Karpowership: ‘R200 miljard vir een minder beurtkragfase klop nie’

Karpowership se skeepswerf in Yalova, Turkye. (Foto: Ozan Kose/AFP)

Die ANC-regering wil ʼn ooreenkoms van 20 jaar met Karpowership aangaan wat belastingbetalers R200 miljard gaan kos terwyl dit na verwagting net een fase se beurtkragverligting tot gevolg sal hê.

Die DA meen dit is nie waarde vir geld nie en die party het om die rede ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) ingedien om die departement van vervoer se rekord van besluitneming te bekom waarvolgens Karpowership vir ʼn tydperk van 20 jaar toegang tot die drie hawens by Ngqura, Durban en Saldanhabaai gegee is.

Kevin Mileham, DA-LP en woordvoerder oor minerale bronne en energie, sê Karpowership se skepe sal na verwagting slegs 1 200 MW verskaf en dit is net een fase se beurtkragverligting.

Die rekord van besluitneming wat die DA deur sy Paia-aansoek versoek, moet onder meer insluit die kriteria wat die minister gebruik het om die proses te versnel om haweruimte aan Karpowership te voorsien.

Volgens Mileham wil die party ook ʼn rekord hê van die besware wat na bewering deur Transnet se nasionale hawe-owerheid geopper is en weet waarom daar glo daarvan ontslae geraak is. “Ons soek ook ʼn rekord van die notules vir vergaderings wat die minister met kabinetskollegas gehad het voordat ’n besluit geneem is om die opdrag uit te reik.

“Dit lyk of die ANC-regering haastig is om Suid-Afrikaners aan ’n belaglike kontrak te bind wat nie die voortslepende elektrisiteitsopwekkingstekort die hoof sal bied nie. Miskien selfs meer kommerwekkend is dat die Karpowership-maatskappy nie daarin geslaag het om finansiële sluiting binne die gespesifiseerde sperdatum te bereik nie, maar dit is nou doelbewus misgekyk om te verseker dat hul drie kragskepe ten alle koste in Suid-Afrika se hawens vasgemeer word.”

Mileham meen Karpowership se beweerde versuim om betyds finansiële sluiting te bereik, laat vrae ontstaan oor hoe die reëls gebuig is om die Turkse maatskappy te akkommodeer – tot nadeel van enige ander potensiële bieërs wat aanvanklik uitgesluit is.

“’n Energiekontrak van 20 jaar is nie noodverkryging nie, maar ’n immergroen meevaller om miljarde uit die land te laat vloei. Die Karpowership-kontrakte behoort hoogstens net vyf jaar te wees en slegs na gelang van behoefte hernu te word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Leon ·

Hierdie is so duidelik soos daglig! Daar’s ‘n hele paar van daai miljarde wat in kaders se sakke gaan beland- vandaar die haas.

Elizabeth ·

Natuurlik maak dit sin vir Mantashe. Dit vul sy sak????????????????

GWS ·

Vanwaar nou die haas om noodopwekking te verkry wat eers oor twee jaar na verbindings gebou is te verkry? Ek ruik ‘n rot en dis ‘n groote! Dit maak eenvoudig nie sin nie!!!!

Andries ·

Di skippe gaan in elk geval staan en op roes… Verseker is dit ni Noodkrag ni en ons weet waar di miljarde heen sal gaan. My probleem is egter dat nersa/eskom di tariewe buite middelkas se bereik sal moet verhoog om dit te kan betaal. Na 20 jaar sal Niks (soos in belegging) van di miljade se uitgawe gewys kan word ni…

Nie Verbaas ·

Die ANC het doodeenvoudig nie die breinkrag om kalkulasies te maak nie.

Henry ·

daar is baie sonkrag wat die prbleem sal oplos
maar dit is nie goed genoeg nie omdat hulle nie daaraan gedink het nie
daai vrystaat se dorp is n goeie voorbeeld

4ntj13 ·

Dit vat 2½ jaar om ʼn sonkrag of PV-sisteem aanlyn te kry. Dan kos die son ons niks. Hoeveel gaan in 20 jaar verlore gaan? Ek glo die Russe en Chinese verskaf iets.

domheks ·

Iemand van die kaders is verseker van pensioen vir 20 jaar lank. Kan al raai wie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Hein Vosloo, ‘n voormalige senior bestuurder in Eskom se transmisie het op RSG gesê dat elke skip se kapasiteit is 250 MW. Met ander woorde750MW in totaal. Teen ‘n beskikbaarheid van 80% is dit heelwat minder.

JvR ·

Kyk. Mens kan kerm en kla op forums dat jy naar word. Dit gaan nie die stand van sake verander nie. Ons het nou al so aangepas dat ons amper nie 100kw per maand gebruik nie. Ek weet vir groot gesinne is dit moeilik. Yskas is af en in ongebruik, want ek gaan nooit betyds by die huis wees om uit te prop sodat “surge” nie skade aanrig nie. Geyser is slegs aan wanneer ons tuis is. En nie elke dag nie. Ons maak kos vir die dag. En gebruik meestal droë produkte. So ek het werklik nie n saak nie. Ons het nie geld vir solar nie. En min mense het. En selfs die wat het, sal met n ineenstorting dieselfde probleme he. Maar ons “armes” het aangepas sover moontlik.

Leon ·

Ag nee man kan ons dit nie stop nie.
Dis nou regtig onaanvaarbaar
Wat maak die regering???

Andries ·

Ns. Di R200 miljard moet ook gesien word teen agtergrond van $/R teen 19.30 en olie/gas teen $ 74. Wie de joos weet waar gaan ons oor 20 jaar wees…

Phillip ·

George Mokoena is n direkteur van Karpowership SA en ‘n 20% aandeel houer , Hy was ook adviseur vir David Mahlobo ( Die renosterhoring minister ) en Bongani Bongo ( Die mister wat n geldjie gegee het om die ondersoek na Eskom te stop) Net die regte ANC man vir die job

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.