Kelner dalk werk kwyt oor ‘rasherrie’

Die foto van die betaalstrokie wat Scott Magethuka op Twitter gedeel het.

Die foto van die betaalstrokie wat Scott Magethuka op Twitter gedeel het.

ʼn Kelner, wat die afgelope agt jaar by ʼn gewilde restaurant in Clifton in Kaapstad werk, kan moontlik sy werk kwyt wees nadat hy op ʼn betaalstrokie na sy kliënte as “twee swartes” verwys het.

Scott Magethuka het Sondag ʼn foto van die betaalstrokie, wat hy by The Bungalow-restaurant ontvang het op Twitter gedeel. Bo-aan die betaalstrokie word die tafel as “2 Blacks” aangedui. Magethuka se beskrywing van homself op sy Twitter-profiel lui: “20 years old. Black. Gay. YouTuber. Lover of good food and wine”. Hy was erg beledig deur die kelner se beskrywing van hom en sy metgesel as “2 Blacks”.

“The Bungalow in Clifton sien ons nog steeds op die kleur van ons vel,” het Magethuka op Twitter geskryf. “Ongeag van die ras, is identifisering van mense op grond van ras onaanvaarbaar en dit is wat my twiet beklemtoon het.”

Mike Dzange, ʼn Zimbabwiër en die kelner wat Magethuka bedien het, het intussen in ʼn onderhoud met eNCA om verskoning gevra en erken dit was verkeerd om die tafel só op die restaurant se stelsel aan te dui. Volgens Dzange het hy dit gedoen omdat die restaurant baie besig was en omdat dit hom gehelp het om nie deurmekaar te raak met sy tafels nie. Hy het gesê hy is nou baie spyt oor sy optrede.

The Bungalow het ook ʼn verklaring uitgereik waarin hulle Magethuka om verskoning vra en beklemtoon die restaurant het ʼn streng beleid dat daar nie teen klante gediskrimineer mag word op grond van ras, geslag, geloof of seksuele oriëntasie nie. Die restaurant het gesê hy het reeds sy elektroniese stelsel aangepas, sodat tafels voortaan slegs met tafelnommers geïdentifiseer kan word.

ʼn Interne ondersoek word ook gedoen en Dzange is intussen geskors. “Ons het nooit bedoel om aanstoot te gee nie en ons is jammer dat mnr. Magethuka hierdie ervaring by The Bungalow gehad het. Ons vra onvoorwaardelik vir hom en sy metgesel om verskoning.”

Magethuka het aanvanklik op sy Twitter-profiel gesê hy aanvaar nie die restaurant se verskoning nie, aangesien hulle hom nie direk gekontak het nie. Hy het egter Woensdag ʼn kort verklaring uitgereik en gesê hy het besluit om, in die lig van Dzange se verskoning, dit wel te aanvaar.

“Ek glo dat [Dzange] uit hierdie ervaring geleer het en nie sy optrede sal herhaal nie. Ek glo ook die interne prosedures, wat tans aan die gang is, is regverdig en dat Mike Dzange nie afgedank sal word nie, aangesien dit baie jammer sal wees, veral hierdie tyd van die jaar,” het Magethuka gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Cecilia Steyn ·

Ag siestog, sal “2 Whites ” dan ook “rassisties ” wees?

Jakes ·

Sjoe..edgy…liggeraak. Sy profiel sê baie van sy karakter…en almal verkeerd behalwe hy. Hul moes in Zim gaan eet het.

Anel ·

Ag nee regtig, die rasisme ding raak nou belaglik. Jou ras is mos “black” of “white” Wat se kleur is julle dan?

Nico ·

Stem saam Cecilia. Sal vir my ‘n kompliment wees! Te veel klem op politieke korrektheid…

Frik ·

Ja dan is die SAUK en al die media rassisties want die 2 mans van die doodskis episode is elke keer na 2 WIT mans na verwys. Dan moet hulle ook hul werk verloor en skuld die media ons n verskoning of is dit net rassisties as dit na swart verwys??

