Kattebak-moord: Saak uitgestel oor 2 se adresse

Wouter Beyneveldt (links) en André Oosthuizen in die Cullinan-landdroshof (30 Mei 2018). Foto: Phillip Bruwer

Wouter Beyneveldt (31) en André Oosthuizen (21) sal nog ʼn week agter tralies moet deurbring voordat hul formele borgtogaansoek kan begin.

Beyneveldt en Oosthuizen het Woensdag weer vlugtig in die Cullinan-landdroshof, oos van Pretoria, verskyn in verband met die moord op ʼn man wie se liggaam op 20 Mei in die kattebak van ʼn motor gevind is. Hulle staan tereg op aanklagte van moord op Craig Stephens (53), diefstal en dwarsboming van die gereg.

Hoewel die Sinoville-polisie die moordsaak ondersoek, word die saak in die Cullinan-landdroshof aangehoor aangesien dit nader aan die moordtoneel in Kameeldrift is.

Beyneveldt en Oosthuizen, albei oorspronklik inwoners van Kameeldrift, het verlede Dinsdag hul eerste verskyning in die hof gemaak waar hulle om regshulp aansoek gedoen het. Hul formele borgtogaansoek sou na verwagting Woensdag aangehoor word, maar moes uitgestel word aangesien hulle hul adresse wil verander, sou hul borgtogaansoek suksesvol wees.

Landdros Muso Chauke het die saak tot volgende week uitgestel sodat die ondersoekbeampte dié adresse kan bevestig.

Maroela Media het vroeër berig beamptes van die Tshwane-metropolisie het verlede Sondagoggend dié gru-ontdekking in ʼn kattebak van ʼn luierende motor gedoen.

Wouter Beyneveldt (links) en André Oosthuizen in die Cullinan-landdroshof. Die dame in wit agter die beskuldigdes, is Beyneveldt se ma (30 Mei 2018). Foto: Phillip Bruwer

Die voorval het omstreeks 08:00 in Montanapark, in die noorde van Pretoria, plaasgevind toe ʼn wit Jetta, Stephens sʼn, ʼn padteken getref en in die middel van die pad op ʼn verkeerseiland te staan gekom het. Dié ongeluk het op die hoek van Sefako Makgatho-rylaan en Calliandra-straat plaasgevind.

“Lede van die publiek het nader gegaan. Die motor het nog geluier, maar die bestuurder was nêrens te vinde nie. Hulle het toe die metropolisie ontbied en die motor is deur metrobeamptes deursoek – dit is toe dat hulle die man se liggaam in die kattebak van sy motor aangetref het,” het ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisie, destyds gesê.

Van Dyk het bevestig dat die slagoffer se hande vasgebind was en dat hy vol bloed was. Die moord is glo in Kameeldrift gepleeg waarna die liggaam verwyder is.

Beyneveldt en Oosthuizen is deur verdere ondersoek kort ná die voorval opgespoor en in hegtenis geneem.

Volgens die klagstaat is Stephens vermoedelik verwurg of dood weens aanranding.

Beyneveldt se ma en ander familielede was Woensdag in die hof teenwoordig. Sy wou geen kommentaar op vrae van die media lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werklik ·

Werklik, die doodstraf kan net terug gebring word. Voor 1994 was hierdie moor vir die plesier nie deel van die samelewing nie.

zoom zoom ·

Werklik. Sal jy nogsteeds so voel oor die doodstraf as een van die 2 seuns een van jou kinders kon kon gewees het.

Natus ·

Zoom zoom hoe sal jy daaroor voel as een van jou geliefdes vermoor word?
Doodstraf is die enigste oplossing vir SA se misdaad epidemie.
Nie net word die misdadiger gestraf nie maar toekomstige misdade word voorkom deurdat hy nie weer kan moor of verkrag na hy los gelaat word nie.
Dit sal sy maatjies ook laat dink voor hulle wil ontvoer, roof, verkrag of moor!

Carel Kat ·

Het dit al hier gevra, en vra dit weer. Wil julle mense regtig vir hierdie regering van ons die mag gee om ‘n lewe te kan neem? Ek dink nie so nie.

Wesley ·

Sorry Werklik, maar jy is verkeerd. Ons omtrent nou dieselfde as in 1970, met die hoogste piek in 93. Statistieke bewys dit. Maar dit is besig om te draai weer na n opdrand vanaf 2012 wat n probleem is. Maar al dit is nogsteeds skokkend en moet veroordeel word, al is ons net 1 moord in n 100 000 mense.

