Kasrils eis baie oor Zuma-verkragtingbewering

Ronnie Kasrils Foto: herald.co.zw

Ronnie Kasrils Foto: herald.co.zw

Ronnie Kasrils, voormalige minister van intelligensie, dagvaar Kebby Maphatsoe, adjunkminister van verdediging, vir naamskending nadat laasgenoemde hom glo daarvan beskuldig het dat hy agter pres. Jacob Zuma se verkragtingsaak sit, het City Press berig.

Kasrils eis R1 miljoen plus regskoste van Maphatsoe vir sy “vals en neerhalende uitlatings”. Maphatsoe het gesê Kasrils het die vrou wat Zuma van verkragting aangekla het “met die hand uitgesoek” en haar “gestuur” om die klag aanhangig te maak. Hy het die bewering verlede jaar tydens ʼn mediakonferensie gemaak.

Kasrils voer aan dat Maphatsoe hom ook van onbehoorlike gedrag beskuldig het toe hy nog intelligensiehoof van Umkhonto we Sizwe was. Kasrils was ook destyds een van die leiers van die sogenaamde Stem Nee-veldtog wat mense aangemoedig het om teen die ANC te stem of hul stemme te bederf.

Kasrils voer in hofdokumente aan dat Maphatsoe nie voldoen het aan sy vorige eis om sy bewerings met bewyse te staaf of om verskoning te vra nie.
Die hooggeregshof in Johannesburg het Zuma in Mei 2006 onskuldig bevind aan verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

zahn ·

Ja ou Ronnie, hoe voel dit as die masjien wat jy help otwikkel het, skielik teen jou draai? Kry vir jou, jy was een van die groot opstokers, aanhitsers, en stron tgooiers destyds. Nou hang die baadjie aan die ander skouer, en jy voel verontreg? Nee wat, dis nou jou beurt, en nou wil jy eis? Teen wie? Jou beurt is hier, en ons praat nie van beurtkrag nie. Kry vir jou, gratis en verniet.

Drieks ·

Die ANC het van ons almal al gesteel, gelieg en teleurgestel. Waar kan ons eis!!!

Drieks ·

Die regering steel elke jaar van ons. Waar kan ons eis asseblief…!!!
Maroela, hoekom mag ek nie sé, Anc nie.???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.