Kataza in geveg betrokke met Tokai-bobbejaan

Kataza se beserings. (Foto: Sally Sivewright, Baboon Matter/Facebook)

Kataza, die bobbejaan wat van Kommetjie-omgewing in die Kaapse Skiereiland na Tokai verplaas is nadat hy eiendom daar geplunder het, was Saterdag in ʼn geveg met ʼn mannetjiesbobbejaan van die Tokai-trop betrokke.

Kaapse owerhede, die DBV en ʼn private veearts wat Kataza ondersoek het, sê sy beserings is nie te ernstig nie.

Volgens ʼn Facebook-plasing deur die bewaringsorganisasie Baboon Matters het Kataza ʼn besering tussen sy nek en skouer opgedoen wat bloeding veroorsaak het.

“Kataza is nie Saterdagaand deur die veearts en DBV behandel nie, omdat dit weens die bloedverlies te gevaarlik was om hom te probeer verdoof,” lui die plasing.

Volgens Baboon Matters was Kataza die Vrydag voor die voorval ook in ʼn geveg betrokke en het hy ʼn besering aan sy lip opgedoen.

Kataza word deur ‘n jong wyfie versorg. (Foto: Sally Sivewright, Baboon Matter/Facebook)

Die veearts en die DBV het Kataza weer Sondagoggend ondersoek en bevind dat sy wond ophou bloei het. Hy was naby die trop en het gemaklik beweeg.

Kataza het ʼn geruime tyd alleen in ʼn boom deurgebring, hoewel ʼn jong wyfie hom Sondagmiddag ʼn tyd lank versorg het.

Die DBV sal voortgaan om Kataza dop te hou en is gereed om in te gryp indien sy toestand versleg.

“Manlike bobbejane baklei gereeld en Kataza het steeds ʼn litteken op sy gesig van ʼn geveg wat hy met ʼn ander manlike bobbejaan gehad het terwyl hy by die Slangkop-troep in Kommetjie was,” lui ʼn verklaring deur Kaapse owerhede.

“Dit is normale gedrag aangesien bobbejane wilde diere is en nie troeteldiere nie. Om in ʼn nuwe trop aanvaar te word, kan weke of selfs maande neem. Kataza moet op sy eie tyd met ander bobbejane omgaan.”

Die owerhede het die publiek weer eens versoek om hul afstand van Kataza te hou sodat hy makliker by die Tokai-trop kan inskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Androclus ·

Hel ou Kataza het darem die naweek sy moses behoorlik teëgekom foeitog.

JohanR ·

As ek onthou chilapalapa uit my Rhodesie dae, is die word Kataza iemand wat met jou sukkel, of jy wat met iemand anders sukkel….kataza. Dan is die bobbejaan se naam gepas hier.

Androclus ·

Ja hy loop krap waar dit nie jeuk nie.Die ou bobbejaan is sommer onder pyn.

4ntj13 ·

Wow! So gee die natuur meganismes om goeie leierskap te vestig en nuwe, moeilikheidmakers uit te sorteer voor dit die trop sal begin vernietig. Kataza sal vir sy eie oorlewing moet leer hy moet die ander bobbejaanmannetjies met méér respek benader. Dankie, DBV, dat julle nie onnodig inmeng nie, maar tog ons menslikheid ook oorweeg! Ek wens skielik ons het ʼn “DBV” gehad die afgelope 25 jaar met ons land se leiers…

Dries ·

Kataza veg net sois ons boere vir oorlewing. Plaas hy maar by ons kom inskakel

Dup ·

Ek hoop nie daar was drank betrokke nie…bottelstore kan maklik weer gesluit word.

Baardman ·

Kataza moet by die DA aansluit. Hulle sal die ander partye gou hof toe sleep

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.