Karoo se rondloperleeu uiteindelik gevang

Nico van der Walt, die Karoo Nasionale Park se parkbestuurder, by Sylvester. Foto: Verskaf.

Nico van der Walt, die Karoo Nasionale Park se parkbestuurder, by Sylvester. Foto: Verskaf.

Ná 25 dae op vrye voet en met ‘n prooi van 26 skape en ʼn koedoe, is die driejarige leeumannetjie wat uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het Maandagmiddag uiteindelik in die Nuweveldberge, noordwes van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap, aangekeer.

Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het Dinsdag aan Maroela Media gesê spoorsnyers het Sondag weer die leeu se spoor gevat en hom uiteindelik Maandag omstreeks 17:00 in die berg gesien.

“Ons het heeltyd ʼn helikopter en ʼn veearts op bystand gehad. Toe die leeu gesien is, is die helikopter ontbied en hy is uit die lug uit met ʼn verdowingsmiddel geskiet,” het Thakhuli gesê.

Sylvester word teruggeneem na die park.

Sylvester word teruggeneem na die park.

Die leeu, wat deur omliggende boere die naam Sylvester gegee is, is daarna teruggeneem na die reservaat waar hy in afsondering in ʼn spesiale kamp gehou word.

“Ons het vir hom ʼn satelliethalsband aangesit en sal hom  ʼn ruk lank waarneem voordat ons besluit of hy weer in die reservaat vrygelaat gaan word, of eerder na ʼn ander plek geskuif sal word.”

Maroela Media het vroeër berig SANParke het ʼn soekgeselskap van nagenoeg 20 mense op die grond ingespan om te help soek na die leeumannetjie wat op 5 Junie uit die park ontsnap het.

Die leeumannetjie is glo deur ouer, meer dominante leeumannetjies uit die park verjaag. Hy het onder deur die heining aan die westekant van die park ontsnap deur ʼn gat wat glo weens vloedskade veroorsaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

CO ·

“……en prooi van…..” ?? So die 26 skape en die koedoe het hom opgevreet……….hahahaha…..

MARTIN ·

CO. Miskien moet iemand jou bietjie reghelp. Dink jy regtig jou vieslike komentaar is van pas. Mense wat altyd almal kritiseer het ‘n probleem. Hierdie is ‘n baie positiewe storie wat baie mense met groot belangstelling volg. Ons Pers,Media, en in die geval Maroela Media bedoel goed om ons in te lig, en dit as ‘n positiewe verhaal aan ons te bring. Die beste wat jy as groot Taalkundige kan doen is om te kritiseer. So terloops, Koedoes en skape eet nie vleis nie. Maroela baie dankie vir julle harde werk en dankie vir hierdie baie positiewe berig en die manier wat julle dit vir ons gebring het.

CO ·

MARTIN In die eerste plek dink ek nie my kommentaar was vieslik nie, kritiseer het ek ook nie, en ja ek stem saam dit is ‘n baie positiewe storie wat ek ook elke dag gevolg het en in spanning gewag het dat hy gesond en lewend gevang moet word…ek is geen groot taalkundige nie, maar ja ek weet nie so mooi hoe ‘n leeu prooi kan wees van skape en ‘n koedoe nie, lees weer die berig dan sal jy dalk verstaan……..ek weet verseker skape en koedoes eet nie vleis nie anders sou ek nie kommentaar gelewer het op die verkeerde gebruik van die woord nie……..

Dave ·

CO, dit is jammer jy het MARTIN (wat sy naam uitskreeu in hoofletters!) geantwoord. Hy het geen antwoord verdien nie maar moes bloot geignoreer gewees het.

Peet Schabort ·

Ek het OOK só gelees en dit verstaan CO, he he he . . .
Lyk my ons is ook die enigstes, he he he . . .

Rooiman ·

Ek het dit ook eers so verstaan, maar toe gaan lees ek weer, en sien toe dit is wel reg. Lees die sin so:”Die leeu is gevang na 26 dae en prooi van 26 skape en ‘n koedoe”.

Rooiman ·

Ek het dit ook aanvanklik so gelees, maar toe ek weer gaan kyk, sien ek dat dit tog reg is. “Die leeu is gevang na prooi van 26 skape en n koedoe”, sal dalk die saak uitklaar.

