Karlien en Derick gaan skei

Karlien en Derick.

Karlien en Derick.

Karlien van Jaarsveld het aangekondig dat sy en haar man, Derick Hougaard, gaan skei.

“Vir ʼn tyd lank het ek nie geweet hoe om hierdie met almal te deel nie. Ek het nou al baie gedink oor hoe, waar en wanneer. Maar die een of ander tyd sal dit uitkom. So ek deel dit eerder self met julle. Ek en my man, Derick, skei. Dis ʼn moeilike tyd vir ons almal en ons hoop dat elkeen wat dit lees ons privaatheid in die tyd sal respekteer. Dankie vir julle liefde en ondersteuning in alles,” het Van Jaarsveld in ʼn verklaring gesê.

Hougaard en Van Jaarsveld is op 8 Maart 2013 getroud. Hulle het ʼn tweeling-seuntjies wat op 19 Desember 2013 gebore is. Die egpaar het in Januarie vanjaar aangekondig dat Van Jaarsveld, wat toe 21 weke swanger was, ʼn miskraam gehad het. Sy het ʼn dogtertjie verwag.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Karlien van Jaarsveld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

150 Kommentare

Alet Carstens ·

Moenie, moenie, moenie. Probeer alles in julle vermoë om by mekaar te bly. Julle het nie ‘n idee wat julle aan die twee seuntjies doen nie!

Kitty ·

Ag Karlien moes maar nooit met hom getrou het nie. Hierdie ge -aan -af verhoudings werk gewoonlik nie uit nie. Die hartseer! Vandag se jongmense byt nie vas soos ons ouer gardes nie.

Midrander ·

Definieer ouer gardes ? Ek en my vrou trek by 12 jaar. En ons is nog beide jonk (in ons laat 30s). Ons verstaan vasbyt al te goed !!

wanda ·

Die Vader weet, dat jong getroudes so maklik skei, wat de he’ll het van die 7 sakke sout geword, weereens 2 onskuldige kinderstjies, later n stiefpa…..en as jy eendag oud is dan wens jy as ek maar net probeer het. Dit word net te maklik gemaak om te skei, maak verdomde trou moeiliker!

Bielie ·

Nog ‘n celebrity troue wat net saamgegooi is om loopbane te bevorder. Same old, same old. Joost en Amor, Biff en Megan. Sportman ek sangeres, lethal kombinasie.

Dalene ·

Ek stem ,voeg nog vir moeder van Jaarsveldt in die prentjie en sie daar,groot gemors.Hoe op aarde twee mense so gemanipuleer kan word en uitgebuit kan word vir publisiteit gaan my verstand te bowe.Ons gaan seker nou die sad storie van altwee in die pers kry episode een tot 100 ,mama van jaarsveldt sal seker maak daar is maksimum publisiteit en so manipuleer sy die arme kinders.jammer dat die huwelik nie gewerk het nie maar dit was n kwessie van tyd

lorraine kotze ·

Ai dis regtig slegte nuus maar ek hoop van die beste dat dinge sal reg kom vir die kinders se onthalwe

Retief ·

Wat het gebeur met die mooi praatjies,van wat Derick gedoen en gese het voor die ge-dansery.Van al die motiverings?Hoe kan mens een dag dit se,en dan die volgende dag iets anders?Publisiteit?? ?Sterkte Derick

Tersia Smit ·

Ek stem saam van hoe kan mens een dag so praat en dan twee dae later weer anders! Wat het van weer probeer geword? Dit is duidelik Karlien het Derick verby gegroei! Tog dink ek dit is moeilik om enigiets te se as dit so skielik is soos nou…almal het dit goed volgehou tot die bottel gebars het en nou is die skok vir almal net te groot. Ag ja, laat ons net vir hulle bid want op die ou end van die dag is dit net die Here wat weer kan heg.

Magriet ·

Riets MM het die nare gewoonte om kommentaar op te vreet…….

Liewe land! ·

Ai, dit is hartseer en tragies. Wat het dan sedert ongeveer Desember 2014 en nou skeefgeloop dat die twee wil skei? n Mens het mos nie onbeskermde seks as jy skeiplanne het nie. Die huwelik word deesdae deur so ontstellend baie getroudes soos n ‘kys’ hanteer. Maak sommer vinnig uit deur jou ‘kys’ te los as julle oor iets stry of as jy lus kry vir iemand anders… Ek huil vir die kindertjies se onthalwe – Ook vir daardie kindertjies wat nie met ons is nie.

Magriet ·

Sunet ek dink darem nie dis vir jou om te se wat God se plan met kinders is of nie. Dis bietjie kras wat jy gesê het

MariskaB ·

Julle mense wat so oordeel hier….WTF?? Hulle is mense nes ek en jy…en hier wil julle klippe gooi en hul geloof oordeel? Plaas bly julle stil as jul nie niks mooi het om te se nie! Ja mense skei…..dis maar so. Maar om haar sleg te se en haar te vergelyk met ander…dis net tiepies!!! Die vrou kan nie by iemand bly net om julle happy te hou nie….sys mens en syt n hart en verdien die beste….ja hulle kids gaan dit aanvoel maar om in n verhouding te bly waar hulle ongelukkig is…gaam meer skade rig aan die kinders. Kom oor julle self en hou op oordeel. En nee eks nie getroud of geskei nie….eks net n vrou wat opstaan vir nog n vrou! Karlien…ek staan bankvas agter jou!

Magda ·

Ek stem saam jou. Genade is die mense wat oordeel dan perfek

Net mense. ·

Baie goed gestel. Mens gooi nie klippe as jou huis van glas is nie. Al is hul in die kollig, hul is net mense!

Tdoor ·

Dis hoekom daar ‘n spreekwoord is wat lei”Trou is nie perdekoop nie” In d woord v God Matt.19:6 met verwysing na d huiwelik: Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. Matt.19:9 Maar Ek se vir julle ,elkeen wat v sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk. Lees gerus Matt. 19 volledig. Ons mensdom trou te maklik om verkeerde redes. Ons moet harder bid en werk aan ons huiwelike. Kom ons bid dat hulle opnuut na hulle huiwelik sal kyk soos God dit bedoel het om te wees. Amen.

Marietta Lyon ·

Ek stem Sam met jou..! Celebrity of te not..! God gaan nie vra hoe gewild jy was nie..die oordeel gaan kom, niemand Kan dit keer nie, net soos niemand die Seen Kan keer vir die wat Sy Woord navolg nie.

