Kasrils het nie stembrief bederf nie

Ronnie Kasrils Foto: herald.co.zw

Ronnie Kasrils Foto: herald.co.zw

Ronnie Kasrils, die oudminister van intelligensie, het nie tydens die verkiesing sy stembrief bederf nie, het City Press Donderdag berig.

“Ek het vir twee partye gestem, nasionaal en provinsiaal, maar nie vir die ANC of vir die DA nie,” het Kasrils gesê.

Kasrils het aan die koerant gesê hy het twee kleiner partye ondersteun wat hy meen die verandering kan bied wat hy graag in die land wil sien.

Kasrils en Nozizwe Madlala-Routledge, voormalige adjunkminister van gesondheid, het in April vanjaar die Sidikiwe! Vukani!-, Stem Nee-veldtog van stapel gestuur. Dié veldtog wou Suid-Afrikaners oorreed om eerder vir ʼn minderheidsparty te stem of hul stembriewe te bederf deur die woord “Nee” daarop te skryf. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Riaan van der Walt ·

Kon hom nog nooit vertrou nie.
“On 7 September 1992 the Ciskei Defence Force fired into a crowd (led by Ronnie Kasrils) of ANC members demanding the removal of Gqozo. 28 people were killed and hundreds injured in the Bisho massacre outside the sports stadium in Bisho.”
Van waar het hy gelei – van agter af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.