Katlego Maboe eis miljoene se skadevergoeding

Katlego Maboe. (Foto: Instagram)

Die voormalige televisieaanbieder en akteur Katlego Maboe eis altesaam R4 miljoen in skadevergoeding van vier verskillende partye, onder meer sy eksvrou en haar broer.

ʼn Storm het in Oktober verlede jaar om Maboe (34) se kop losgebars nadat bewerings van ontrou en huishoudelike geweld teen hom op sosiale media aan die lig gekom het.

Die bewerings het daartoe gelei dat Maboe onder meer sy aanbiederspos op The Expresso Morning Show kwyt is en die OUTsurance-advertensies waarin hy verskyn het van die lug gehaal is.

Hy het ook in April vanjaar sy benoeming vir beste TV-aanbieder vir die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisie-toekennings (Saftas) verloor.

Maboe voer aan dat hy “sielkundige skade” gely het en eis nou R1 miljoen van elk van vier verskillende partye, insluitend sy eksvrou, Monique Muller, en haar broer, Seth, asook Sabrina Walters, stigter van die Women for Change-organisasie, en dr. Janet van Eeden, voorsitter van die beoordelaars van die Saftas.

Luidens berigte eis Maboe dat die skadevergoeding binne drie weke uitbetaal word. Sou daar nie aan dié eise voldoen word nie, sal hy amptelike eise instel vir verlies aan inkomste, sielkundige skade en skade aan sy goeie naam.

Maboe het destyds op sosiale media sy kant van die saak gestel en hoewel hy erken het dat hy ontrou was aan Muller, saam met wie hy ʼn tweejarige seuntjie het, het hy ontken dat hy haar mishandel het.

Katlego Maboe en Monique Muller in gelukkiger tye. (Foto: Instagram)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Misky ·

Daai Outsurance advertensie het my grensloos irreteer. So bly dit wys nie meer nie

Johan ·

Die huidige Outsurance advertensie is NET SO irreterend. Dankie tog vir afstandbeheer op DSTV.

Duck ·

Aag, komaan, gee die mannetjie sy geld, werk mos nou nie meer nie so sy dollars raak op

modiglianigirl ·

Siestog, rondloper hond sleep sy neus in die grond rond. Maar solank jy nou jou vroutjie se lyfie boelie nie is alles okay. Ontrouheid is mos okay. Jammer ouboet, as jy ‘n vroom gesiggie wil voorhou moet jy jou lewenswyse óók vroom hou. Ek sal nie te veel dreigemente en ultimatums rondgooi as ek met my broek om my enkels gevang was nie.

Tubac ·

Het seker die TV reeks Judge judy gesien. Probeer nou dieselfde truuks.

Brakanjan ·

Ek hoop hy wen. Van wanneer af word mens sommer net behandel of jy skuldig is voor dit bewys is. Is waar dat dit laag en gemeen is om jou maat te verneuk, maar dit het eintlik niks met jou werk te doen nie. Anders sou ‘n paar groot base al sonder werk gesit het…

piet ·

Stem saam, dis die aantygings van geweld wat hom sy reputasie gekos het. Hy moet hulle ry as dit onwaar is. Die verneukery is erg maar nie die eintlike issue nie al wat ‘n gender based violence organisasie het op die wa gespring met die geweldsaantygings.

Natasha ·

Ek hoop hy wen die saak! Monique moes nie haar vuil wasgoed op sosiale platforms gewas het nie! Sy was uit daarop om sy lewe te probeer verwoes en verdien nou wat haar kant toe kom. Dis net jammer dat ‘n onskuldige kind nou onder sy ma se wraaksig moet lei.

Tiptol ·

Watse bewyse het enigiemand dat hy sy vrou geslaan het? Hy het erken hy was ontrou, maar dit gee niemand die reg om hom sommer as ‘n vroueslaner uit te maak nie. Van die kommentaar is nie objektief nie.

Irene ·

Arrogant as jy my vra. Om jou partner te verneuk is ook emosionele mishandeling.

piet ·

Dit gebeur so gereeld dis alledaags. Die verontregte huweliksmaat kan nie eers meer skadevergoeding daarvoor eis in ‘n egskeidingsaak soos voorheen nie.

Jubba ·

Hoekom haal twak soos die enige voorblad is daar nie meer noemenswaardige nuus daar buite nie?

Irene ·

Stem saam met Johan, huidige Outsurance Advertensie is netso irriterend.

Suzette ·

Hoekom alles aan die groot klok hang vir almal om te hoor en vuil wasgoed in die openbaar was – aandagvraat….. REgtig!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.