Katarakte kan derduisende blind laat

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Soveel as 290 000 Suid-Afrikaners kan na raming blind word indien hul katarakte nie behandel word nie. Nietemin kan regeringsfasiliteite in die meeste provinsies nié in die vraag na operasies om katarakte te verwyder voorsien nie en strek waglyste oor ʼn tydperk langer as ’n jaar.

Om sake te vererger het die Right To Sight Trust nou nie meer genoeg geld om die koste van mense in nood se chirurgiese prosedures soos intra-okulêre lensinplantings te dek nie. Dié situasie het ontwikkel nadat die trust oor die afgelope drie jaar meer as R50 miljoen vir die verwydering van katarakte bewillig het.

Dr. Bayanda Mbambisa, woordvoerder van die trust, sê in ʼn verklaring hoewel hulle in die verlede daarin kon slaag om duisende mense in nood se sig te verbeter, die trust moontlik nie sy teiken vir 2020 gaan kan bereik nie.

Luidens die verklaring kon die trust daarin slaag om deur sy Second Sight-projek altesaam 2 071 mense se operasies oor die afgelope drie jaar te finansier. Dié projek het mense gehelp wat nie private mediese sorg kon bekostig nie en wat vir langer as ʼn jaar op ʼn waglys was.

“Dit is hartverskeurend dat die projek sukkel om sy oogmerk uit te voer,” sê Mbambisa.

Mbambisa sê verder Suid-Afrika is ver agter die res van die wêreld – ook ontwikkelende lande –wanneer dit kom by die behandeling van katarakte. Om en by 2005 het dié soort operasies afgeneem omdat die regering se fokus en finansiering verskuif het na ander mediese toestande wat groter prioriteit geniet, voeg hy by.

Kontak Cindy Buské by [email protected] of 082 600 5970 om uit te vind hoe om die Second Sight-projek te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan Venter ·

Agter by die res van die wêreld, sê die man??? Ek wens ek kon die besonderhede van ons Oftalmoloog, hier waar ek woon, gee. Wat ‘n wonderlike mens, ongeooflike kennis met die nuutste moderne toerusting. Met hom gaan mens Pluto toe en terug.

Leon ·

Die grootste mediese fonds dek nie katarakte laer as sy top plan nie.

Johan Venter ·

Gaan lees weer. Ok ek het persoonlik ervaar dat dit wel gedek is.

Cherokee ·

So Leon, kry jou feite agtermekaar as jy bewerings wil maak.

Bambi ·

Ja nee….n privaat oog spesialis my oog so opgeneuk blind in my oog?? Nie medies? Ek gee op.

Cherokee ·

Wat het geword van die eis wat jy ingestel het, Bambi.? Of het jy dit nie moeite werd geag nie?

Johan Venter ·

Nou kan mens sien waarom hulle NGV wil inbring, dis om die privaat medici en spesialiste te kaap. En na paar jaar is almal op dieselle vlak as die kundigheid en kennis soos per die bogemelde berig.

Nash ·

Oogspesialis vra R2050 vir konsultasie en R14 200 vir verwydering van 1 oog se katarak. As mens nie op medies is nie, is hierdie vreeslik baie geld.

Anel ·

En hulle wil ‘n NGV instel!!! Asseblief! Probeer ‘n volk red met sulke onbevoegdheid!!!

Tienie ·

Daar is hulp vir sulke mense en dit is deur en deur die geld werd.

As jy van die regte mense gebruik maak is dit n PYNLOSE operasietjie.

Gaan spreek maar n Spesialis by n OOGINSTETUUT.

Snowflake ·

Tienie jys reg …. ooginstituut baie goeie opsie, maar ook laaang waglys…… 50miljoen oor 3 jaar…. sjoe dans daar baie katarakke reeds al verwyder???? Vra maar net

Oogspesialis ·

Maroela Media,
Die berig is swak joernalistiek en haal Bayanda Mbambisa effens verkeerd of onduidelik aan. Wat sy bedoel met “agter” in terme van behandeling van katarakte is nie met verwysing na die tegnologie nie. Die kwaliteit van katarakchirurgie in Suid-Afrika is vergelykbaar met internasionale standaarde.

Wat sy wel bedoel is dat ons katarakchirurgie operasie tempo (“CSR – cataract surgery rate”) laer is as wat dit behoort te wees. Om die agterstand in te haal behoort die CSR minstens 2000 per miljoen van die bevolking wees. SA haal jaarliks net omtrent die helfte van daardie CSR, wat beteken die aantal mense met katarakte wat nooit geopereer gaan word nie en dus blindheid in die gewig staar word jaarliks al meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.