ons Bybels opneem en lees wat die kerke nie vir ons leer nie.

KAROOLS ·

Sooooo bly om te sien daar is ander mense wat soos ek voel!! Dat mens jouself so belaglik kan maak….. En aanhou daarmee!! he he.

Susan de Klerk ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar nog nooit gehoor van Joe Breytenbach, voormalige rugbyspeler nie. Vir watter 3de span het hy gespeel?

Henry ·

Het nooit van Karlien gehou nie, tot ek in jou skoene gesien het. Sy is n stil en nederige mens en verdien nie die lelike kommentaar nie. Baie Geluk aan Joe en Karlien.

Dalene ·

Karlien se woord en daad kom nir vir my bymekaar uit nie. Eers los sy en Derick mekaar en is daar ‘n bybelse uitleg. Dan trou hulle en dan is daar weer bybelversies om die besluit te regverdig. Dan ‘n pragtige tweeling en ‘n tweede swangerskap en toe die egskeidingsbom waarin ek afgelei het dit was ‘n fout om met Derick te trou. En nie honderd jaar later nie is hierdie “ALLES WAT ‘N MAN MOET WEES” op die toneel.
Karlien ek wil nie vir jou sê wat jy moet doen nie, maar los liewer die bybel en sy versies in die boekrak. Regtig, jy verwar volwassenes oor geloof…..laat staan nog kinders.

Susan du Toit ·

Baie geluk aan julle tweetjies glo dit gaan werk so skielike ontmoeting en troue dit wil gedoen wees. Ek het 25jaar terug my 2de man ook deur die Huisgenoot ontmoet en is getroud binne 2 maande en is nog steeds verlief onthou net Karlien dis gee en ontvang van albei kante dan werk dit moet nooit kwaad gaan slaap nie baie keer moet die vrou maar die minste wees. Kyk net vorentoe en gooi al die negatiewe boodskappe eenkant. Sterkte

Hannalie Jonker ·

Hmmmmm, weer tyd cir n nuwe naam sien ek. Dan sal dit so wees…..

anti anti Karlien ·

Karlien mens bo nie jou geluk op ‘n ander se ongeluk nie….daarom gaan die huwelik ook nie vir jou werk nie. Net jammer dis altyd die kinders wat daaronder ly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.