Karoo-leeu naby park gewaar

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

Die leeu wat drie weke gelede uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, is sowat 20 km van waar hy uit die park ontsnap het, gesien.

Fayroush Ludick, woordvoerder van SANParke, het gesê spoorsnyers het die leeu se spore Donderdagaand nagespoor tot in ʼn bergagtige gebied sowat 20 km van die park se noordelike grens. Volgens Ludick het bewaarders van ʼn sogenaamde “leeu-roeper” gebruik gemaak wat die klanke van verskeie diere naboots in ʼn poging om die leeu te lok.

Die driejarige leeumannetjie is in ʼn stadium meer as 100 km ver van die park gewaar in die drie weke sedert hy ontsnap het. Ludick het gesê indien die leeu gevind word, sal ʼn spesialisveearts per helikopter ingevlieg word om die dier met ʼn kalmeermiddel in te spuit waarna hy terug na die park geneem sal word.

Die leeu is vermoedelik deur ouer, meer dominante leeumannetjies uit die park verjaag en hy het deur die gat ontsnap wat weens vloedskade veroorsaak is. Die leeumannetjie het intussen ook reeds verskeie vee verslind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eliza-beth ·

Geniet jouself ou grote! Een van die dae is jy dalk weer opgehok!

Dave ·

Geniet dit ou grote! As jy van KFC hou, maak ‘n draai by Nkandla.

Peet Schabort ·

En geen mens is beseer ? Wys jou dat hy net ‘n merino-fynproewer is.
Ook sy GPS is fyn ingestel en hy is op die pad t’rug huiswaarts.
Gee hom ‘n skaapribbetjie.

Riaan ·

Ek is bly ek bly nie daar nie,sal maar bang wees om te gaan stap,met so grote wat rond loop.

Peet Schabort ·

Riaan, as ek so kyk na Dave se kommentaar behoort jy veilig te wees as jy hoenders as kos vir hom saamneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.