Liezl ·

Regterwaar, het dit jou geskend gelaat of doodgemaak? Daar is erger dinge in die lewe as dit. Wees dankbaar wie jy is. As jy so daaroor voel dan het jy nog nie vrede gemaak met wat jou kleur is nie.

snoefie ·

die kelner moes beter getel het. hulle was drie swartes. hy sy metgesel en sy ego.

De Villiers ·

Dan moet swart ekonomiese bemagtiging ook nooit meer gebruik word nie, want dit verwys spesifiek na wie as swart geklassifiseer word, en die voordele wat hulle ontvang. As hulle dan nie meer swart is nie, wat is hulle dan?

Liendempers ·

Ek wonder as die kelner blank was of hy nogsteeds sou hoop dat hy uit die ervaring leer en nie afgedank word nie? Feit van die saak is dat daar wel kleur verskille is. Ek verstaan nie die probleem om na die tafel as “2 blacks” te verwys nie. Dit kon net sowel “2 whites” of “2 asians” gewees het. Dit het op daardie stadium die kelner gehelp om sy werk te doen. Dit kan nie altyd gesien word as rassisme of n belediging om na n persoon se velkleur te verwys nie. Kan ons nie maar net oor die hele black/white issue kom nie????

Jaco ·

Sou die situasie omgedraai gewees het! Sou 2 wittes die selfse gereageer het?

Thelma ·

Is hy skaam oor hy swart is? Wou hy as “Mr Handsome” beskryf word???

Thersia ·

Haal die woord black uit die woordeboek uit. Vervang dit met silver of iets. Kom ons kyk hoe lank dit vat vir hulle om ‘n probleem daarmee te hê. Ek neem aan dit sal omtrent 7 dae wees…

Apie ·

Ek dink hulle moet self besluit watter kleur by hulle pas waarmee hulle tevrede sal wees. Belaglik!!

CL ·

Dis tyd vir ‘n gesprek oor die definisie van rassisme net soos dit tyd is vir Europa en die VSA om te praat oor die definisie van ver-regs. Hier by ons spring massas op die histerie kar as iets net ruik na ras. Die kelner het waarskynlik voorheen op die stelsel “white, indian, 2girls” ens. gebruik om sy tafels te onthou en dit nie rassisties bedoel nie. Nou word sy reputasie en toekoms bederf omdat iemand hom nie voorheen reggehelp het nie. Ek wonder hoe die “2 Blacks” die som gedoen het om uit te kom by rassisme teenoor swart persone deur ‘n swart persoon?

Maryna Stoltz ·

Rerig?? Die ou soek wragtig net sensasie. Flippit kom by man. As jy WIL moeilikheid maak SAL jy iets kry. Ek bid vir daai kelner dat hy NIE sy werk sal verloor nie. Dit is kleinlik. Absurd. Stupid.

Adeline ·

Tog soo sensitief… Hulle blyk baie fyngevoelig te wees as daar na hulle as ‘swart’ verwys word. Ek is trots wit

MH ·

Hulle sensitiwiteit en fyngevoeligheid ontstaan uit ‘n gevoel van minderwaardigheid.

Veronica ·

Verstaan nie hulle probleem nie. Is hulle dan nie swart nie. Watter woord gebruik hulle dan om hulle kleur te beskryf.

pieterdp ·

Daar is nou n duidelike bewys dat die swart mense hul self so sleg bestempil dat hul nie eers as n swarte mens bestempil wil word nie. En dit het daai persone self gewys. Nie n blanke of ander ras nie . Hul self as swart mense.

Genade jou mede volk swart of wit of geel of bruin, jy moet trots wees op jou self en jou nasie. As jy nie is nie dan moet daar sowaar baie erinstag na gekyk word.

Jan ·

Hierdie hele rasding raak nou absurd verby, werklik. Daar is mense wat fyngevoelig verby is, ‘n chip op die skouer het, of net skree om aandag te trek, veral aandag skree, omdat die media en die ANC reageer.

‘n Swart werker het in hierdie geval ‘oortree’ maar die mense met die aanklagte storm net voort.

