Kempton Park-leerder rand klasmaat in badkamer aan

‘n Leerder van Hoërskool Kempton Park rand sy klasmaat in die skool se badkamer aan. (Foto: Skermgreep)

ʼn Video van twee leerders wat mekaar in ʼn skool se badkamer pak, het Dinsdag die rondte op sosiale media gedoen.

In die video kan gesien word hoe een seun ʼn ander teen die badkamer se vloer druk en sy kop herhaaldelik met die vuis bykom. Daarna skop hy die ander seun met sy knie in die sy, gooi hom in die lug op en skop hom weer waar hy op die badkamervloer lê.

Die seun wat die slaanwerk gedoen het, was oënskynlik ontsteld omdat die ander seun met sy meisie gesels het en vra herhaaldelik: “Wat soek jy met my meisie?”.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die seuns is albei in graad nege aan die Hoërskool Kempton Park in Gauteng.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Woensdag die skool besoek. Volgens die skool se bestuur het die voorval reeds verlede Woensdag plaasgevind en is dit by die departementele distrikskantoor aangemeld. Lesufi sê die leerder sal binnekort dissiplinêr verhoor word. Die leerder wat aangerand is se ouers het ook reeds ʼn klag van aanranding by die polisie gelê.

“Ons glo dat hierdie ʼn geïsoleerde voorval was en dat die skool en beheerliggaam ten volle in beheer van die saak is en dit vorentoe reg sal hanteer,” het Lesufi gesê.

Francois de Kock, Hoërskool Kempton Park se skoolhoof, het Woensdag gesê die skool keur die voorval ten sterkste af. “Ons is ʼn skool van hoë morele waardes en ouers moet met ʼn geruste hart voel dat hulle hul kinders na die skool kan stuur,” sê De Kock. “Ons sal hard werk om hierdie insident aan te spreek sodat die skool van krag tot krag kan gaan en elke leerder die geleentheid het om sy beste potensiaal te bereik.”

De Kock sê die skool sal terreindiens opskerp, veral by die badkamers, en die leerders beter bewus maak van die gevare van sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Sandra ·

En die kind wat die video gemaak het en diegene wat toe gekyk het? Hoekom word hulle nie ook aangetree nie? Hulle is net so skuldig.

A ·

@ Sandra, dit klink dalk nou vreemd, maar met die video is daar bewyse?
Anders is dit net die arme kind se woord teen die ander ou (wat alles sal ontken).
Die seun wat so geslaan het, is darem baie insecure oor sy ‘meisie’ – maar ek weet dit is Gr 9 en die testosteroon is besig!!

Debbie H ·

Die kind wat die video gemaak het en die kinders wat toekyk is VERSEKER ook skuldig. Hoe op aarde kyk jy hoe een kind ‘n ander kind so boelie sonder om in te gryp alternatiewelik hulp te gaan soek? Die seun se rug kon gebreek gewees het. Nee jinne, SIT NEER DIE FOON EN HELP!

Lindtjies ·

Niks anders as ‘n boelie nie. Sulke mense is baie onseker van hulself en moet altyd iemand boelie om hulle beter te laat lyk. Dit lyk ook nie of hy veel vertroue in sy meisie het as hy kwaad raak omdat iemand anders met haar gepraat het nie.

Andrea van Vuren ·

Hoekom word die kinders se ras weerhou? Dis moeilik om te begryp en te verstaan. Verband die gemors uit die skool hetsy wit of swart!

Eish ·

In my dae was dit doodnormaal dat ‘n ou ‘n ander mannetjie regsien wat hy dink met sy meisie lol. Maar ek het vergeet: die nuwe normaal is dat elke kind mos ‘n professionele videograaf is. In plaas van die twee uitmekaar te probeer hou, neem ek mos eerder ‘n video sodat ek die nuwe held der helde kan wees.