Tommy ·

Nie een het gevra hulle moet hulle troue publieke nuus maak nie. Nog minder hulle egskeiding. As jy in die kollig wil lewe, vat maar die pyne wat daarmee saamgaan.

ilze ·

Daar was gevra om dit te respekteer… niemand weet rerig wat in hule huishouding aangaan nie ek vind dit bietjie ongeskuk wat hier op die blad gebeur…. mense maak hulle eie keuses…. dit het eintlik niks met niemand te doen nie…

Riekie Nel ·

Nou vir wat blaker hulle dit in die media uit?? Wat het geword van ‘sort’ jou persoonsoonlike probleme privaat uit. Hylle wil dit gerespekteer he, maar basuin dit uit en tjank dan oor mense se comments. HULLE SOEK MOS DAARNA MAN!

Yoli ·

Sjo julle almal hier bo kan darem maar verskriklik oordeel. Julle wat dan nou so aangaan oor Christenskap waar is “die een wat geen sonde het nie, gooi die eerste klip” en “vergewe en vergeef”. Julle kan lekker haar oordeel maar julle Christenskap en houdings spreek boekdele. Julle weet nie wat agter geslote deure gebeur nie. Julle weet nie wat gese en gedoen is nie. Ja meskien moes hulle nooit trou nie, Ja meskien was dit ‘n “moet” troue. Maar meskien het hulle werklik gevoel hulle kan dit maak werk. Meskien wou hulle juis terwille van die kinders… Maar hoelank is hard genoeg probeer of moet mens maar nou veraltyd ongelukkig wees. Wie gee nie soms voor dat alles 100% is nie terwyl dinge dalk nie so is nie, of loop julle almal elke dag met al julle emosies op julle mou voor vreemde mense en kliënte. Seriously ouens. Ek praat nie skei goed nie, maar is dit nie soms beter as om in ‘n huis groot te word waar twee ouers nie lief is vir mekaar nie. Die enigste verskil tussen Karlien en Derick en almal van julle wat so gou oordeel is dat julle veil wasgoed nie in die openbaar gewas hoef te word nie. Almal maak foute ons almal is net mense. Die idee van “heiligmaking” is om daarna te streef. En in die proses ja, maak mens swak oordeels foute en stel mens teleur. Hoe sou jou social media gelyk het en die berigte oor jou as jy beroemd was. Ek wil nie eers weet nie. Ek is doodseker dat hierdie nie maklik vir Karlien of Derick is nie en my hart gaan werklik uit na hulle en daai kids. Ek dink hulle almal se harte le in skerwe. En nou veroordeel julle haar ook nog so. Vir wat sal jy die berig lees as jy niks opbouends het om te se nie. Het julle male julle nie geleer van as jy nie iets mooi kan se nie dan bly jy eerder stil. Karlien het nie vir Derick nodig gehad om haar loopbaan te bevorder nie. Haar loopbaan (toe hulle getrou het) was op sy peak. Seriously. Dit maak my so kwaad dat julle almal so maklik kan oordeel en praat, maar ek is 200% seker as mens in julle kaste gaan krap sal mens ook geraamtes kry. Ek wonder maar net – julle wat so perfek is en nooit iets verkeerd doen nie. Julle het seker nie genade en God nodig nie. Hoe is dit. Seker baie boring. Ek weet ek het God nodig en Sy genade elke dag.

Liewe land! ·

“… julle almal hierbo …”? Ek val nie in jou “julle almal hierbo” kategorie nie Yoli. n Mens mag n mening uitspreek. Daar is n verskil tussen die uitspreek van n mening en “oordeel”.

Dit was al lank tyd dat ons moet standpunt inneem teen die lukraak manier hoe mense met die huwelik omgaan (toevallige woordkeuse). Ek stel werklik nie daarin belang om die ingewande van die ‘mislukte’ huwelik te sien of mee te vroetel nie.

Die feit is dat hierdie twee mense twee jaar en vyf maande gelede getroud is. Hulle het sekerlik nie uit die bloute besluit om te skei nie.
As ons die maande aftrek sedert hulle begin woeker het met die skei-gedagte, is hulle ‘huwelik’ eintlik nog korter.

Wie ook al verantwoordelik is vir die gedrag en optrede wat die huweliksmaat so afstootlik vind dat hy of sy uit die huwelik wil loskom, maak n bespotting van die eg.

My empatie is met die kinders wat ly weens die onverantwoordelikheid en onbesonnenheid van hulle ouers. Hulle word gekwes die lewe ingestuur. Om dit te ontken is presies dit – Ontkenning.

Jou retoriek “… die een wat geen sonde het nie …” en “… vergewe en vergeef …” is totaal misplaasd in die konteks van die meeste van die kommentaar wat dusver gelewer is. Gaan jy dieselfde retoriek gebruik as iemand op hierdie forum beswaar sou maak teen die raspertong van MariskaB?

Of dink jy daardie hoofletters in haar kommentaar staan vir Wild Tenacious Fodder?

n Rustige nag vir jou en vir jou ook, MariskaB.

Joey ·

Amen – dit is net ‘n teleurstelling dat sy wat so haar christenskap uitleef nie bereid is om te baklei vir haar huwelik nie. Dis tog duidelik dat haar man haar nog lief het . Niemand veroordeel haar nie maar dat baie teleurgesteld is is waar. Het meer veglus en uithouvermoe van haar verwag. Niemand het ooit gese die huwelik is net maanskyn en rose nie. Sy kannie so gou moed opgee nie – veral nie na haar miskraam nie – emosionele besluite.

Olivia ·

Interessant. Ek is geskei na 15 jaar en ja daar was baie werk aan die huwelik baie baklei en baie seer en ek het ‘n kind. Is my kind beter af, totaal en al, hoekom want hy word nie mishandel nie.

Ek lees baie goed oor die sg Christenskap van mense en ek lag. Kom ek vra almal en hul stories oor Christenskap, ken julle God, het julle hom gevra of dit die regte maat is toe julle getrou het, is dit die een wat HY vir julle gekies het. Die mees bekende versie wat al die mense spuug is “wat God saamgevoeg het laat geen man skei nie”

Dis waar, maar het God julle saamgevoeg of het julle getrou omdat julle wou? Was dit uit wellus uit, of omdat dit maar die vlg stap was, het jy God ooit geken toe jy gekies het?

