‘Katastrofiese’ brandstofstyging wag dalk

Argieffoto (Foto: Paul Brennan/Pixabay)

Motoriste kan in November moontlik weer ’n aansienlike styging in die brandstofpryse van amper R1 in petrol en meer as R1 in diesel en paraffien verwag. Die Automobiel-Assosiasie (AA) het dié styging as katastrofies beskryf, veral in die lig van stygings die afgelope maande.

’n Brandstofprysstyging van 30% is oor die afgelope 11 maande aangemeld en in September het die brandstofpryse ’n rekordhoë vlak bereik.

’n Verdere brandstofprysstyging kan onder meer toegeskryf word aan die swak rand en skerp styging in die oliepryse, meen kenners.

Na gelang van die data wat op 14 Oktober deur die Sentrale Energiefonds (CEF) bekendgemaak is, word ’n moontlike styging van 98c per liter in 95-oktaan-petrol met 98c en 96c per liter vir 93-oktaan-petrol verwag. Diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% kan met R1,41 per liter styg en diesel met 0,005% swaelinhoud met R1,42 per liter. Vooruitsigte toon ook dat paraffien moontlik met R1,42 per liter kan styg.

Motoriste in die binneland sal onderskeidelik R19,30 per liter vir 95-oktaan‑petrol en R17 vir diesel betaal. Dit beteken die petrolprys het sedert Januarie met R4,44 per liter gestyg, aangesien motoriste toe R14,86 per liter betaal het.

Volgens die AA sal dié styging in die diesel- en paraffienprys die grootste in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wees.

“Motoriste kan dalk nog voor die einde van die jaar R20 per liter vir petrol betaal,” het die AA Maandag in ’n verklaring gesê.

Brent-ruolie het teen Maandagmiddag teen $85 per vat (ongeveer R1 254) verhandel en volgens die AA verwag hy nie dat dié prys binnekort sal afneem nie, veral omdat die vraag na olie waarskynlik sal toeneem namate die Noordelike Halfrond die winterseisoen betree.

Die gemiddelde rand-dollar-wisselkoers het van R14,55 tot R14,90 verswak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Pieter ·

Weet die goed maak nie baie sin nie. EK dink regtig Sasol moet ons Petrol hier hou en dat ons goedkoper kan ry.

Racheltjie Debeer ·

As iemand net aan ons kan verduidelik hoekom ons presies dieselfde prys moet betaal vir SASOL brandstof wat plaaslik van steenkool vervaardig word? Wat het die oliprys met SASOL brandstof uit te waai? Dit moet mos goedkoper wees.

Pieter ·

Moenie worry nie. Niemand sal kan gaan vakansie hou nie. Behalwe om die Covid wave te surf.

Belinda ·

ja en so word almal net nog armer want dan gaan alles weer op, en wanneer die prys eendag weer sak, bly die pryse in die winkels nogsteeds dieselfde.

Cherokee ·

Dit kan nie goed wees vir ‘n petrolenjin om daarsonder te ry. So ‘n enjin is geneig om te staak.

JohanR ·

Het iemand miskien ‘n idee wat die petrolprys was op Mei 10 1994 toe pres Nelson Mandela ingehuldig is, en nou 27 jaar later? Toe ek oorsee was in April 1988, was die wissel koers R1.71 vir $1. Toe kon jy nog drink, vreet, vry, kuier en tekere gaan in Europa, en die Verenigde Koninkryk. Vandag : R14.75c vir $1. Jy kan seker nie eers vis en tjips toegedraai in koerant papier kry daar by Victoria Bus Stasie vandag nie. Vandag : R20.24 vir £1. Hoe agteruit het ons gegaan in 27 jaar?

Jaco ·

Januarie 1993 was die prys R1. 59/Liter. Dis gelyk aan R8.38 vandag, volgens ‘n inflasie rekenaar op Google.

JohanR ·

R8,38c vandag. Waar, of aan wie gaan die ander R7.92c Jaco?

Anel ·

In 1984 was die petrol R 0, 84sent per liter. Dit sou opgaan met 1 sent toe ontstaan daar onluste.

Anoniem ·

Hoe oud is jy? Dit is nie die waarheid nie kan nie presies onthou nie maar dit was tussen 30 en 40 sent en geen onluste omtrent die petrol prys nie.

Papsak ·

Ek stem waar gaan dit heen wanneer wil dit op hou en moenie covid vir alles gebruik nie ons niedie land tot stilstand laat ruk nie hier sit ons met Sasol hoekom so duur betaal

Jaco ·

Weet die ANC dan nou reeds dat hulle sleg gaan vaar in die verkiesing op 1 November, dat hulle nou reeds die “straf” reg het vir almal wat nie ANC stem nie?

Marius ·

Ek troos myself daaraan die pryse sal afkom in Desember maand want dan is dit mos seisoen.
Dit gaan egter weer opgaan net voor die mense moet terug gaan huis toe . So maak hulle geld en haal hulle in wat hulle verloor het . Dit is een groot skelm storie die.

Toy ·

Hulle wag net dat die mense klaar gestem het, dan gaan die brandstof op.

