Karoo-boer skiet glo drie betogers

Foto: Deon Meyer (word met vergunning op Maroela Media gepubliseer)

Die polisie ondersoek ’n skietvoorval waarin ’n boer glo Maandag drie betogers buite Uniondale in die Wes-Kaap geskiet het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee aanklagte van poging tot moord is vanmiddag by die plaaslike polisie aanhangig gemaak.

Dít volg nadat ontstoke betogers van Uniondale vanaf vroegoggend op die N9-snelweg asook R339 buite die dorp amok gemaak het. Buitebande is op dié paaie gebrand waarna dit noodgedwonge deur die loop van die dag gesluit is. Dit is sedertdien weer oopgestel nadat betogers uitmekaar is.

Volgens Pojie is dit nie in dié stadium duidelik hoe laat die skietvoorval plaasgevind het nie. Die polisie het wel ná die voorval op verskeie koeëldoppies wat op die toneel op die R339 gelê het, beslag gelê.

Die polisie se eenheid vir openbare orde monitor steeds met die hulp van die George-polisiëringsgebied die onderskeie paaie aangesien die situasie as onbestendig beskou word.

Hoewel niemand nog in verband met die skietvoorval in hegtenis geneem is nie, is ses betogers wel deur die loop van die dag vir openbare geweld in hegtenis geneem.

Faiez Jacobs, die ANC se Wes-Kaapse provinsiale sekretaris, het in ’n verklaring gesê hy dring daarop aan dat die boer aangekla word. “Dit is wat gebeur as ons mense hul reg om te betoog uitoefen,” lui die verklaring.

Volgens Jacques Esau, ANC-wyksraadslid, het inwoners vandag oor verskeie kwessies betoog waaronder die verval van die plaaslike brandweerstasie, toe die boer glo op betogers losgebrand het.

Esau verduidelik dat die betogers daarop aangedring het dat Mike Naik, burgemeester van George, vandag Uniondale toe moes kom om ’n memorandum vanaf die betogers te ontvang. Charlotte Clarke, adjunkburgemeester van George, het egter die dorp besoek en sy is deur ontstoke betogers weggewys. “Ons het vir haar gesê ons wil die burgemeester sien, nie vir haar nie.”

Volgens Essau is die gemeenskap ontstoke nadat ’n brand Sondag by ’n informele nedersetting in die gebied uitgebreek en ses strukture verwoes het. ’n Man het in die voorval omgekom.

Dit is glo die derde sterfte van dié aard in die nedersetting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Sarel ·

UIteindelik het julle dit nou uit die Perd se bek dit is hoekom geen stappe teen betogers wat eiendom beskadig en menselewens in gevaar stel opgetree word nie. Waar is die DA, Stem hulle saam met die stelling wat gemaak was dat dit mense se reg is om alles af te brand.

Erika ·

En so kan hulle alles verwoes en niks word gedoen nie maar nou is dit n groot drama omdat die boer sy eiendom wil beskerm waar was die polisie?

Glenn Titchener ·

More
N klip is n moord wapen.
Wanneer dit of n spies die werper se hand verlaat het hy aangeval. N poging tot moors of ligaamlike besering.
As ek so sou skiet dat almal misgeskiet Is sal daar n poging tot moord op my geplaas word. Sonder beserings.
As ek ry en jy gooi n klip na my sal n Kleiner enetjie terug gooi

hercu ·

g’more Sarel

die DA is besig om interne vure dood te slaan en het nie tyd vir die mense nie

maak my de vieste in as iets nie volgens die ANC reg verloop of iemand wat staak word geskiet, dan is dit die grootste sonde suid van die sahara!!

“wette stop nie misdadigers en stakers nie, maar goeie mense stop misdadigers en stakers”

CallieL ·

Lankal terug moes geweldadige betogings met geweld gestop word. Dan het die land miljarde gespaar. As jy brandstig of lewens in gevaar stel moet jy uitgehaal word. Kyk dan hoe vinnig sal betogings vreedsaam raak.

Malemasetjommie ·

Gooi my met klippe waar ek die reg het om te ry en ek skiet ook. Absoluut 100% reg om hulle te skiet as jou lewe in gevaar is.

marous ·

Die polisie was nie teenwoordig nie ? Die onskuldiges word weereens aan hul eie lot oorgelaat , en dan word daar gegil waneer hulle hulself moet beskerm .

