Karlien van Jaarsveld verloor baba

Derick en Karlien saam hul tweelingseuns. Foto: Instagram

Derick en Karlien saam hul tweelingseuns. Foto: Instagram

Die sanger Karlien van Jaarsveld, wat 19 weke swanger was met ‘n babadogtertjie, het die baba verloor.

“15 Januarie 2015 sal my vir altyd bybly. Dis die dag wat ek ons dogtertjie verloor het op 19 weke,” het Van Jaarsveld op Facebook geskryf. Volgens Van Jaarsveld is sy drie dae terug in die hospitaal opgeneem nadat sy begin bloei het.

“Ek is ‘n dag later ontslaan, maar die middag by die huis kon ek voel ek kry kontraksies. Ek het by die huis geslaap en 06:00 wakker geword met baie bloeding, ek het my man geroep en gevra of hy my hospitaal toe sal vat.”

Volgens Van Jaarsveld is sy Woensdagoggend onmiddellik opgeneem en is sy medikasie gegee om die kontraksies onder beheer te bring. “Na ‘n ruk was die kontraksies onder beheer. My ma en pa het kom kuier en ons het almal weer rustiger geraak en lekker gesels en saam gebid. Toe sê ek vir Derick om die suster te roep ek dink my water het gebreek. Hy het my baie deurmekaar aangekyk maar haar gaan roep. Dit was toe so en al wat sy sê is hoe jammer sy is. Dit voel soos ‘n fliek. Ons is almal in trane. Die dr kom sien my en verduidelik ons als.”

Van Jaarsveld het infeksie in haar baarmoeder opgedoen en dokters het gesê sy kan haar uterus verloor of selfs doodgaan. “Ek het al my vrugwater verloor en ek was 10 cm ontsluit, maar ons het bly bid, bly glo dat Evah sal lewe. Ek vra toe dat hulle nog bloedtoetse doen enige iets dat ons alle uitwegte moontlik probeer om haar lewe te red. Ons het so gebid dat my bekkenbene weer toegemaak het tot op 1cm, die dr sê sy het nog nooit so iets gesien het dis haar eerste keer.

“Ons almal was so vas oortuig dat God haar lewe sal red. Maar my infeksietelling het net opgegaan, waar hy vyf moes wees is hy 137. My dr het begin bekommerd raak dat ek my lewe in gevaar stel. Ons het nog ‘n sonar gedoen maar geen vrugwater was oor nie. Die babatjie het kleiner geword in die 2 dae omdat sy niks vrugwater het om in te beweeg nie,” het Van Jaarsveld gesê.

Van Jaarsveld het gesê hulle harte is gebreek. “So weet ek ook nou verseker dat kinders net aan ons geleen is. Evah was baie klein maar perfek gevorm. Ons sal jou vir altyd lief hê pop, en jou altyd eer dat jy God kies bo alles. Gister was die slegste dag van my lewe, maar Vader dankie dat ek haar 19 weke kon dra, dit was ‘n voorreg. U naam alle eer.”

Van Jaarsveld en haar man, Derick Hougaard, het vroeër die maand aangekondig hulle verwag ‘n dogtertjie. Van Jaarsveld en Hougaard se tweelingseuntjies het in Desember hul eerste verjaarsdag gevier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cindy ·

Ai Karlien my hart gaan uit na julle toe, dit is regtig baie baie hartseer nuus. mag God julle dra in die tyd……

mandie ·

Ai Karlien. My hart gaan uit na jou en jou man. Ek is ok n ma en ek kan my self nie die pyn in dink waardeur julle moet gaan ni. Ai sit ek nou hier en huil. Liewe mens julle moet sterk wees. Ons dink aan julle. Sterkte

bianca ·

Sterkte aan famielie wat n engeltjie verloor het dis n harseer wat nooit weg gaan nie jul is in my gebede

Charlene ·

Aai Karlien, daar is geen woorde om dit beter te maak nie. Niks sal ooit daai pyn weg vat maar julle weet julle dogtertjie was maar net vir so klein rukkie aan jou geleen. Vat dit van `n mamma wat weet die pyn gaan nooit weg nie daar groei net rowwe oor die eina. Ek bdi vir julle. Wees sterk en bly glo. God bless. Mag Jesus jou styf vas hou in Sy arms want dis net daar waar die pyn draagbaar is.

karin ·

Karlien my hart gaan uit na julle ek bid net net met die genade van bo sal die pyn beter word lief jou baiexxx

lizette ·

Aan Karlien en Derick. Ons is vreeslik jammer oor julle groot verlies. Mag Onse Hemelse Vader Julle die Krag en Genesing gee om aan te gaan. Ons dink aan julle en hoop dat julle eendag vrede sal vind. Onthou sy is nou n helder flikkerende sterretjie van Jesus en Sy weet dat julle bje lief was en is vir haar.

Ina Smith ·

Baie jammer om te hoor van jul verlies ,,ek self is daardeur op 16 weke miskraam gehad maar met genade word jy daardeur gedra ,, Hugs vir julle

Pierre Celliers ·

Ek is verskriklik jammer om te verneem van julle verlies!
Mag God julle bystaan in hierdie tyd om vertroosting en
aanvaarding te bring.