Swerwer ·

Belaglik. Ond almal weet waar daardie geld heen gaan. Die ANC is so in die gemors dat hul nie meer logies kan dink aan ‘n oplossing nie, en nog minder bereid is om iemand ander ‘n kans te gee om die land reg te ruk. V……………………

Shakespeare ·

Die ANC/EFF kan en sal NOOIT kan logies dink nie Swerwer.

Misky ·

Hierdie prysverhogings raak die middelklas en arm mense wat ‘n sukkel bestaan voer om kop bo water te hou. Die rykes (ja, al die stink ministers en hulle pelle) pla dit min en hulle kan dit bekostig. En te danke aan Prasa/ANC bestaan treine nie meer nie. So, hulle skop ons terwyl ons lê en die gewone man kan eenvoudig nie meer oorleef nie

Jakkie ·

Hoekom betaal ons buurlande so min vir brandstof en hulle kry dit by ons. Namibia R14.61 Diesel en R14.81 Petrol. Want hulle het nie al daai ekstras wat bykom nie.

Francois ·

As die brandstof prys ge”ring fence” was, het ons nou die helfte van vandag se pryse betaal. Die brandstof belasting gaan in die bodemlose staatskas in

Anton ·

Nonsens, die Rand het die laaste jaar versterk van 16.55 tot die dollar na 14.75 vandag, nie soos in artikel genoem nie. Die stygende olieprys dryf die verhoging (en belastings). Om die rand/$ koers te gebruik wat baie volatiel is, is gevaarlik. Die laaste week het die rand verswak maar dit is veel sterker nou as n jaar gelede en tussen in gaan dit op en af van week tot week.

Piet parys ·

Nie mickey mouse op en af wat tel nie maar langtermyn resultate . Lyk my party mense gaan met toe oë deur die lewe tensy hulle slegs 1 jaar oud is

Anton ·

Jy is reg dit is langtermyn “trends” wat belangruk is en die rand sal altyd oor die langtermyn verswak, die laaste 18 maande het dit egter versterk en ons sal nou weer n korreksie sien wat did rand na nuwe laagtes sal neem. My probleem is met die nonsens laaste sin in die artikel.

Oros Soros ·

Dit is een van die gevolge van Biden se presidentskap. Wanneer die Demokrate die Withuis beheer, is die internasionale prys van ru-olie hemelhoog. Die teenoorgestelde is waar wanneer daar ‘n Republikein in die Withuis is.

Heinrich ·

Tyd vir daai enorme petrol heffings van hierdie plunderaars in die regering opgehef word.

Aai ·

Die staat sal moet kyk na al die ekstras op on brandstof om ons te help.

Daniel ·

Die ANC gebruik die brandstofprys om ons te melk dmv al die heffings en belastings, dan is daar nog etol, lisensieskyfkostes ens ens..

Deon ·

Hou in gedagte, alle produkte wat vervoer word se pryse styg ook, wat n nagevolg het dat btw dien ooreenkomstig ook styg. Dis n bose kringloop en die stast oes dat die rook draai

Anoniem ·

Brend crude is $85 dit affekteer die hele wêreld as julle vir iemand kwaad wil wees is dit OPEC

Jdb ·

Sê dankie vir Biden. Hy is die hoofoorsaak van die hoë olieprys.

Josua ·

Ek wil net graag weet!!!!!!! Is dit nie die einste ANC regering wat voor 1994 sy mense belowe het dat hulle nooit die pertol prys teen sy mense sal gebruik soos die apartheids regering gedoen het nie??? Toe die apartheid regering bestaan het was petrol een of twee keer per jaar aangepas dalk met n sent of twee dan was die strate in JHB afgeblok en almal wil toi toi en afbrand en die beste van als is die kos pryse het toe nog dieselfde gebly!!!!! Nou word die petrol maandeliks aangepas en so ook die kos pryse so, die keer hoop ek die massas skrik wakker en besef hoe daar vir hulle al die jare gelieg was en steeds gelieg word. Die enigstes wat hieruit voordeel trek is die einste ministers wat hulle ingestem het wat nie belasting of petrol hoef te betaal nie so waarom sal hulle – hulself hieroor ontverm.

Hardekwas ·

Die olie prys is nou so om en by 2.7 keer in US$ vergeleke met 1985, maar ons pomp prys is tans om en by 20 keer hoër as in 1985.

Barney ·

Dis net die begin van Agenda 2030. Ons baklei nie meer teen die anc nie mense. Hierdie is lank al ń 3rde wêreld oorlog.

Pierre ·

iets wat my nogal opval is dat die taxi bedryf nooit meer ophef daarvan maak as brandstof se pryse opgaan nie. Vorige jare was hulle behoorlik “up in arms” met elke verhoging…

Danie ·

Die taxibedryf kry blykbaar massiewe subsidies dis hoekom daar nog nie n opstand in die land is oor brandstofpryse nie.
Maar die gewone man in die straat, die regering voel vir hom niks.

SjN ·

Die brandstofprys word gemanupileer deur die onbevoegde regering om meer fondse te in om te plunder en taxis kry subsudie anders sou daar lankal oproer gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.