Tinkie Nagel ·

Ek stem 100% saam, vandag se kinders is te groot vir hulle skoene en het baie min waardes

Johan ·

Slapgat kinders en ouers en sg. “sosiale media” is die grootste gemors van ons tyd. In my skooldae het seuns mekaar uitgesorteer, met ‘n vuis of twee as dit moet. As ‘n meneer jou vang was dit ‘n goeie pakslae vir beide en dit was die einde van die storie. Daai dae was kinders nog kinders, en seuns was nog seuns!

Jollies ·

Ek stem saam dat kinders en grootmense sosiale media misbruik vir hul eie ego!!! Dit was in ons tyd dood normaal om mekaar uit te sorteer!! Die BOELIE ding word oordryf in my oë!!

Andre ·

100%
Ons het mekaar bygekom en dan is dit verby. More is ons tien teen een groot pelle… Maar bygese, na die “banie” het ons ‘n helse pakslae gekry… Vandag se goverment steek hul neuse oral behalwe waar die regte probleem le. bring terug lyfstraf en leer kinders dat jou aksies nagevolge het. As die laaities mekaar opwen, dis presies wat dit is, laaities. Nie een wat die ander met ‘n mes gesteek het nie. Vir ons was dit ook maar normaal om so nou en dan ‘n “rol” te sien of selfs te he.

bokkie ·

Dissiplineer sommer die laaitie wat KV hou daar in die agtergrond ook.

colleen ·

Die knaap kort leiding van sy ouers. Waar in jou lewe het jy gehoor ‘n ander seun mag nie met ‘n meisie praat wat in ‘n verhouding is nie? Hy besit mos nie die meisie nie. Hy het nog baie om te leer. Opvoeding begin tuis.

Hendrik ·

Ja hy besit haar nie en as hy wel so dink, gaan ‘n meisie nog een of ander tyd sy volgende slagoffer word.

Peper ·

Dink ek nou terug toe ek ook met die die skool se grootste lat se meisie gesels het… Hy wou ook slaan, maar ek het hom stip in die oe gekyk en gese hy moet dan maar slaan sodat die hele skool kan sien wat hy is… Niks gekom daarvan verder nie…

Sussie ·

Dis boelie om iemand anders name te noem – dit kan dalk die rede vir sy optrede wees.

JohanR ·

Begin al vroeg pere gooi oor ‘n meisie…. Ai…. ek onthou daai dae. Ek was soe sewe, en haar naam was Angela met mooi blonde hare. Maar Martin het ook sy oog op haar gehad, toe swaai ons maar pere. Dit was die goeie dae toe jy nie ‘n mes of ‘n geweer uitgepluk het nie. Kan nie onthou na al die jare wie gewen het nie, maar Angela het ‘n ander ou gekies, en ek en Martin was uit. Maar daai ou in hierdie storie lyk groot. Seuns badkamers by skole is ook nie vir sissies nie.

Patch ·

@JohanR – Twee honde baklei oor ‘n been, die derde gaan daarmee heen ….. ☺

Niklaas ·

In my lewe het ek al heelwat onoffisiële boks gevegte gesien , en feitlik almal was oor ‘n vriendin, meisie , dametjie. Kyk net na die gevegte tussen mannetjies diere op Nat Geo kanaal (leeu , seekoeibul , rooibokram ens.) Dis nie juis anders nie. Meningsverskille en geskille van daardie aard word maar altyd besleg met ‘n bietjie geweld. Dis hoe die lewe is ! Ek was al dik getik oor ‘n mooi poppie , ‘n ander ou se geliefde meisie. Ek moes maar die straf aanvaar. Het mos gesoek daarvoor.

Doc ·

Hou die boelie en sy ouers verantwoordelik vir alle mediese kostes indien daar sou wees.

lizzi ·

Waar is die goeie ou dae? Hy sou die pak van sy lewe gekry het.

Johan ·

Schools should take a “No Tolerance” attitude against any kind of violence in schools!

In order to create a safe environment, the head of the school should also be suspended and charged with failing to carry out his or her duty as head of the school. It is time everyone realise that one should take accountability for your actions as well as your failures.

Emma ·

Ek wens hy was my seun pak sal hy kry en niemand sal my voorskryf nie. My kind het hulle altyd in die bussie gespot was hy maar in graad 1 tot ek besluit genoeg is genoeg en vir hulle vertel waar dawid die wortels begrawe het en nooit weer het hul n woord gerep teenoor hom nie. Sulke nonsens duld ek nie.