Gister koop ek ‘n elektriese toestel by ‘n groot afdelingswinkel, een van die heel grotes in Suid-Afrika, ek bel hulle daarna en gesels met ‘n persoon by hul transport afdeling om oor die aflewering te gesels, na ‘n tyd bel ek weer, die persoon , ‘n swart dame wat die telefoon antwoord, dit was nou by die skakelbord van die transport afdeling, vra of ek vroeër met ‘n swart persoon, of ‘n wit persoon gesels het.

Lindie ·

Ek wonder hoekom as die woord hom so pynig hy dit op sy youtube homself as: BLACK beskryf? Huigelaar! Hy het waarskynlik gedink die persoon wat hom as swart geklasifiseer het blank was? Wonder hoe vul hy sy enige aansoek of applikasie vorms in? Ons moet dadelik die eienaar van “black like me” in kennis stel, hy racial profile sy kliënte en dit is onaanvaarbaar. Ek weet nie hoe hulle met “black lives matter” gaan maak of “black bussiness association” nie? Buiten dat hulle na hulsef verwys as black. Die voortvaarentheid vd jeug. Dan het hy nog die vermeetelheid om te noem dat die foto wat gebruik is, darm ‘n goeie een was! Ek persoonlik sien nie fout met die klasifikasie nie, hy is bedien op ‘n waardige wyse sonder om uitgesonder te word vir sy kleur, sou dit kwaadwillig gewees het was dit regverdig. En die hoeragie oor niks!

oumie ·

Ek het gedink dit is helse grap toe ek sien die kelner is ook swart sorry maar nou wil ek weet waar trek mens die streep en nee nie n wit streep nie

Johan II ·

Lag my n pappie…hahaha…noem dit nou maar die “B-woord”….hahahaha…klomp snaakse mense (mag seker nie dom sê nie, wat van intellektuel gestremd?). Piet het my n witmens genoem nou is ek kwaad vir hom, en moet hy gestraf word…hahaha.

Irah ·

Verwys met die grootste liefde na my en my hele familie as “table of whites” Mnr Dzange – ons sal geensins beledig voel of wees nie. Ons is redelik gemaklik met wie en wat ons is.

MH ·

Die verskil is: Julle ly nie aan ‘n massiewe minderwaardigheidskompleks nie.

Erf Wetter ·

Siestog. Cry me a river. Dat ‘n 20-jarige “nobody” se onbeduidende ervaring nou nasionale nuus moet wees?

Rina ·

So jammer dat iemand se ego daartoe gelei het dat ‘n kelner nou sy werk kwyt is. Soos Mnr self sê, veral dié tyd van die jaar.

Nico ·

Hopelik net geskors. As hy wél sy werk verloor, bewys hy dat die menseregte pendulum té ver na links geswaai het

Ig ·

Die herrie en storm sou hondervoudig gewees het as die kelner wit was.Pateties verby

Janneman ·

Give that man a black label en offer hom sommer n job wat meer betaal? :-)

Jan ·

Dalk is dit nodig dat daar wetgewing moet wees wat verseker dat alle ander rasse respek vir swart mense het.

Steek dit ANC en al wat swart mens is in jou pyp en rook dit.

Annie ·

So met ander woorde… die woord “black” is rassisties…??? Een van die dae het ons n nuwe woordeboek wat “black” en “swart” nie sal bevat nie… Belaglik!!

Jan ·

Pragtig man, ek sien Helen Zille het op Twitter tot die rasherrie toegetree. Sy het daarop gevra waarom is dit OK om by die aansoek van werk mense te vra dat hulle hul ras aantoon, maar dan is dit ‘n probleem as dit op ‘n betaalstrokie by ‘n restaurant getoon word.

Renette ·

Wonder wat hy sou gedoen het as fie kelner geskryf het “2 guys”?

martie ·

Eks nie snaaks maar as jy wit is is jy wit as jy pienk is is jy pienk maar asb moet net nie swart se nie hoekom nie die hele rasisme ding raak een helse siek saak

Deon ·

Die klaer is n onvolwasse 20 jarige gay man wat sensasie soek……die probleem is…..hy het dit gekry…..en almal betrokke wil nou onderstebo buig om die vent te akkommodeer……ek se eerder net niks….