Na 4 jaar en baie hoor by God, ek verkies YHWH Sy regte naam en baie bid het ek tot ‘n besef gekom. Almal wat so vinnig gooi ons is God se kinders en jy mag nie skei as jy ‘n Christen is nie moet bykom.

90% van huwelike is nie van God af nie. Hy het nooit gese daardie man is jou Boas wat ek vir jou gekies het en jy sal sy Rut wees nie. Hy het nooit vir jou gese dis die man waarvoor jy gebid het van kindsbeen af nie, die “set-apart” een wat ek vir jou gekies het nie. Besef julle wat se rigiede plan uiteengesit is in die kies van ‘n huweliksmaat, onthou Hy het die Jode mooi geleer hoe om te kies wie die regte man of vrou sou wees vir daardie persoon. Ons weet dit nie want ons word dit nie geleer nie.

So as ‘n huwelik flop na 2 jaar of twintig jaar; en nie oor banale goed soos jy tel nie jou wasgoed op nie dan wil almal op die bandwagon klim van jy’s ‘n Christen jy mag nie, red jou huwelik, en die elle lange versies van jou sondes.

Bid eerder vir jou kinders en leer hulle bid vir die Boas of Rut wat moet gestuur word en hou op om die Christen kaartjie te speel. As mense geleer word om reg te kies, oor die “rooi vlae” in ‘n verhouding sal minder egskeidings en verkeerde keuses gebeur.

Kinders kry swaar na ‘n egskeiding, maar dis wreder om ‘n kind in ‘n huwelik sonder liefde, respek, met mishandeling en meer groot te maak as om ‘n ma of pa te he wat gelukkig is sonder die skuldgevoel van ek moes bly want die wereld se so omdat hulle glo dis my Christelike plig.

Michiel ·

Andria “veil” wasgoed is dit wat mens “veraltyd” moet was hahaha!

Jolene ·

Ek het gister aand die fliek do you believe gekyk. Mense dit is n eye oppener. Glo jy in die kruis.
Kom ons as kinders van God staan saam Karlien & Derick en dra hul in ons gebede. Kom ons bid saam hul. Kom ons lê hul by Jesus se voete neer. Kom ons dra hul kruis vir hul tot dat hul weer self die kruis kan optel en dra.

Tania ·

Ek dink die trauma van die miskraam en die emosies daarvan het dalk rol gespeel.

Willie Brits ·

En ook die nuwe BF wat sy op Aspoestertjie se stel ontmoet het

HEVW ·

Liewe aarde Maroela hierdie kommentaar van sommige mense maak dat daar n negetiewe beeld jeens Maroela geskep word. Dit is inderdaad goedkoop.

sune ·

dis nie vir enige iemand om te gudge nie want niemand is volmaak nie en die mense moet ophou christenskap voor goei want god aleen ken haar hart

Nica ·

Jamer om dit te hoor maar, ja skei is te maklik veral as daar nog geld betroke is dit mak dit maklik om te se ek hoef ni te baklei vi my huwelik want ek kan vi myself
sorg. Ek is jamer vi di kinders veral omdat hule nooit sal onthou hoe dit sal wees met hule mama en papa in dieselfde huis ni.
Jule is nou eers 2jr getroud.
Getroude lewe is hard en moeilik. Maar, niks ini lewe is maklik en daarop waar mens di hardste werk is di beste dinge in jo lewe.
Ek self is 6jr getroud ek en my man 11jr sam en ons ht 4jrige seuntji ht self al baba di jaar ook verloor en dis moeilik maar onsbaklei elke dag vi mekaar se liefde en on ons huwelik di beste moontlik te mak.
Moeni nt opgee ni baklei vi dit en di dag wat mens werklik se mens ht als gegee dan gee op onthou ook 1 ding geld en roem is niks dit bou ni mens se huwelik of gesin ni. Ek oordeel jule ni niemand weet werklik wat in jule huis angan. Sterkte..

Bokka ·

Ek dink Karlien se ma het haar hele lewe gereel….Sy is so behep en haar haar dagboek was so vol geboek deur haar ma…dat haar huwelik weens die glanslewe en druk program skipbreuk gely het.Arme Derick moes tweede viool speel.Sy was nie daar vir haar kinders en hom.Sy is skaars terug van strictly come dancing….en dan weer op toer.Bly ek het nie so oppervlakkige lewe wat gejaag na wind is nie…..

petro ·

Miskien moet julle n lewe kry toe hy rondgehol het agter n rugbybal aan moes die vrou dit opeet syt ook n lewe en duidelik is sy selfstandig het julle nou gedink karlien gaan haar hele lewe opgee vir n man…..nie in vandag se lewe nie dit werk nie so nie hyt geweet toe hy haar ontmoet het syt ook n loopbaan so hy moes dit aanvaar maar niemand weet regtig wat die rede is vir die skei saak nie miskien het hul net uitgefigure hul is 2 mense uit 2 verskillende werelde.

alex ·

@ Bokka stem 100% saam.
Hierdie mammaa het ‘n groot probleem.

Miskien moet. Mamma vir haar ‘n eie lewe kry – Herbex

pop ·

Het geweet dit kom!!! Sy het nie haar man opgepas nie, ook nie haar kinders nie. Loopbaan belangriker.

Babs ·

Mense skei te maklik. Te gou getrou – te gou kinders gehad. Toe die verhouding voor die huwelik nie gewerk het nie, moes hulle miskien net vriende gebly het. Miskien moes daar harder gewerk word aan die huwelik as aan die glans en glorie.

Dawie ·

Sterkte aan Derick. Dink aan jou ou maat. Mag die onredelikheid jou nie oorval nie. Karlien, jy het duidelik jou sin gekry. So sing vir ons n SAD Song oor hoe onregverdig die LIEFDE kan wees.

Dawie ·

Ps. Om te dink dat hy sy tolkse moes op hang vir dit….. regtig jammer

PraatSaam ·

Nee lyk nie vir my jy ken jou rugby nie ne… 16 maande =Achilles besering. Dis hoekom hy sy tokse moes ophang… Google kan jou baie leer Dawie,

sune ·

ken julle vir karlien ?nee ek dink nie so nie ek ken haar self nie maar ek kan my net in dink hoe sy moet voel oor al die negatiewe dinge wat julle spreek plaas bid vir die 2 en glo en vertrou

Ben Burger ·

Derick behoort ‘n fris bedrag vir maandelikse onderhoud van haar te kan eis. Sy maak
sakke vol geld met haar aktiwiteite. Strate meer as hy.