PIXIE ·

Dankie tog. Baie dankie aan almal wie gehelp het om Sylvester aan te keer. Ek is jammer vir die verlies van skape, donkie en bok maar die arme Sylvester moes eet. Verjaag deur ouer leeu mannetjies? Geen wonder die outjie het pad gevat nie. Kyk asseblief mooi na hom sodat hy nie weer geboelie word deur ander leeus nie.

Maryna ·

Dankie tog, ‘n goed voel storie! Is baie bly hy is veilig, en hoop hy kry plek waar hy gelukkig is en nie weer kans kry om weg te kom nie. Volgende keer is hy dalk nie so gelukkig om lewendig anderkant uit te kom nie. (Jammer vir die skade langs die pad, maar honger is honger).

anet ·

Ek is verheug om te hoor dat Sylvester veilig tuis is. Ek het die spoor en stories elke dag gevolg, en dit was baie opwindend. Een van sy apterpote het seergekry, is daar iemand wat vir my kan meer vertel, en of die poot dalk net deurgeloop was. Sjoe hy het omtrent ‘n wye draai gaan loop.
Dankie aan almal wat betrokke was, en wat kosbare tyd gegee het om vir Sylvester te volg.

Eliza-beth ·

Nou-ja ou grote, so kom alle goeie dinge tot ‘n einde – ongelukkig vir jou ook! Lank lewe koning leeu!

Sandra ·

So dankbaar Sylvester is veilig terug. Elke dag die storie gevolg en myself so ingeleef in sy wêreld. Jammer oor al die skade, en dankie aan almal wat betrokke was om hom ongedeerd terug te vind. Mag hy ‘n gelukkige tuiste kry na sy rondloper dae!!

KarooKlong ·

Ek hoop net nie skelms en inbrekers lees die storie oor die hongerte nie want dit gaan werk in ons howe as verweer. U edele, ek het ingebreek omdat ek honger was en toe ek loop, toe loop die tv en die tablet en die selfoon saam met my uit.

Emile ·

Wonder of veediefstal hier afgeneem het tydens Sylvester se omswerwinge?

Annelize ·

Ai Martin – vandag is jy die bitsige een met jou kommentaar? Ek sien niks viesliks in CO se kommentaar nie, eintlik net ‘n skerp uitlig van ‘n foutjie. Baie oulike leeu die, nadat hy prooi was van soveel skape en bokke – dat hy nog aangekeer ook is….. Dalk moet jy die artikel weer lees en sien jy was verkeerd en dalk om verskoning vra?

KarooKlong ·

Annelize, ek stem met jou saam.
Kom Martin in ‘n vriendelike gebaar kan jy erken jy het effens oorreageer.

MARTIN ·

Annelize, maak dit vir jou sin dat 26 skape en 1 koedoe ‘n Leeu kan opeet? Aan almal wat nou so kwaad is omdat ek die berig verkeerd verstaan, ek vra nederig om verskoning.

pieta ·

Marin, jy is ‘n MAN op ‘n PERD om so om verskoning te vra! Ek wens die regerende politici kan dit ook begin doen…

pieta ·

Martin, jy is ‘n MAN op ‘n PERD om so om verskoning te vra! Ek wens die regerende politici kan dit ook begin doen…

Michiel ·

Marin mense is nie vies or jy die berig dan nou verkeerd sou gelees het nie, mense is vies omdat jy op ‘n lelike manier vir CO ingevlieg het en sleg gesê het. Ek dink nie jy is ‘n man op ‘n perd nie maar ‘n seun op ‘n donkie! Jy skuld CO ‘n verskoning, DAN sal jy ‘n man wees.

ELSA ·

BAIE BLY HY IS VEILIG…….EN DAT DAAR GEEN MENSE VERLIES WAS DEUR SY GROOT HONGER….PASSOP HOM MOOI OP….

Herman ·

Ek dink maar net aan aan al daai Sheiks in die midde ooste wat leeus aanhou vir troeteldiere.
1 Skaap/dag @ R1400 = R42 000/maand. Duur troeteldier om aan te hou.
Sal maar hou by my foxterier hond.

CF ·

Sylvester skaap tjops is nou uit vir jou hoor.nou net weer hoender by die die huis.
Dankie dat jy weer veilig by die huis is.
En dankie aan maroela media vir die berig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.