Penellope Jones ·

Belaglik en kinderagtig verby.
Hulle kan tog nie ontken wie hulle is of dit wegsteek nie.
Klink baie na ‘n soeke na sensasie.

Dion Els ·

Ag nee regtig nou, die hele rassekwessie raak nou afgesaag , vervelig en kinderagtig. Dink daar is baie dom en nikswerd mense wat regtig net op sosiale media rondle om sulke goed op te soek, get a room asb

Ou Erdvark ·

Ek voorsien dat die dag gaan aanbreek dat Suid-Afrikaners perdoogklappe en mondstroppe gaan dra en nie met vreemdes sal wil kommunikeer nie uit vrees dat jy die een of ander moontlike nano-aspek van die Grondwet of Handves van Menseregte dalk en moontlik mag oortree of aan een of ander vorm van versuim of nalate skuldig mag wees. Jy sal oogkontak vermy uit vrees dat jy aangekla sal word van die een of ander vorm van inbreukmaking op die andere se regte of “harassment”. Hoe meer mense op aarde, hoe meer dinge en hoe meer aktiviste oor haas elke ontelbare onderwerp. En die Handves op Menseregte kan op miljoene maniere geinterpreteer word want dit is ook maar net ‘n geskrewe werk vatbaar vir verskillende interpretasies.

Gelukkig het ons varkerasies nie sulke probleme nie. Sela.

al ·

Belaglik! Rassisme word net geskree wanneer dit hul pas en wanneer hul in n slegte lig geplaas word deur te steel sonder om te betaal! News 24 blaas wit sogenaamde rassistiese uitsprake aan deur behoorlike nuusdekking te plaas, ek neem hulle kwalik. Wanneer n swarte uitvaar teen wittes is hul stil. Johnny Double Black whisky moet seker ook aangekla word! Black Empowernment is volgens my dan ook rassisties. So ook Black Business Forum. En n aansoekvorm vir werk wat die ras ingevul word, moet verban word! Dis ook rassisties!

Alfonso ·

Inderdaad raak die raskwessie is SA buite beheer en doodgewoon belaglik. Die arme swart kelner is geskors en loop gevaar om sy werk te verloor. Die rede? Ingebore haat en vergelding. Kan daar nie maar net hande geskud word en vorentoe gestap word nie? Daar kan nooit harmonie in ons land wees nie. Dit word net erger.

Ronel ·

Ag asseblief tog. Kom net oor dit. Pienk, wit swart geel groen. Wat maak dit saak!

ada ·

En? Is hy skaam vir sy kleur? Kom net by asb. Gaan na midde Afrika as jy ontuis voel oor jou kleur hier. Jou velkleur gaan nie verander nie so verander jou “attitude” want dan saljy dalk n vol lewe jan lei. Die wereld skuld jou niks.

E ·

Scott is defnitief nie swart nie, hy is bruin. Sy profiel en die strokie is foutief. Dis ń kwessie van kleur. Die kleur wat ń normale oog sien sal nie dieselfde lyk vir ń persoon wat kleurblind is nie. Baie mense vandag is kleurblind. Dit is ń mediese toestand wat ongeneesbaar is, nie ń opsetlikke fout nie. Dit blyk of Scott en die kelner ly aan dieselfde toestand.

Sputnik ·

Hulle het nie dalk twee Jack Blacks bestel om te drink nie?

Wieookal ·

Haha, Sputnik, ek het nogal aan dieselfde ding gedink. Sal nie verbaas wees nie

Wieookal ·

Smaak my hierdie kliente by die restaurant het meer as net daardie issue. Hulle soek aandag….. dis tog vanselfsprekend…….

Genoeg ·

20 years old, BLACK, Gay, Youtuber, Lover of good foods and wine. Verstaan ek nou glad nie waaroor die hele bohaai gaan nie of is ek die enigste dom witte hier rond? Hy noem hom dan self: BLACK. Genate, hoe ouer ek raak hoe dommer maak die mense my.

