Karoo-leeu nog op vrye voet

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

Argieffoto ter illustrasie Foto: designerpoint, Pixabay

ʼn Leeu wat 11 dae gelede uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, is nog steeds op vrye voet en het reeds ʼn aantal vee in die gebied verslind.

Die Karoo Nasionale Park het Maandag bevestig dat die leeu nog nie weer sedert die naweek gesien is nie. Spoorsnyers het die leeu op ʼn plaas langs die nasionale park opgemerk, maar die dier het weer verdwyn nadat hy vir die spoorsnyers gebrul het.

Die driejarige leeumannetjie het die afgelope 11 dae reeds 13 ooie, een ram en ʼn 150 kg koedoe op die Marais-plaas verslind nadat hy deur ʼn gat in die grensdraad van die nasionale park ontsnap het.

Die gemiddelde prys vir ʼn skaap wissel tussen R4 000 en R6 500, afhangend van die gewig en grootte.

Die leeu is vermoedelik deur ouer, meer dominante, leeumannetjies uit die park verjaag en hy het deur die gat ontsnap wat weens vloedskade veroorsaak is.

Fayroush Ludick, woordvoerder van SANParke, het gesê die spoor- en soekparty bestaan uit 20 persone, insluitend ʼn meesterspoorsnyer, vyf voertuie en ʼn helikopter.

Die leeu is laas op ʼn pad tussen Leeu-Gamka en Fraserburg opgemerk.

Volgens Ludick is ʼn veearts op bystand om met die helikopter die leeu met ʼn verdowingspyl te skiet sodra sy presiese ligging bepaal is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hannelie ·

Sjoe, sak Sarel! Is daardie pryse vir die skape wat die eienaar van die versekering gaan eis?

CHRISTA ·

Is daar genoeg wild/kos in die wildspark? Hoekom het hy die laaste paar dae so ‘n massa vleis opgevreet?

Winston ·

Laat weet my dringend asseblief waar daardie mark vir skaap is. Ek sit met n klomp oortollige ooie en wil n nuwe bakkie koop. Dankie. Met die pryse wat ek kry kan ek net die BTW betaal.

Dave ·

Nee Magriet, hy beter terug gaan want daar’s te veel mense wat verskoning soek om so dier te skiet.

Mareza ·

ja nee ‘n skaap kos net soveel as jy hom op Woolies se rak koop, in pakkies let wel en dan nog met twee maal

Yolandi Trollip ·

Nee regtig, daardie prys is belaglik OF ons is die laaste paar jaar ingedoen saam die res van SA met die skaapprys.

Koos ·

neem die waarde van n ooi in produksie en jy sal die verlies aan inkomste plus die kapitale uitset by ongeveer die bedrag van die artikel hê

Cornelis ·

Leeu moet gedart word. Hulle sal hom nooit in daardie bosse kan dart nie. Snags weet niemand waar hy is nie. Hy gaan nog groot skade veroorsaak. Die kostes om hom te soek moet al duisende rande wees.

scalla ·

Toe hy brul het die spoorsnyers so geskrik, seker net die wat en tekkies gekry.

Eliza-beth ·

Ek kan NIE glo hy het so baie gevreet die afgelope tyd nie, iets “gel” nie lekker nie!Iemand oordryf, ek is seker. Ou grote, geniet maar bietjie jou rondlopery – julle jaggebied word ingeneem en oorgeneem en as julle uit jul park ontsnap op soek na beter weivelde is dit groot stories! Brul maar en geniet jouself – ongelukkig gaan hul jou seker vang, maar wat, ek dink jy is koel koning leeu! Ag ja, ek wag vir die spervuur van hoe durf ek dit goedpraat, die leeu rig skade aan en blabla, ek is aan koning leeu se kant en klaar!

Grassie ·

Almal sal ou vuilbaard se kant kies totdat hy ‘n kind vang.
Die leeu behoort maklik opgespoor te word. As hy in 11 dae nou al 14 skape en ‘n koedoe “verslind” het, behoort hy nou so groot soos ‘n olifant te wees.

Sollie ·

Grassie waarvoor sal hy nou ‘n kind vang? Daar is dan so baie skape en goed waaraan hy hom glo dik vreet!

Eliza-beth ·

Haha Dave – kort en klaar! Hoe lag eknou op die koue Woensdag vir jou…

Verbaasde vrou van Ceres ·

Julle dis vir my baie moeilik om te glo dat daar ‘n donderbuis in die bos gegooi is en die leeu het geweier om uit te hardloop. Ek is nie ‘n voorstaander van moorde nie maar ek dink die leeu het soveel skade en verliese veroorsaak dat almal wat daar is ‘n geweer of haelgeweer moet kry en so staan dat hulle nou nie mekaar raak skiet nie en op een bevel in die bos in skiet en kyk of hulle hom nie kan doodskiet nie. So kan dit net nie aangaan nie. Dit kos mos al duisende Rande om se spoor te sny. Hy kom dan nou nie so te voorskyn dat hulle hom kan verdoof nie.

Verergde vrou van Gauteng :D ·

Verbaasde vrou – die skade is baie aangedik, glo my! Die spul boere het in elk geval mos versekering en kan nou lekker eis al kan mens sekerlik die syfers deur twee deel (of meer) om die ware bedrae (lees kommentare boontoe!)asook die ware aantal diere wat hy kammig sou vang te kan glo. Nou spring almal op die “skade gely” wa en wie gaan kan stry!

Sollie ·

Verbaasde vrou – vir wat net altyd wil doodmaak?? Sies man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.