AndrewL ·

Dalk moet Jacobs verduidelik wat ‘n motoris moet doen as hy op ‘n openbare pad aangeval word deur mense wie se “reg” dit is om te betoog. Ek wag lankal dat iemand homself gaan verdedig teen moordende plunderaars.

Bart ·

Dit het gisteraand met my gebeur oppad huistoe by Ratanda township. Moes toe maar my beursie leegmaak sodat hulle nie my kar met klippe gooi nie. Die wat nie betaal het nie sê voertuie lyk vandag heel anders.
Hou maar altyd geld in jou beursie. Hulle aanvaar nie kaarte nie.

Priscilla ·

Die reg om te betoog beteken nie die reg om als te vernietig nie …..as jy my motor met klippe gooi, gaan ek jou omry…….,

Anoniem ·

Betoog hierdie gebeur elke dag en daar word absoluut niks daar aan gedoen watse reg het n betoger om alles te vernietig net omdat hulle nie hulle sin kry nie en ja jammer ongelukkig moet mens jou self verdedig aan gesien ons regering te slap is om dit te doen.. Wat word van al die plaas moorde en onskuldige moorde op blankes, Dit is om van siek te word.

Suzette Geringer ·

As my lewe of my mense se lewe in gevaar is – sal ek tot die uiterste gaan om hulle te beskerm – dis my reg!!!

Pieter ·

Suzette,
Jy is 100 % reg, dit is jou Godgegewe reg om jou Godgegewe lewe te verdedig.

SjN ·

Die klipgooier se doel is om jou skade aan te doen, te beseer of selfs te dood, ek is mos volgens wet geregtig om myself te verdedig en hom te skiet, Wat se die slim mense met die dik brille?

Onnodig ·

Daar is n baie groot verskil tussen “reg om te betoog” en “reg om te plunder en onskuldige lewens in gevaarstel”. Die ANC outjie moet liewer konsentreer om sy mense se omstandigdhede te verbeter as om op n heksejag te gaan oor wie vir wie geskiet het en hoekom. Gaan dink mooi oor die hoekom asb.

Magaretha van heerden ·

Die een is n moeilike een. Niemand wil reg in eie hande neem nie maar as die wat dan die gereg verteenwoordig niks doen nie, raak dit n moeilike saak. Ongelukkig is dit altyd die een wat normaalweg nie n vlieg skade sal aandoen nie, wat dan die sondebok word. Daar is geen reg en geregtigheid in SA nie. Tyd dat almal hulle tot God bekeer en Sy pad stap. Protes optogte moet nie toegelaat word nie want dit dien geen doel nie.

Gert Midstream ·

Polimiek oor reg om te betoog, SAP se wetlike toepassing te midde van onopgeleide beperkte mannekrag, nie geloofwaardige getuies ensovoorts ontneem gewone landsburgers die reg tot geordende lewenskwaliteite. Dit sluit alle rasse in. Suid Aafrikaners raak keelvol vir intimidasie en wat daarmee saamgaan. Beste werke is vir die voels.

Anoniem ·

Wel, Hy het homself, Sy Vrou en kind beskerm en toe die Oom in Grabouw dit gedoen het is Hy vrygespreek (Beveg vuur met vuur !)

Anoniem ·

Wel, Hy het homself, Sy Vrou en kind beskerm en toe die Oom in Grabouw dit gedoen het is Hy vrygespreek (Beveg vuur met vuur !)

Kellie Kellerman ·

Die oom v Grabouw het in die tronk gaan slaap en is eers vrygespreek nadat n prokureur v d Strand sy dienste gratis aangebied het.

Kolle ·

@Bart. Jou storie laat my dink aan die fabel van die trol onder die brug waar mense moes tolgeld betaal om die brug oor te steek of hy vreet hulle op.

George ·

Dis nou waar die spreekwoord ter sprake kom…….waarvoor jy soek, sal jy kry. Klaar en uit!

Hendrik ferreira ·

Ek sal myself en my gesin verdedig met die nodige geweld as ons lewens bedreig word of die ANC of die ANC lite daarmee saamstem of nie.

Sarel ·

Bart, ek hoop jy het n saak van roof gaan open. Ek weet daar sal dadels van kom maar dit krap die polisie se statistiek tenminste deurmekaar en help om die ware stand van misdaad weer te gee. Bly julle is ongedeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.