Kobus 4e ·

Genoeg , ek verstaan ook nie, hy beskryf homself as Black, maar het n probleem as ander dit doen??? Wonder wat hy sou gese het as die kelner “Gay” geskryf het, of youngster of enige iets anders

Pieter ·

Wat ek totaal onaanvaarbaar vind is die publisiteit wat Kyknet in hul nuus gisteraand daaraan gee. Hoekom is dit nuuswaardig as dit nie gewoon oor sensasie gaan nie. Kan Kyknet verduidelik waarom hul so gou op die rassewa spring. Ek verwys ook na die berig oor Saldanha! Witmense word in ons land vermoor, kan nie werk of studiegeleentheid kry nie. Daarin is geen rassisme nie en dit haal ook nie die nuus nie. Maar bewaar jou as jy iets sê oor swart mense. Kom ons staak hierdie dubbele standaarde (oftewel huigelary).

Moeg ·

Lyk my die 2 lei aan n kompleks, is hulle swart of nie ?????? Sou geen verskil gemaak het of hulle pienk of geel gewees het nie . Ek weet ten minste wat my kleur is …… baie trots daarop !!!!!!!

Moeg ·

Nie eers komentaar die moeite werd nie . Absoluut belaglik!!!!!! …..iemand moet asb vir stortkop verduidelik wat die betekenis van rasisme werklik is .

Drikus ·

Kom ons sê dit. Die ou het sekerlik nie gedink dit sou uitkom dat die kelner ook swart was nie. Mag sy gewete hom sterk genoeg pla, sodat hy die restaurant sal versoek om nie die arme kelner af te dank nie. Hy en baie van ons sou nie vis en skyfies vir R 160 kon bekostig nie. Regtig, die ou behoort hom te skaam vir sy absolute kleinsieligheid.

Jan ·

Dit sal nou baie, baie interessant wees om te sien wat maak die menseregtekommissie met hierdie ene. Miskien is dit die een wat die mense tot hul sinne sal roep. Dan moet dit nou beoordeel word teenoor hul vorige bevindings. Dalk sal ons nou sien watter riglyne vorentoe gevolg gaan word as die pot vir die ketel sê hy is swart! Ook die doodkisgeval. Eintlik moes mens al hierdie goed in die grondwethof laat besleg, dat die grondwet vir ‘n slag tot verantwoording geroep kan word. Maar ek sal nie asem ophou as ek na die howe se uitsprake oor taalminderhede kyk nie.

Justice ·

Binnekort sal die All Blacks onder `n skuilnaam moet toer in Suid Afrika

Tjaart ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie. Miskien is ek onnosel. Maar is die persoon wat die ouens bedien het, nie self ook ‘n swart man nie? Hoe is dit rasisties of is dit nou om die restaurant te blammeer sodat daar dalk n geldjie kan uit betaal word? Ons land is in sy moer.

Allan ·

Perhaps, in future, they should be referred to as “very off white” rather than black. Perhaps government should ban the word “Black” or the human rights commission issue a statement prohibiting the use of the word to describe Race. On most official documents requiring you to specify race the choices are: White, Black, Coloured, Indian, Asian or Other. Perhaps “Black” should be replaced by “Other”.
If only our STUPID politicians would get their snouts out of the feed-bowl and stop their own racial rants, the country will do just fine.

Elsabe ·

Kyk vanoggend in Beeld opskrif: Zuma mag mos maar se WITTES!!!!!

Leendert ·

Jip, net solank hy wittes die vark in die verhaal kan maak, soos nou al vir jare, dis sy ‘forté’, hy impliseer ook daardeur dat apartheid dan sal terugkom, so maak gogga nou vir baba bang. Dis niks anders as ‘white bashing nie’.

reti ·

Ek kyk nou na daardie strokie. Pryse bietjie hoog. Dink hulle moet paar kliente wat dit bekostig met alle mag en krag beskerm.

Jan ·

Dis omdat dit Clifton is, dit stoot die pryse op en omdat dit ‘n gewilde eetplek is, as die pryse laag was, het niemand daar opgedaag nie, of dalk net wittes.

Antie ·

Ek sou eerder gemoan het oor die prys van die vis en chips @ R160-00 (as ek reg lees op die strokie) het hulle dan “goue vis en chips” geëet? :)

Sue ·

Dis Kerfees en n persoon kan sy werk moontlik verloor oor hierdie nonsens.

