Keer dié aan wat betogings kaap, sê LUR

‘n Vragmotor is tydens die betoging in Barberton aan die brand gesteek (Februarie 2020) (Foto: Verskaf)

Gabisile Shabalala, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, doen ʼn beroep op die polisie om misdadigers in hegtenis te neem wat hulself as protesleiers voordoen terwyl hulle chaos in gemeenskappe veroorsaak.

Sy het gesê alle leerders in en rondom Barberton moet dadelik terugkeer skool toe, sodat opvoeding en leer dadelik kan hervat.

Sy moedig die polisie ook aan om seker te maak geen steen word onaangeraak gelaat nie om seker te maak wet en orde word weer herstel in Barberton en enige ander plek waar betogings aangemeld is.

“Ons doen ʼn beroep op gemeenskappe om hulself te distansieer van kriminele elemente en eerder met die polisie saam te werk om seker te maak dat dié individue aangekeer word. Ons kan nie toelaat dat individue, wat op chaos floreer, ons gemeenskappe verwoes nie. Die polisie moet die misdadigers aankeer.”

Die LUR het vroeër die gebiede besoek wat tydens gewelddadige betogings die afgelope paar weke geteister is, insluitend Emjindini wat Dinsdagaand aan die brand gesteek is.

Meer as 40 persone is tot dusver in Barberton in hegtenis geneem. Verskeie persone is ook in hegtenis geneem vir misdade wat elders gepleeg is.

Shabalala het die verwoesting van eiendom en die sluiting van paaie veroordeel. Sy doen ʼn beroep op gemeenskappe om die proses te respekteer wat tans aan die gang is wat betref dienslewering en ander kwessies wat aangeroer is. Sy het gemeenskappe daaraan herinner dat hulle ʼn reg het om te betoog, maar dat dit binne die omvang van die wet moet geskied en ander persone se regte moet respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Die wat eiendom so verwoes gaan seker ook Presidensiële kwytskelding van hul vonisse ontvang soos reeds gebeur vroeër vanjaar. Hulle vind ook simpatie by die minister van justisie. Mors van uitgawes, gekkespul.

Werner ·

Van wanneer af is hulle gepla of die leerders skool toe gaan of nie sy besef nie sy vra nou die on moontlike vd polissie nie hulle kan net monitor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.