Susan ·

Wanneer ouers n kind aan die dood afstaan, maak nie saak hoe lank jy getroud is, dit kan n huwelik sterker maak of verbrokkel. Hulle twee moet eers vir berading gaan om n kind se dood te verwerk voor hulle tot egskeiding oorgaan. Dit kan n emosionele besluit wees en dit is duidelik hulle verwerk nie hulle baba se dood saam nie maar op elkeen se eie manier. Ek praat uit ondervinding want niemand se denke en handelinge is normaal na n kind se dood (ongebore babas ingesluit). Sterkte vir julle Karlien en Derrick en dink mooi want daar is 2 seuntjies wat julle net so nodig het.

Bianca ·

Moet julle mense nou hulle sleg se. Niemand weet wat in hulle huwelik aangaan nie so hou op sleg se as julle nie iets goed kan se nie bly eerder stil.

Nee wat ·

As jy geld maak deur ‘n toffie te wees , gaan die publiek jou lekker kou, dit is deel van die spel.

Leo ·

Jy is maar jaloers op Karlien jy kan duidelik dit nie hanteer dat sy ‘n sukses maak van haar lewe kry jou baie jammer “shame” ai tog om so deur die lewe te gaan

willie olivier ·

Sterte vir julle altwee! Dit gaan nie maklik wees nie, maar glo in jouself. Op die einde van die dag, onthou net die lekker in julle lewe. Tyd sal die aaklig wegvat. Vir die kinders se onthalwe, respekteer mekaar altyd!

christopher ·

As Hougaard nooit rugby gespeel het en Karlien nooit gesing het nie dan het niemand eers van dit geweet nie,sou net nog 2 mense gewees het wat skei!! So hoekom al die aanmerkings?!

CJAN ·

Die skrif was lankal teen die muur. Dis jammer, maar dit lyk die longes kan nie meer probleme oplos nie…besluit dan die ander uitweg, ons skei maar liewer. Ek kry die 2ling jammer maar dis die harde realiteite….skei is nie meer ‘n skande soos vroeer jare nie.

CJAN ·

Ek het die egskeiding gesien kom. Van die begin af kon jy sien daars iets nie lekker nie, want dan hak dit hier, dan klap dit daar, dan is dit nie goed nie, dan is dat nie reg nie. Glad eindelik nie nuus nie. Was net ‘n kwes van tyd en wanneer.

Louis ·

Ai is julle nie ook al gatvol vir die sogenaamde sterre se nonsens nie. En dan haal hulle nog die koerant

Angela ·

Ek kry net so n pyn oor al soetsappige storietjies in tydskrifte hoe perfek dinge nou is!!!! Meantime back at the range!!! Bly dan liewer doodstil oor jou persoonlike lewe!!!!

elize ·

Dis n hartseer wat alle betrokke partye raak en niemand weet wat tussen karlien en derick se 4 mure gebeur nie Dra liewer albei in julle gebede op sterkte karlien en derick mag julle nog vriende bly na die trauma

Mossie ·

Alle sterkte vir julle twee . Wil net se ek kan nie oordeel nie . Is nie in hulle skoenne nie . Weet net by die Here is niks onmootlik nie . Was self op daai pad maar met die Here se genade het ek en my vrou mekaar weer gevind , en mekaar virgewe . As julle maar net weet watse pad ek geloop het en die Here my die virgifnes in my hart geplaas het om my vrou te virgewe . Dit is nadat ons al twee geweet het daar sal nooit weer n ons wees nie . Weet net by die Here is niks onmoontlik nie ek praat uit ondervinding . Ja allis is nie nou maanskyn en roose nie maar ons werk nou saam aan die huwelik .
Ten laaste . Die besluite wat julle maak en dit was die verkeerde besluite dit was nie n ” mistake ” nie maar n keuse . Die Here laat niks toe nie dis die satan wat nie van unity hou nie . Sal enige iets doen om n huwelik op te breek .

Janneman ·

Dinge het van die begin af bietjie plastiek voorgekom. Beide sulke “celebs” ontmoet baie mense by baie funksies….

FM ·

Ek verstaan nie vir Karlien lekker nie. Toe sy die danskompetisie gewen het, het sy dan gesê sy wil nou al haar aandag aan haar man en kinders wy. Nou hoe nou? Ek s jammer om te sê, maar Karlien is vals. Hoe kan jy sê my liefie hier en my skat daar. EN nou wil sy skei. Bedorwe brokkie, as jy my vra. Haar man en kinders is minder belangrik. Sorry to say!!!!!!

Theresa ·

Ja, wat het daai mooi woordjies haar gehelp? Sy het mos dan eintlik gelieg.

Chanti ·

Nes laas week lees ek in die Huisgenoot hoe sy nou gaan tyd spandeur met haar man en kinders. Ek is so vreeslik hartseer. Net twee jaar getroud. Kan julle regtig se dat julle alles probeur het en dit werk nie uit nie. Ai Ai ek is ‘n aanhanger van Derick en van Karlien, maar dink regtig hulle gee te vinnig op. Soos ek se net laas week se tydskrif het sy haar man bedank vir al die ondersteuning….tensy dit nie iets nuuts is nie.

Weezie ·

Voor julle klippe optel, maak seker die glas waarvan julle huise gemaak is sterk is! niemand weet wat in hul huis aangaan nie, so hou op komentaar lewer sonder om te dink! Mense dit is nie n maklikke besluit nie, bid eerder vir die hele gesin!

Hanna ·

Julle is sulke Pragtige Mense, ek hoop julle kan dingge uitwerk vir God is alles moontlik. En dit is nooit te laat nie. Blessings.

Knersus D ·

Sorrrie Hanna maar dis klaar te laat – Karlien het klaar iemand anders en hy is baie koeler as Derick.

Tammy ·

Ja en die persoon is Willie le Roux… Hulle sien mekaar al lank skelm.

celeste ·

Haar kommentaar van “dat sy nie geweet het hoe om dit vir die mense te se nie en die mense moet hulle privaatheidheid respekteer” is weer net n manier om die tydskrifte te haal. Hanteer jou privaat sake privaat en dan sal jy nie n problem he nie. Dis weer een van daai geld maak stories. Sy is weer oor n week of twee op die huisgenoot se voorblad. Dis so voorspelbaar dit maak mens siek.

Roels ·

Dis hulle saak, ek is baie gelukkig getroud met die Genade van Bo.

