Karlien van Jaarsveld: Baba nommer drie is…

Derick en Karlien saam hul tweelingseuns. Foto: Instagram

Derick en Karlien saam hul tweelingseuns. Foto: Instagram

Karlien van Jaarsveld, wat swanger is met haar en Derick Hougaard se derde kind, het Maandag die baba se geslag op sosiale media bekend gemaak.

“Erg opgewonde…ek deel graag met julle…It’s a …GIRL,” het Van Jaarsveld op Facebook aangekondig. Sy het ook die nuus op Twitter bekend gemaak.
“Ek is nou soooooo onbeheerlik opgewonde…!!! Pappa se prinses is op pad,” het Hougaard op Twitter gesê.

Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma, het ook haar opgewondenheid op Twitter te kenne gegee. “Hierdie ouma is SUPER opgewonde oor die eerste dogtertjie wat op pad is.”

Van Jaarsveld, wat 17 weke swanger is, het Vrydag ʼn foto van haar magie op sosiale media gelaai met die byskrif: “Dankie Jesus”.

Van Jaarsveld en Hougaard se tweelingseuntjies het in Desember hul eerste verjaarsdag gevier. Van Jaarsveld se broer, Bobby, en sy vrou, Annatjie, het ook twee seuntjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

zahn ·

Ai, kan mens se lewe so saqai wees dat jy letterlik alles wat persoonlik is met alaml wil deel. Regtig, dis nie nuuswaardig nie, dis privaatgoed, en die vroumens moet nou begin groot word! Kommin met ‘m hoofletter!

Sollie ·

Zahn – dis hoekom ek fb en twitter en daaardie goed verpes – dis vertraag verby! Ek dink regtig dis vir mense wat nie eintlik regte vriende het nie – “please like me” of “follow me” of watookal. As jy wragtig mense moet VRA om jou opfb of so moet “like” dan is jy maar hard op soek na aandag. Selfde met elke flippen winkel of tydskrif of watookal. Please like me on fb – dan is dit mos nou nie opreg as jy mense moet VRA om van jou te hou nie!!

EVS ·

Hi Zahn ek verstaan wat jy bedoel maar die stelsel werk so dat jy ongelukkig moet like om deel te neem aan kompetisies en alles waarin jy belangstel op hoogte te kan bly sonder om spesifiek te soek na die info. So einlik moet die like se woord verander na subscribe.

CJ ·

Zahn jou komentaar is ook maar “commin”. Jaloesie is n vreeslike ding. Hoekom lees jy dit dan, ook maar nuuskierig ne.

zahn ·

Nee CJ, jy verstaan nie, die media vandag druk hierdie goed in jou keel af, of jy dit wil sluk of nie. Die kunstenaars, as ons (van) hulle so kan noem, is ook nie so suksesvol nie, en sal elke moontlike truuk probeer om hulself op die voorvoet te kry. ek het geweldig respek vir die wat regtig kan sing, en dan hul privaatlewe vir hulself te hou. Maar om jou ongebore baba voor te wil hou op publisiteit te trek, nee wat, dis kommin, sonder ‘n C. Kinderarbeid?

Johan ·

Eenvoudig verby. Ek hoop maar net dat die kinders eendag meer verstand sal he as die res van die van Jaarsvelds, en ek hoop net nie dat hulle ook gaan probeer sing nie.

Sollie ·

Waar is my kommentaar Maroela? Is dit omdat ek fb en twitter ens kritiseer en sê mense/tydskrifte/winkels soek aandag deur lesers/kopers te vra om hul te “like”? Is dit omdat julle ook daarop sit en nou nie my kritiek daarop kan hanteer nie – ek het beslis NIKS homofobies/haatspraak ens gebruik nie. Julle moet tog kritiek kan hanteer en ek het julle nie persoonlik aangeval maar my persoonlik mening oor sosiale media gelug en klaar! Sommer geWEET toe ek sien my kommentaar word gemodereer hier is nou weer ‘n slang in die gras!

Sune van Heerden ·

Dagsê Sollie

Ek sien jou kommentaar wys wel onderaan die berig. Onthou dat Maroela Media se kommentaar ‘n outomatiese siftingstelsel het en dit neem gewoonlik minstens 5 minute voordat kommentaar op die webwerf verskyn.

Ons hoop jy kuier sommer lekker verder!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

anne ·

So waar. Regtig, hoekom alles wat privaat is aan die wereld verkondig. Kom by.

Lynni ·

Ag, hoekom sal ons jaloers wees op mense wat ons nie ken nie? Die mense se kommentaar is spot on.

Wendy ·

Agge nee, gun elke ou sy plekkie in die son al ken ons hulle nie persoonlik nie is dit maar hulle manier om aandag te vra, of hoe?

wendy ·

Hul is bekend en dis wat mense wil weet van hul dinge, ek dink dis nice en alle voorspoed vir karlien dis ‘n gawe van God om swanger te word, geluk julle en alle blessings vir julle.

Paula Fourie ·

Ai mens kry darem maar mense wat altyd iets negatiefs en afbrekend kan sê. Genade as mens opgewonde is oor iets hoekom nie dit bekend maak nie. Laat die son skyn vir almal man. Jou lewe moet maar baie vaal wees as jy afbrekend moet wees oor mense wat gelukkig is.

Barbara ·

Soe mense gun die son om oor elkeen se kop te skyn regtig, sy is openbare figuur en dit is mos goeie nuus dat sy haar swangerskap deel sy is allermins nie nakend nie, en hou die negatiewe kommentaar vir julleself ons wil nie van dit lees nie en is soos gese is AS jy dit nie wil lees nie gaan verby, maar soos die natuur maar is MENS IS MAAR NUUSKIERIG ne,

emma ·

Mense wat fout vind met ander, dis hulle enigste opsie om raak gesien te word deur ander. Julle lewe is definitief boring. As julle nie wil lees van wat in die wereld aan gaan nie. Moet nie op die internet gaan nie. Ook nie tv kyk nie. En moet tog asb nie julle geldjies mors om n tydskrif te koop nie. Wees atleast bly hul expose goei dinge. Hulle hoef ook nie te hard probeer vir fame nie. Want julle is tog die wat hulle invite op fb, hulle invite nie die wereld nie!! Daar is tog fans wat wil hoor wat aangaan in hulle lewens. Thumbs up. Julle is seker net jaloers hoekom hulle meer bekend is as julle kritiseerende mense. Jaloers hoekom meer mense van hulle jou as van JOU

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.