Amanda Wilson ·

Aan Karlien en Derick, so jammer om van julle groot verlies te hoor. Julle familie is in ons gebede. Sterkte

Salome ·

God sal jul dra ons bid saam jul.Wees sterk en Bly sterk alles Sal beter word
Liefde Salome

Jax ·

Ai julle Ek verstaan julle seer baie goed! Ek het my dogtertjie ook verloor tydens my swangerskap. Dit sal nou, in Mei, 21 jaar gelede wees. Die seer bly maar mens leer, deur genade van Bo, n plekkie daarvoor te kry. My hart is BAIE seer Saam met julle en bid baie vir julle! Mag God Sy liefdevolle arms om julle vou en julle dra wanneer dit te swaar word om self te loop! Baie sterkte!

Debbie ·

I net se vreeslike jammer om te hoor van julle engeltjie wat so vroeg weg geneem is .Ons self is die13/09/14 amper deur die selfde as jul my kleinseun is op 32 weke stil gebore my dogter was die woensdag vir haar normal ondersoek niks vout gevind sy is huis toe en saterdag vroeg die oggend pyne gekry my gebel met blydskap in haar hartjie om te se ouma baba is oppad. Min geweet baba is reeds weg na ons Hemelse Vader toe hulle het by hospitaal gekom n uur of twee gewag voor hulle haar gehelp het uiteindelike by haar gekom en gese daar nie n hartkloppie nie sonar gevat nog niks sy het vir so agt ure nog geloop met baba binne in haar met die wete hy lewe nie meer en moes normaal kraam baie seer nog Sy en haar man nog so jonk en so seer en ouma en oupa lief hulle en ons kleinseun baie en my twee ander dogters nog net so seer sou ons eerste kleinkind gewees het baie liefde en sterkte vir julle twee en oumas oupas tannie en oom wat so uit gesien het

scalla ·

jammer om te hoor, hou dit asb vir jul self! dit is mos n persoonlike ding.

engela ·

Wat ‘n lieflike getuienis is jy nie. Jy wat soveel hatseer verduur eer steeds ons Hemelse Vader vir Sy besluit. Hy sal dit dubbelvoud vir jou terruggee Karlien. Hou net aan om Hom te eer. Jy is ‘n lieflike voorbeeld van ‘n “Jesus Gees”! Julle is pragtige mense..jou broer en almal van julle. En ek en jy weet dat Sy wil moèt geskied!….Here Vader, ek vertrou hulle harte by U….U is in beheer van alles!…..en ek sê dankie dat ek deur haar oë weer U liefde vir ons kan sien…seën die familie…in Jesus naam…Amen.

Corlia janse van rensburg ·

Karlien van jaarsveld jou arme dogtertjie ek hoop jy voel beter karlien van jaarsveld eks baie lief vir jou ek dink an jo ek hoop jy voel beter karlien van jaarsveld

Corlia janse van rensburg ·

Karlien van jaarsveld ek hooop jy voel beter en jou arme dogtertjie wat jy verlooor het jou arme dogtertjie ek hoop jy voel beter eks baie lief vir jou ek dink an jo eks baie lief vir jou ek hoop jy voel beter karlien van jaarsveld

Debbie ·

Net se jammer oor voorige kommentaar wat ek gelewer het op die 18/01/2015 hart is net baie seer oor hoe my kleinseun oorlede is jammer sterkte vir julle twee julle is n baie groot voorbeeld vir ons dankie liefies julle baie Karlien en Deriek

petro ·

Hey Karlien eks so jammer oor Evah.ek verstaan presies waar deur jy gaan.ek en jy was saam swanger gewees ekt ongelukkig my engeltjie ook verloor die 8Januarie 2015…ek dink aan jou.my hart gaan uit na julle.Ons Vader sal ons weer seen.liefde

Tersia ·

Baie sterkte aan julle albei en jul seuntjies. So ook aan al die ander mamma’s en pappa’s wat deur sulke pyn gaan.
Dit voel nie altyd so nie, maar die seer word tog met tyd beter. Dis waar dat mens nooit vergeet nie, maar ek dink hoe ouer mens word hoe makliker verstaan jy en maak jy vrede daarmee. Ek weet, want ek het ñ seuntjie op 26 weke verloor en toe weer ñ seuntjie op 20 weke. Dis baie traumaties vir almal. Ek, my man en die babatjies se ouboet het so uitgesien na hul komste.
Ons dogtertjie is 2 jaar oud. ons is geseën om weer te kon swanger word. Ek dink daaraan om dalk nog ñ baba te hê, maar is so bang om dalk weer deur die seer te gaan. Ek weet ook nie of ek dit sal kan hanteer om my gesin weer deur die seer te sien gaan nie.
Ek is so bly en geseënd om die lewe met my twee kinders by my te kan deel. Ouboet help mooi (daar is nou ñ baie groot ouderdomsverskil) en die tweetjies is baie erg oor mekaar.
Ek bid vir almal wat die pyn ervaar, sukkel om swanger te word en sommer net vir alles.

Pieter Spire ·

Hoe is dit moontlik om god te eer na so n traumatiese ondervinding?
Wat is god se rol in die wegneem van n kind?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.