Natie Hattingh ·

Ek dink julle twee moet doen wat vir julle en die tweeling die beste sal wees. Verder stel ek voor gaan saam op julle kniee en bid dat julle nie die verkeerde besluit sal maak nie. Baie sterkte in die moeilike tyd van belangrike besluite.

neelsie ·

Hoe meer jy in die kalklig beweeg , hoe meer moet jy aan jou huwelik werk .
Die huwelik is on- onderhandelbaar.!!
Besin weer en bring jou lewe in lyn met God se Woord.
Die arme seuntjies………

CF ·

Ek stem saam met FM! Sy praat uit 2 monde, en haar Ma was ook nie ‘n goeie voorbeeld nie – 2 mislukte huwelike! Ons het dit in elk geval gesien kom na sy die 1e verlowing verbreek het, ‘n gekraakte koppie kan nie heelgemaak word nie. Sy bely haar Christenskap, hoekom maak sy dit nie eerder ‘n gebedsaak nie! My hart gaan uit na na Derick en die 2-ling!

Maretha Champion ·

‘n Saak het albei twee kante. Derrick kry homself jammer omdat hy sy rugbyskoene moes ophang en ek dink nie hy is ‘n aangename mens om mee saam te lewe nie.

Elfie ·

Maretha Champion so het jy al saam met hom gelewe dat jy nou sulke twak kan kwytraak?

Maretha Champion ·

Elfie ek weet dat ek nie saam met hom gelewe het nie en is seker nie geregtig om so ‘n uitspraak te maak nie. Al wat ek probeer sê is dat daar altyd twee kante van ‘n saak is. Almal val nou net vir Karlien aan. Met verlede Saterdag se rugbykommentaar wat Derrick gelewer het, kon hy tog nie die geleentheid laat verbygaan om van rugbybeserings se gevolge te praat nie….. Mienkie ek weet dat Derek kopbeserings opgedoen het. Daar is “n ander rugbyspeler wat in rolstoel beland het en motiveringspraatjies hou. Hy gaan aan met sy lewe en maak die beste daarvan. Klae help nie.

Strussbob ·

Die belofte het julle voor God gemaak. Of het julle gelieg? Sommer vir di seuns ook? Wat ons saai sal ons maai. Word groot en wees verantwoordelik vir jou keuses . Dis ni klein hondjies nie!!!

Carina ·

goei (gooi), skoenne, virgifnes, virgewe, meskien, jamer, ongeskuk – om ‘n paar te noem. Sjoe, ons grootmense spel darem maar sleg!

Sona ·

Carina dit is vir my ook soos ‘n dolk in die hart! Waar is mense se trots op hulle taal en hulle selfrespek? Wat gaan word van ons mooi taal?

Theresa ·

Ek vertrou dat hulle voor die predikant wat hulle getrou het, ook gaan “skei”.
Egskeiding is glad nie ‘n oplossing vir probleme nie inteendeel dit skep net meer probleme.

Theresa ·

Ek vertrou dat hulle voor die predikant wat hulle in die huwelik bevestig het, die huwelik ook gaan laat ontbind. Egskeiding is nie die oplossing vir probleme nie.

Marietjie ·

Net my mening, sy word darem ook nt te veel opgehemel. In Huisgenoot vertel sy dan sy verlang so na hom, en hulle gaan nou vakansie hou. En nou

Martin ·

Terwyl sy weet dat hulle gaan skei, vertel sy ‘n ander storie. Hoekom so skynheilig? Of was sy bang dit benadeel haar kans om Strictly Come Dancing te wen?

Anni Anoniem ·

Vra Karlien bietjie oor Willie le Roux en wat tussen hulle twee aangaan. Die aand by die akker… Al die skelm boodskappe. Kry vir Derick so jammer. Ai.

Griet ·

Ek is nie regtig geskok nie. Karien gee nog die hele tyd voor en arme Derick moet maar saam speel. Ek voel regtig jammer vir Derick, veral omdat hy al deur so baie in sy lewe is (saam en sonder Karien). Ek hoop jy sal nog deel kan wees van jou seuns se lewens en dat Karien jou nie verder gaan beswadder nie.
Sy verkondig altyd hoe gelowig sy is en hoe God haar alles is, maar in die Bybel staan ook geskryf egbreuk is sonde. Ek hoop jy is nou happy Karien en trots op jouself. Ek is verstom hoe min jy voel vir die huwelik en vir wat jou kinders nou moet deurmaak, maar dit gaan nou seker weer alles Derick se skuld wees??
Sterkte Derick en vir jou pragtige 2 seuntjies – Ek weet jy sou alles doen om jou familie bymekaar te probeer hou, maar dit moet van twee kante af kom.

Miemie ·

Ek is na 6jaar geskei. Twee pragtige dogtertjies. Ek is vir jare voor hulle geslaan en verkrag….. Glo my as ek sê, die wereld het ons as die perfekte couple gesien. Vriendelikste man, vrou met die breedste smile. Niemand weet wat voorgee is soos ek, en niemand weet wat binne jou huis aangaan so dink mooi voor julle vinger wys. God weet, hulle weet. Sterkte vir albei

monique ·

Ek wil begin deur vir jou ‘n paar Bybelse beginsels ten opsigte van die huwelik te gee (daar’s nog meer). Die bedoeling hiermee is egter nie om vir jou bepaalde voorskrifte te gee en dat jy vir haar daarmee moet konfronteer/beskuldig, in die hoop dat dit die probleem sal oplos nie. Die bedoeling is dat ons net weer verstaan waar die huwelik vandaan kom en wat ons wedersydse optrede daarin moet wees, sodat ons kan sien waarheen ons moet werk (en miskien waaraan jy vroeër nie genoegsaam gewerk het nie).
‘n Eerste beginsel: God het die huwelik ingestel. Gelowig moet ons aanvaar dat die Here julle na mekaar toe gelei het en daarom mag ons die samevoeging nie sommer verbreek nie. (Gen.2:21-22; Mat.19:6)
‘n Tweede beginsel: Huwelik is ‘n permanente verbintenis tussen twee persone waarin albei mekaar se eerste prioriteite is (Gen.2:24). Dit beteken dat niks tussen julle mag inskuif nie, niks en niemand belangriker sal wees as jou huweliksmaat nie.
‘n Derde beginsel: Binne die huwelik gee die Here vir die huweliksmaats bepaalde opdragte wat verantwoordelikhede (pligte) teenoor mekaar beteken. “Wees daarom uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig” (Ef.5:21). Hierdie mekaar-onderdanigheids-opdrag beteken dat julle so volkome op mekaar ingestel moet wees dat die een die ander se geluk belangriker ag as sy/haar eie. Die vrou se opdrag is om haar deur haar man te laat lei ter wille van hul gemeenskaplike belang. Die man se opdrag is om sy vrou lief te he, wat impliseer dat hy bereid moet wees om homself (en sy belange) te “kruisig” om haar as vrou te eer en gelukkig te maak. (Ef.5:22 ev.) Ek kom weer hierop terug.“Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. Dit is ‘n liefde ten spyte van… Hoe mens dit doen, word in Fil.1:9-10 mooi beskryf: “Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom”. Dit beteken: leer haar “liefdestaal” verstaan sodat jy sal weet hoe sy liefgehê wil word en wat haar werklik gelukkig maak. Doen dit – daar’s gewoonlik nie verweer teen sulke onvoorwaardelike liefde nie. ʼn Laaste opmerking: as sy die “deur” aanhoudend toe maak vir jou, maak sy die moontlikheid vir versoening ook toe. En dan moet mens die hartseer-realiteit van ons sondige bestel aanvaar… en biddend vergewing en genesing by die Here soek. Hy sal jou nooit in die steek laat nie, jou nooit verlaat nie (Jos.1).
Ek bid werklik vir jou en vir jou vrou, dat Hy julle harte vir mekaar sal oopmaak.
Sterkte.

