Karwag val glo motoris in Johannesburg aan

mes-aanval

Argieffoto

ʼn Sogenaamde karwag is in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn motoris met ʼn mes aangeval het nadat die motoris geweier het om sy motor te skuif van waar hy in die middestad parkeer het.

Die 26-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel oom ernstig te beseer, het kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê. Die voorval het Saterdagmiddag op die hoek van Kruis- en Mainstraat plaasgevind.

“ʼn 35-jarige man het sy motor parkeer en ʼn karwag het vir hom gesê om sy motor te skuif. Die motoris het egter geweier en die karwag het glo die straat oorgesteek om ʼn mes te gaan haal,” het Mbele verduidelik. “Hy het teruggekeer en die man aangeval.”

ʼn Veiligheidswag het die slagoffer gehelp en die verdagte aangekeer. Daar is ook beslag gelê op die mes wat tydens die aanval gebruik is.

“Die verdagte sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.”

“As jy ʼn situasie ondervind waar jy gedwing word om karwagte te betaal, moet jy die polisie in kennis stel. Motoriste moet slegs iets gee as hulle gewillig is, hulle kan nie gedwing word om te betaal nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ellisras ·

Daar is bitter min karwagte. Die meeste is parkeerplek aanwysers. Dink enige redelike mens dat daar enige (sekuriteit) wag in die mense skuil. Hy wys parkeerplek aan. En die slegte scenario is dat hy ‘n informant vir skelms is. Daar is goeie ouens. In die minderheid.

Lynette ·

Agge nee, Wonder Hoekom, jy probeer nou net vir die sogenaamde wag opkom. As hy sulke eerbare bedoelings gehad het, sou hy beslis nie die man met n mes aangeval het nie.

Wonder hoekom.... ·

….wonder net hoekom die karwag wou hê die motoris sy kar moes skuif?
Het motoris dalk ONWETTIG parkeer? Op rolstoel parkering? Iewers op n geel streep?
Miskien was die karwag jeelvol vir die ONgeskikte SELFrightious motoriste wat dink hulle kan ry en parkeer hoe en waar hulle wil.
Kry die karwagte soms baie baie jammer, hulle word soos vuilgoed behandel –

Cherokee ·

Wonder hoekom jy nie verstaan nie. Die motoris wou natuurlik nie gehad het sy kar moet ‘opgepas’ word nie en toe wou die ‘karwag’ ‘n betalende motoris daar laat parkeer.

Penellope Jones ·

NOG ‘n plek wat aangeheg kan word by die ellelange lys van plekke waar niemand meer veilig is nie. . . .

Henk du Toit ·

Penellope nerens is jy meer veilig in hierdie land nie. Ek gaan nerens sonder my vlymslerp knipmes in my sak nie. Ek weier om ‘n willose slagoffer te word. Ek sal nie ondergaan sonder om terug te veg nie. Die kleur van jou vel is nie welkom nie maar jou geld en selfoon is.

Cherokee ·

Dit was jàre gelede maar ek glimlag steeds as ek daaraan dink. Twee hobo’s het teen ‘n winkelmuur gesit/lê toe ‘n motoris reg voor hulle parkeer. Ek was op die sypaadjie en het gesien hoe spring hulle op en vra ‘diensfooi’ of so iets vir kar oppas. Die man wat reeds buite sy kar was het gesê “Oh, is this your parking!”.

Petrus ·

Wonder hoekom, is jy fingerswaai straat prediker? Neus-in kykie van goed en kwaad blyk gat oor kop. Karwagte duck en dive “opregte” geregsdienaars.
Vele is sharmante dwelmhandelaars, agtervolg, rower en highjack spotters, trollie/sakkie pickers, en mog nie in hof getuig nie agv. eie opsluit vrese.

KanekVra? ·

Karwagte is oral, hulle het al soos ‘n pes geword. Ek vermy sentrums waar hulle toegelaat word. Hulle intimideer mense, om hulle geld te gee, en ek sal hulle nie geld gee, as ek nie wil nie. My bejaarde moeder is al uitgevloek en geskel deur karwagte, en watter verweer het sy. Ek voel nie meer vir hulle jammer nie. Ek het motor versekering. En wat gaan ‘n karwag doen as die skote klap, jou help? Nee hulle gaan nes jy probeer wegkom. As ek vir elke karwag geld moet gee sal dit my ‘n ekstra R50 ‘n dag kos as ek inkopies doen. Wees seker as ‘n karwag my probeer steek sal hy moet goed steek, ek steek terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.