Irene Myburgh ·

Almal praat dat die doodstraf terug gebring moet word MAAR dink ‘n bietjie wat kan gebeur in vandag se tyd en vandag se mense aan bewind, volgens my nog ‘n manier om mense uit te wis. Dan mag hulle mos mense die doodstraf gee want kyk net hoe werk die wet vandag. Ek het ook gedink bring terug die doodstraf maar dan gaan van die verkeerde mense die doodstraf kry.

Dafer ·

Die doodstraf was nog nooit ‘n afskrik middel vir gruweldade nie. Die doel met die doodstraf was om iemand permanent uit die society te verwyder. Hoeveel ly die gestrafde – niks! Hy sterf net! Sluit hom op, alleen, met absoluut geen voorregte nie – straf hom. Hy moet lewe om te besef wat sy vryheid werd was.

Albaster ·

Doodstraf is beslis ‘n baie effektiewe afskrikmiddel. Dit is omdat daar geen erge gevolge is vir misdaad nie dat ons nou deur misdadigers verwilder word.

Veritas ·

Jy sou seker so gevoel het indien dit jou ma of pa was wat vermoor was, ook. Of dalk een van jou kinders. Of hoe?

Doodstraf ·

DOODSTRAF IS VERSEKER ‘N GOEIE AFSKRIKMIDDEL. Kyk asb tog meer na oorsese programme ook en nie na SA programme wat julle oordele besoedel nie. In die buiteland SMEEK mense om nie doodstraf te ontvang nie, soms gaan hulle ‘n ooreenkoms aan vir 100 jaar tronkstraf eerder as om doodstraf te kry, hulle erken hulle het moord gepleeg, hulle getuig teen ander, hulle sal DOEN wat hulle moet doen om LEWENDIG te bly. Daar is ‘n klein groepie vir wie die doodstraf nie skrikmaak nie. DIE PROBLEEM in SA is egter, wil jy hê ‘n REGSTELSEL moet daaroor besluit soos ons s’n wat een ou in die tronk toesluit vir 16 jaar omdat hy iemand skrik gemaak het in ‘n kis teenoor ‘n ander ou wat net om VERSKONING kon vra nadat hy ‘n vrou aangerand het? Regters en advokate en aanklaers wat openlik RASSISTIES teenoor minderhede is . wil jy jouself aan hulle onderwerp? Dit is die vraag. DOODSTRAF is verseker ‘n afskrikmiddel. .maar Vicky kry 2 jaar en die Tuks student kon om verskoning vra vir soortgelyke oortredeing … ja ek weet dis nie doodstraf nie maar dit is die MAAT waarmee die REGTERS tans in SA meet .. wittes sal hang vir die k woord en plaasmoordenaars sal verskoning mag vra.

Wesley ·

Nee sorry ook verkeerd, doodstraf is nie n afskrikmiddel nie. Die statistiek bewys dit tot in oorsee se programme. Baie doen dit en glo daarin want hul wil wraak neem namens die slagoffer of nie taksgeld wil mors nie (in die geval van n vinnige appel stelsel of n baie onregverdige regstelsel, anders sit die mense en wag vir jare), en dis ook okay as jy so voel daaroor glo ek. Dit is n gevoelens of politieke besluit om doodstraf toe te dien, nie n statistiek gedrewe afweermiddel nie. Daar moet n groot skuif wees in ons samelewing voor doodstraf of enige ander middel wat regstelsels kan mee opkom in SA sal werk. Was nog altyd n wrede samelewing hier…

Koos de Meyer. ·

Ek stem saam oor dood straf. Kyk maar in Botswana, hulle vat nie ‘n minuut se nonsens. ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand, daar is nie soveel kriminele dade daar nie wat staan nog moord.
.

Lana ·

Ek is glad nie ‘n voorstander van doodstraf nie – bloot omdat dit nie konsekwent toegepas sal word in SA nie.
Bou liewer nog tronke en verwyder alle kriminele WERKLIK lewenslank uit die samelewing.

Carlia ·

Met die omgedraaide wette van vandag is doodstraf ‘n “no-no”. Be carefull what you wish for. Die doodskis-twee sou gehang word.

TVA ·

Dit gaan nie oor doodstraf of lewenslange tronkstraf nie, maar of hoe en wanneer die straf gaan toegepas word. Dit vat jare en jare om te gebeur, kyk maar net wat gebeur met ons politici. Net Vicki Momberg s’n het gou gebeur omdat dit die “regstelsel” en die liberales gepas het. Wat van Edward Zuma en Julias?

Daan ·

Ja hulle sal doodstraf ook toepas soos hulle nou die ander sake se strawwe toepas in die land, net sekere mense sal doodstraf kry, en die ANDER!!! Sal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.