Christel ·

Dit is baie hartseer nuus. My hart bloei vir beide ouers; maar in die besonder vir die twee klein seuntjies, wat beide ouers in hul klein lewens nodig het!

Christine ·

As ma van 2 en getroude van 6 en ‘n halwe jaar kan ek getuig dat enige huwelik binne die eerste twee jaar gemaak of gebreek word. Vrouens hou op drink, mans drink meer…gebed het my huwelik verander na ‘n droom. Ons werk in verskillende dorpe, maar is meer verlief as ooit en waardeer mekaar meer as ooit nou dat ons so baie na mekaar verlang. Kinders maak ook ‘n huwelik sterker of kan dit breek. As ‘n ma van 2 moet ‘n ma maar baie aandag gee, pa’s werk meestal en die ma moet eenvoudig daar wees…ekt my hoe profiel lewe verruil vir die lewe van ‘n onderwyserres ter wille van my kinders, om by hul te wees. DIe kinders het nie gevra om daar te wees nie…ek voel net ma’s moet maar afskaal op hulself sodat hul kinders suksesse kan word en dan weer terugkeer na die hoe profiel lewe. Die lewe is klaar so gejaagd…maak tyd vir familie en kom by die goed uit wat jou pad na die Ewige Lewe kan verbeter. Herinneringe is meer werd as miljoene in die bank…net ‘n gedagte…

Wynand ·

Ek is geen judge of jury, niemand weet wat is die regte redes agter die egskeiding! Maar een ding wil ek graag uiter! As daar n derde party betrokke is goed en wel dan is daar geen ruim vir reconciliation, indien dit nie die geval is nie dan hoekom die egskeiding? Dit is deesdae so maklik om te skei, gaan kry die grootse skok van jou lewe en gaan sit eendag in die gautengse high court en gaan luister hoekom so baie mense skei, dit is skokkend!!! Ek dink in ons hedendaagse lewe besef die mensdom nie meer wat is elkeen se plug wanneer dit by die huwelik kom nie. Elke dag hoor jy van die celebs met al hul drama, dit is niks anders as die enige man of vrou daar buite met hul bitter verskonings vir egskeiding. Die dag as jy voor die kansel staan maak jy die belofte for better of for worse in sickness and health till death do us part. Daar is wel baie mense om van te leer wanneer dit by hul privaat en wat in hul huis aangaan te kan leer.

Ek voel mense wat in die limelite lewe kan nog n groter voorbeeld wees.
My komentaar is maar net my eie opinie, en hul egskeiding het niks met my uit te waai.

Ek bid net elke dag dat die mensdom kan raak sien hoe lewens verniel word deur onmin wat gesaai word.

Mienkie ·

Jy wat so se Derick moes sy tolks ophang vi dit …#ohplease . Derick het kop beserings opgedoen en dis hoekom hy nie meer mag speel nie . Baie sterkte karlien . Jy sal nog Goed Genees word deur die Here ons Fader.

sykie ·

gan dit nou oor spelling? sy praat net die waarheid dis nie asof een van julle weet wat regtg in dai 2 se harte aan gaan nie dis vir niemand om te judge nie almal hardloop agter storietjies aan gaan na jou kas toe en kyk of julle skoon is in die binne kant want nie een van ons is nie almal doen sondes…karlien en derick het dit nie nodig van julle slegte komentaar nie as dt julle was ek wili ens weet wat dan sou gese word nie !!

Michiel ·

Sykie: spelling en sommer leestekens ook. Lees net jou eie kommentaar en sien of dit regtig sin maak onder punte, kommas, hoofletters en korrekte spelling. Hoekom wip mense hul as mens hul wys op hul spelfoute ens – ek is bly as mense my reghelp!Enigeen kan ‘n fout maak maar wat party mense skryf is sowaar ‘n skande vir die taal.

sproetjies ·

Sjoe! Ek kry sommer so ‘n nare gevoel op my maag vir al die mense wat vir Karlien en Derrick so kritiseer. Dis altyd maklik om te praat wanneer jy nie in ‘n persoon se skoene staan nie. Ek stel voor ons dra albei op in ons gebede, dit sal hulle dra deur hierdie moeilike tyd in hulle lewe. Ons Afrikaner volk sukkel maar om eerder brue te bou, dis makliker om brue te brand.

Mienkie ·

God gee aan elke persoon die verantwoordelikheid om sy/haar eie keuses te maak. Saam met hiedie keuses is daar ook nagevolge (goed of sleg), hierdie nagevolge word slegs gedra deur diegene wat die besluite geneem het, maar dit belemmer nie jou pad na die Here toe of na die eindbestemming nie, jou pad is net bietjie moeiliker. Ek het dit nou al verskeie keure teegekom dat mense ietsie dink van iemand en aanvaar dat dit die waarheid is, die nadeel hiervan is dat jy verkeerd kan dink en sodoende verkeerd optree. Elke persoon se keuse en nagevolge is daardie persoon se saak met die Here.

Hannelie ·

Ek het dit regtig sien kom. Karlien dink sy is te goed vir Derrick. Sterkte Derrick.

