Karsmokkelaars se planne gepootjie

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Persone wat Vrydag ʼn voertuig van Suid-Afrika na Zimbabwe wou smokkel, se poging is gestuit toe Limpopo se polisiekommissaris die voertuig vanuit ʼn helikopter opgemerk het.

Brigadier Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê lt.genl. Nneke Ledwaba het Vrydagoggend ʼn intensiewe operasie in Musina en Beitbrug gelei. “Nadat hy die padblokkade besoek het, het hulle in ʼn helikopter oor die gebied gery om dit te patrolleer, toe hy ʼn gryskleurige Toyota in ʼn rivier opgemerk het.”

Die motor was halfpad onder water en die smokkelaars wou van vyf donkies gebruik maak om dit aan Zimbabwe se kant van die grens uit die water te trek. “Toe hulle die polisie sien, het hulle in Zimbabwe in gevlug. Die motor is steeds in die water. Sodra dit uitgehaal is, kan die oorsprong en eienaar bevestig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hendrik ·

dis nou n waterkar. Wat sal smokkelaars nog doen. iewers in Zim moet n fabriek wees wat hierdie karre weer herstel.

Jan ·

Jammer Joe. Jou kommentaar was eerste. En hier het Toyotas ook nie pêrdekrag nie…..

Advertensie ·

Onthou julle: “Alles loop reg, altyd reg, Toyota.”

t ·

Daai Toybota hoef net so ‘n uur in die son staan om af te droog, dan is hy reg vir nog jare se harde werk.

Loslip ·

Die eienaars van die Toyota is duidelik nog dommer as die Zim diewe.

Richard ·

Eienaars van die Toyota het Verseker al ‘n Toyota van die versekering?

Theo B ·

Max hoe dan nou anders? Die SAP het meer generale as die hele Amerikaanse Weermag.

Charmaine ·

Skerp polisie werk. Nou weet ons waar gaan al die Toyata’s heen wat gekaap en gesteel word.

KP ·

Die polisie in helikopter met die diewe wat weghardloop, kon hulle nie versterkings ontbied en die diewe in hegtenis neem nie.

My tweesent bydrae ·

Daardie model vaar in knope en ry nie in kilometers nie .

Mr P ·

Hierdie tipe misdaad het nie gebeur toe ons nog die grense opgepas het nie. Skokkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.