Kathrada se vrou kap na Zuma

Barbara Hogan by ‘n ANC-konferensie in Nasrec, Johannesburg (18 Desember 2017) Foto: ANA

Barbara Hogan, die weduwee van wyle ANC-struggleheld Ahmed Kathrada, het Maandag pres. Jacob Zuma se bewering verwerp, dat haar man se brief waarin hy Zuma gemaan het om te bedank, gemanipuleer is.

Hogan het, op die kantlyn van die party se nasionale konferensie, aan verslaggewers gesê Zuma se uitlatings tydens ʼn SAUK-onderhoud was “skokkend”. “Ek verwerp dit ten sterkste. Kathy het al lank gelede besluit dat hy daardie brief wou skryf. Dit maak my seer, want hy het maande lank aan die brief geskryf, omdat hy geglo het dis die moeilikste ding wat hy ooit moes doen. Hierdie ding, dat jy nie ag slaan op die boodskap nie, maar die boodskapper diskrediteer, is skokkend.”

Die Ahmed Kathrada-stigting het Sondag Zuma se uitlatings in ʼn verklaring veroordeel. Aldus die verklaring is die ANC-president se wanvoorstelling van die feite aan Suid-Afrikaners “ʼn slegte weerspieëling van Zuma” wat Kathrada se sienings van die hand gewys het as “dié van ʼn ou man wat sy verstand verloor het”.

Die brief en e-poskorrespondensie is op die stigting se sosiale media gepubliseer in reaksie op Zuma se onderhoud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.