Krinkel ·

En daar trap Mienkie Stienky in die gaat! Ek is bevrees Wille is heeltemal reg gogga!

Nellie ·

Om so baie in die media te verskyn soos Derrick en Karlien, is moeilikheid soek. Hou egter die volgende Huisgenoot dop. Wie gaan dan sy hart uitstort? Derrick of Karlien?

Anoniem ·

My eerlike opinie, dit le by haar ma. Sy skuil agter haar dogter se roem en gevolglik bespreek sy haar programme op mekaar sodat Karlien nie haar verpligtinge in haar huwelik en as ouer kan na kom nie. Derick was vir ‘n brein operasie en waar was Karlien, op die dans bane besig om te oefen, Hy het gehingker na sy vrou se bystand en ondersteuning en sy nie beskikbaar was nie. Sy was meer uit stedig en Derick moet alles opoffer. Hulle het nie berading gekry na die miskraam nie en Derick kon dit nie verwerp het agv sy operasie en Karlien wat nerens vir hom en kinders is nie. Op die dans baan het Karlien duidelik gese, Derick is haar steun pilaar. Hy het saam met haar gegaan met oefeninge. Hy moet orals saam met haar gaan maar is dit wederkeurig. “N huwelik is gee en neem en BAIE KOMUNIKASIE wat nie daar was nie. Waarom is daar nie probleme met haar broer nie, hulle is gelukkig want sy vrou bly by die huis en versorg die kinders en ondersteun hom. Hulle moet eers gaan vir berading vir al hulle probleme en dan verder besluit. Hulle het lank uitgegaan om mekaar goed te leer ken, waarom tou opgooi met dit wat miskien baie klein is en wel oorbrugbaar is. Wat is die beste geld of geluk. Maak ‘n keuse julle twee ter wille van die kinders. Die Here het geweet om daardie dogtertjie te neem, want dit wat nou gebeur, sal later weer met haar ook gebeur.

Leeutjie ·

Na ek die artikel gelees het, het ek rustig almal se kommentaar gelees soveel so dat ek op ‘n stadium vergeet het waaroor die artikel gaan! Ek kan werklik nie glo dat mense op die forum nie seker maak van hulle spelling, leestekens en paragrawe nie! Ek glo baie van dit is vingerfoute maar voorwaar, as jy oor en oor dieselfde woord verkeerd spel! Ek het myself nou blootgestel aan kritiek, maar werklik……maak seker voordat jy jou kommentaar stuur! Dit verpersoonlik baie van jouself en jou korrektheid m.b.t. taal asook intelligensie vlak!

Eliza-beth ·

Leeutjie my maat, net so. Ek maak gereeld vingefoute (draai soms selfs eltters in my eie naam om van skone haas) maar die growwe spelfoute wat party darem maak EN dan gooi hul ‘n vloermoer as mens hul reghelp. Ek dink mense MOET mekaar reghelp hier, dis tog hoe mens leer as jy dan nou nie ‘n woord KAN regspel nie. Ons moet tog ons taal mos probeer reg gebruik – en glo my die spul wat hul so wip, is die eerstes wat skree oeee, Afrikaans word verguis, die regering wil Afrikaans tot niet maak. Maar dan spel hul so sleg en vererg hul as mens hul reghelp. Verder oor die berig het ek niks te skrywe, ek verstaan net nie waarom moet jy alles uitblaker in jou lewe en dan vra mense moet nou jou uitlos en jou privaatheid respekteer.

Leeutjie ·

Ja nee Eliza-beth! Die berig was rerig vir my die tipiese sensasie wat mens van haar kan verwag! Die dametjie is rerig verwaand om die nuus self te versprei….en haar nou blootgestel vir kritiek. Ai! kan ‘n mens so dom wees!

Jaco ·

Mens announce nie so iets op jou Facebook page nie. Pateties van haar, sy soek nou net aandag en justification.

Willie Brits ·

Common is as common does….. Ek dink in elk geval sosiale media is ‘n euwel.

maria ·

Ag Karlien
Hou uit hou uit jy kan mos nie nou jou kinders soveel skade aandoen nie.

Marlene ·

Ek’t gesien die Strictly Come Dancing maak Karlien cocky.
Dit het my bitter afgesit – Sy’t altyd voorkeur gekry, was bitter onregverdig
teenoor die ander deelnemers.
Sy’t dan so na aan die Here gewandel…
Satan is lustig.
Ons kan hulle net aan onse Vader opdra en bid vir genade.

Mariana ·

Karlientjie karlientjie soek ‘n man
Sy moet minder na haar moeder luister, haar man oppas en haar kinders
Maar sy wil nie
Sy wil die glanslewe geniet.
Derick dink aan jou. Jy verdien beter my vriend.

Net jammer het net 2 jaar gehou en nou 2 kinders onder 2 jaar.
Karlien jy moes geweet het jou ma en jou beroep kom eerste

magriet ·

egskeiding is sonde. Derick, (al is ek team Derick) mag dan ook nie weer trou nie, verstaan ek jou reg?

gert gompies van putsonderwater ·

Die celebs moet nie hul private lewe en huwelike aan die groot klok hang nie. Hul lieg en bedrieg die ondersteuners en die publiek met al die soet sappige woordjies van hoe lief hulle vir mekaar is. As jy weer hoor dan is daar een of ander verskoning dat die liefde verwelk het. Aan die begin is dit liefie diefie maar eitlik is dit stiile waters diepe grond onder draai die duiwel rond.

Magriet ·

Nie n fan van haar nie. Wat in jou lewe is dan belangrik as jy so passievol kan sing van geskeurde jeans. Myne gee ek gewoonlik weg…..

Jax ·

Kan julle asseblief julle vuil wasgoed by die huis was! Na net 2 jaar – dis nie probeer nie – dis handdoek ingooi nog voor die begin! Nee wat, ek het my respek verloor! Ek dink glanspaartjies kan regtig meer doen om hulle eie sake by die huis te los! Daai arme kinders wat nie net alleen met n gebroke huis sit nie; hulle sal ook eendag alles lees van hulle ouers se doen en late in die openbare oog. Dink bietjie oor die groter prentjie; dit raak baie meer mense as net julle twee!
Ek was self op my dag in die openbare oog. Het 7 miskrame meegemaak, ‘n stilgeboorte, gewapende roof – steeds het ek my eggenoot en kinders beskerm en ook my eie naam. Laat jou talent sorg vir n inkomste; nie jou vuil wasgoed nie. Dit geld nie net vir hierdie glanspaartjie nie maar sommer in die algemeen. Dit gaan ook oor self-respek…….