Jane ·

Dit is nou absoluut belaglik. ‘n Man van kleur wat iemand anders identifseer as 2 swartes is nou rassisties? As dit ‘n witte was, was hy reeds aangekla en het almal klaar die Restaurant geboikot, maar ek se steeds dit is absoluut belaglik. As daar 2 whites op die strokie gestaan het sou dit glad nie vir my rassisties wees nie, dit sou ook nie enige aanstoot gee nie, want dit is die kleur wat ek is. Op die ou einde baklei die mense van kleur onder mekaar oor wie die swartste/ligste/bruinste is? Dit ruk totaal hande uit .. ek glo die ou het gedink dit is ‘n wit kelner en moes toe maar voortgaan met die klagte toe hy sien die kelner is swart. Siestog .. seker gedink hy gaan weer ‘n paar rand uit die deal uit score .. Hoe langer mense hieraan aandag gee, hoe meer gaan dit gebeur .. dit is B E L A G L I K. Get over yourself, you are black .. I am white . Indians are Indians, Coloured people are brown, Asian people are Asian, sou AFRICAN beter gewees het?

Johanna Botha ·

Die mense voel skaam oor hulle kleur …moet erg wees !

Skybird ·

Wonder of mr B ooit vir die ete betaal het, of is dit as ń free-bee ingegooi as deel van die nederige verskoning! Black like the Night, of gaan die Son 24/7 kan skyn

andre ·

Ek het die bedrae op daardie strokie opgetel. Dis meer as R700. En dit net vir n ete vir 2. Hierdie 2 mense moet eerder trots wees op hulle ras, want dis aan hulle “regte” ras en regstellende aksie te danke dat hulle werk het wat genoeg betaal dat hulle so n duur ete kan bekostig.

LV ·

Hierdie arme kelner verloor nou al die fooitjies wat hy kon maak en seker gebruik vir sy kinders se skoolfonds of iets omdat iemand -wat homself as swart beskryf- nie daarvan hou as iemand anders dit doen nie! Hoe maak mens n rekening oop om die kelner uit hierdie belaglike snert te help? Ek is sowaar diep teleurgesteld in die restaurant se bestuur!

E.K. - ek sê net! ·

Ek is min gepla of mense my as wit klassifiseer. Ek is trots daarop. Swartes…er… skuus tog – die teenoorgestelde van wittes, moet ook trots wees op hul velkeleur. As jy trots is op jou velkleur sal dit geensins pla as mense as sulks na jou verwys nie.

sarie van heerden ·

As iemand by my ‘n kriminele daad pleeg en ek moet ‘n beskrywing van hom gee moet ek dan se ‘n pers/pienk/groen ? Ek sal nie skroom om te se hy is wit as hy wel wit is nie want ons is gelukkig in ons vel.

sarie van heerden ·

Dis tyd dat swartes geleer word om nie skaam te wees oor hul velkleur nie want niks kan dit verander nie.

ada ·

Lyk my hulle is onseker oor die kleur van hulle vel. Vra hulle watter kleur hulle is of verkies om te wees. Die resraurant het nie die rugraat gehad om iemand wat so lank by hulle werk te ondersteun nie. Boikot die restaurant sou ek se.

ben ·

Die restaurant het geen integriteit of rugraat nie. Hulle is lamsakke.

mike ·

Die restaurant is aasvoels. Vir hulle gaan dit net oor geld en het geen moraal of integriteit nie. Lamsakke sonder rugraat.

peter ·

Pers is mos die nuwe swart. Skryf in die vervolg pers. Vra vir die US hulle sal bevestig dat pers die nuwe swartis. Veral De Villiers sal dit kan bevestig.

Johan ·

Hy se mos hy is trots gay volgende keer noem hom pink lady……as ek daai eetplek was het ek hom verbied om sy voete weer daar te sit saam sy ego… pure sensasie soeker..

sarie van heerden ·

Dankie, Peter, uiteindelik weet ons nou wat verskillende rasse se kleur genoem kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.