Kataza skakel nie in by Slangkop-trop

SK11, oftewel Kataza. (Foto: NCC Environmental Services)

Kataza, een van Kaapstad se bekendste bobbejane, skakel nie by die Slangkop-trop in die Kommetjie-omgewing in sedert hy in November daarheen verskuif is nie.

Die Stad Kaapstad sê hy het Dinsdag met die Dierebeskermingsvereniging (DBV) vergader oor die toekoms van Kataza, eintlik bekend as SK11.

“SK11 word dopgehou. Oor die afgelope twee dae het hy van Capri na Da Gama beweeg en hy het per geleentheid probeer om Ou Kaapse Weg in die rigting van Tokai oor te steek. Sou hy Tokai teen Maandag op sy eie bereik, sal hy weer die kans gegun word om in te skakel en sy plundergedrag sal dopgehou word.”

Die stad sê sou Kataza Tokai nie teen Maandag bereik nie, daar ingegryp moet word.

Die DBV sal dan ʼn aansoek by CapeNature indien vir ʼn permit om Kataza na ʼn rehabilitasiesentrum in Limpopo te verskuif.

“Ons sal mense op die hoogte hou.”

Die stad het alle belanghebbendes, belangegroepe en inwoners vir hul steun oor die afgelope paar maande bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.