Marietta Lyon ·

Sjoe, nie Shoe: die Spelling van ons mense is skokkend! Dan wil ons he ons kinders moet uitblink..ouers, hou op shine vang en spandeer tyd om jou eie kinders te leer spel, sodat hulle nie vir julle n verleentheid sal wees soos sommige van die ouers wat kommentaar lewer nie..of se ek nou te veel?.!

Ronel Brink ·

Karlien het iemand ontmoet wat vir haar omgee en nie vir haar glanslewe nie

magriet ·

so jy se derick het met haar getrou net oor haar glanslewe? dan dink ek nie dit was nodig vir hom om met haar daaroor te trou nie, hy is ‘n baie meer bekender celeb gewees as sy toe hulle ontmoet het dan nie. En gewis die een wat met baie meer dignity hieruit gaan stap. Ronel Brink soos in Karlien se ma?????

magriet ·

Derick, maak reguit jou rug en vat daardie twee kinders. sy wil hulle nie he nie.

Sumari ·

Sal graag wil weet wie die nuwe een is wat nie omgee vir haar glanslewe nie. Karlien het gelieg oor als wat sy gesê het van Derick. Ek judge niemand nie,maar moenie een ding sê en dan ‘n ander ding doen nie. En net nog iets ek’t ‘n idee gehad daar is iemand anders vir Karlien. Sy sê sy is ‘n Christen en dan doen sy dit. Dink sy is baie skynheilig. Ja almal het probleme in ‘n huwelik, maar om so gou op te gee is nie reg nie. Ek voel jammer vir Derick en die ander kinders. Geen rolmodel vir mense nie.

Janet ·

Verskoon maar die spelling/grammar foute.

Baie van ons mense gooi glad nie klippe nie. Ons oordeel nie en ons is beslis ook nie perfek in ons lewens nie.Maar hey…. Hierdie is maroelamedia komentaar blokkie.
Kan ons ook asb geregtig wees om ons eie opinies te lewer wanneer mense stellings maak. Karlien het ongelukkig ń stelling gemaak dat sy en haar man gaan skei. Ń mens lok mos die wêreld uit om opinies te lewer oor jou en oor jou lewe as jy so iets verkondig. En meer as jy ń bekende persoon is gaan jy eers vie jou kry. Al het dit absoluut niks met die wêreld of met my doen nie, betrek jy tog mense want jy verkondig sulke diep persoonlike goed op sosiale media. Mense gaan simpatiseer of kritiseer. Either way…. Vat wat na jou kant toe kom of moet nie. Dis absoluut skrikwekkend hoe ‘celebs’ aandag soek. En eks jammer
maar sy lewe vir aandag. Go figure…
Vir watse rede moontlik wil jy uitblaker vir die hele wêreld dat jy gaan skei, niemand het nodig om dit vir die wêreld te verkondig nie.
Nie eers jy het nodig nie Karlien. Lewe ń mens nie vir jouself, vir jou eie familie en vir jou huisgesin nie. O nee wag. Jou aanhangers moet tog net weet! Dis belangrik vir haar gewees dat sy net ń oomblik moes vat en dit vir almal sê. Sy my net wat baat jy daarby? Ondersteuning? Nee kan nie ondersteuning wees nie want sulke ondersteuning het mens nodig van familie & vriende.
Aandag? Ja aandag maak meer sin.
Sy kom vir baie mense vreeslik vals voor, lewe vir die aandag en vir ander is sy die engel van self … Een oomblik swaai sy haar lyfie in ‘clubs’ rond ( my eie oë al gesien) en flankeer sy met ander mans. Haar eie man moet beslis ń ‘steunpilaar’ vir haar wees. En dan volgende oomblik wil sy Here Here praat wanneer dit haar pas. Versies uit die Bybel aanhaal om haar sitsuasie te pas. Kyk oordeel jou glad nie maar jy skep ń valse voorbeeld. Lewe ń valse lewe. Ek meen kinders kyk op na jou, grootmense doen. Die probleem is nie Karlien die probleem is die goed wat sy sê en die goed wat jy doen.Dis nie altyd so eerlik en opreg nie. Dubbel standaarde. Ai en kyk daar is ook niks fout met ‘lyfie’ rondswaai nie maar ‘come on’…. kom vir baie mense voor dat jou Roem en rykdom jou lewens beginsels inhaal. Dit het ook ongelukkig jou huwelik gekos.

Belinda M ·

Karlien van Jaarsveld verdien nie vir Derick nie. Haar hart is by bekend wees en nie by haar man en kinders nie. Sy moes minder rond rits en haar tyd aan haar familie toewy.

anoniem ·

Vat dit van iemand wat kies om anoniem te bly. Daar is beslis iets tussen Karlien en Willie le Roux. Dis nie net praaitjies nie…. Gaan een of ander tyd uitkom. Egbreek is sonde Karlien. Wie is die Flistyn? die leeu? En die beer? Sjoe jy is vreeslik met die Bybel ne. Probeer jy jou man vernietig? Jy het klaar meer sade berokken.

gewalgd ·

Mens sou dink dat sy na 3 maande van strictly come dancing tyd saam met haar tweeling sou wou spandeer….maar nee, sy moes nie kinders gehad het en getrou het as sy nog soos tiener wil optree nie , volgende huwelik sal nog minder werk, want mamma sterk Karlientjie in haar kwaad……….

Bernie ·

EN WRAGGIES DAN TREE JY NOG OP OP PLEKKE TERWYL JOU HUWELIK EN GESIN UITMEKAAR VAL. NEE WAT POP EKT NIKS RESPEK MEER VIR JOU! SKAAM JOU!

Jasper ·

Kan ook nie glo sy gaan sing en tree nog op nie. Sy moet defnitief iemand anders in haar lewe hê om haar so sterk te hou deur hierdie tyd wat veronderstel is om die seerste typerk te wees. Sy gaan deur ń egskeiding? Maar sy tree nog op. Piermaritzburg eerder as by jou man en kinders. Geen begeerte om jou huwelik te herstel. No thank you dear. No more Karlien in our house.

Anina ·

Dis baie sad…. my vraag is net dit. Hoekom net nadat sy strictly come dancing wen. Moes sy eers al die stemme werf om te wen … of hoe….

Bets ·

Karlien het ‘n verhouding – “moeilike tyd” shame – dalk vir Derick maar nie vir haar !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.