Tante ·

Ek was n vet dogtertjie in n plaasskool ek is gespot geboelie deur maer dogtertjies, eendag het ek geknak van seer ek wou nie meer skool toe gaan
Ek was so woedend ek het my skooltassie deur daai dogtertjie se gesig gevee dat bloed spat. Volgende dag laat kom hoof my ma dogtertjie se pa was gou by hoof omdat sy kind so geslaan was. Mya het net gese as hulle my nie so gespot het nie sou ek dit nie gedoen het nie. Dot was laaste van spottery.

James ·

Lyf straf is verban en nou kry hulle net berading. Moet se Lefusi is vinnig daar. Hulle hou sy kar en GPS warm om te jaag na wit skole.

Anoniem ·

Ek dink die ouers her reg opgetree deur ‘n saak van aanranding te maak. Ek sou ook as ek in hul skoene was.

SjN ·

En Lesufi haas hom daarheen, gebruik weer die lat en alles is op n end.

gindra ·

nee ek in n pa
was ook op skool
moes ook myself verdedig
seuns gan en sal altyd fight oor iets
ek is net nie so fyn gevoelig nie

Dink bietjie mooi ·

Hoeveel van ons het die afgelope paar weke na bv. 7de Laan op SABC 2 gekyk? Dis insident met Olivia en “Brummer”. Dit is die voorbeeld wat deur die media aan ons kinders vertoon word. Dit word aanvaar, lyk vir ander “cool” as jy vir jou meisie baklei. Dis nie die skool, onderwysers of selfs die gemeenskap wat moet ingryp nie. Dis OUERS wat hul kinders moet opvoed, leer wat aanvaarbaar is, en wat nie.

AmY ·

Ek was 30 jaar gelede in martiek by Hoërskool Kemptonpark, en is óók daar geboelie, omdat ek geen maats gehad en ñ eenkant kind was. Ek het pouses in die mediasentrum gaan ‘wegkruip’ omdat ek gevrees het dat ek dalk om ñ hoek in hulle kon vasloop.
Mens herstel nooit volkome as jy geboelie was. Ek was verbaal geboelie, maar dis net so erg soos om fiesies geboelie te word.
Lyk my dis nog steeds vrot van die boelies daar.

Elaine ·

Dankie Se net. Jy se presies wat ek wou sê. Die mense wat hierdie aaklige boelie kommentaar lewer. My vraag is. Lees julle kinders dalk wat julle hier sê.

Magda ·

Ek is geen boelie nie -is 58 jaar oud, maar moeg vir sulke “boelies” soos die een wat ander kinders moet verkleineer om GOED te voel. Duidelik het HY n baie emosionele probleem = SHAME.

Thinus ·

Ag genade, dis ‘n gewone skool fight. Ons het baie daarvan gehad. Maak jou’ n steker mens. Hou op om slapgat seuns groot te maak deur ‘n helse bohaai op te skop oor niks. Daar is groter probleme om oor te worry as’ n skool fight. Rerig mense.!

Gollie ·

Ja jy het seker nie kinders op skool nie dis hoekom jy so voel.

Besorgd ·

En sou jy iets ander sê sou daai kind iets oorkom? Wat sou jy sê as daai spesifieke aksies lei tot ‘n onskuldige kind se dood?

Cindy ·

Dis hartseer dat ander staan en kyk hoe so iets gebeur, hoe staan jy en vat n video van so geval is daar niks binne jou wat vir jou sê ek moet die stop nie? Ek is bly die seun se ouers het n saak by die polisie gaan oop maak. Mnr de Kock jy kon ons as ouers gewaarsku het, jy het die stil gehou vir n week. Weet jy hoe skrik n mens as jy laat weet word van n voorval (wat ek nog nie geweet het was n week terug nie) as ek my seun nie eers n uur terug by die skool afgelaai het vir sy eksamen nie. Nee man!!

Doc ·

Hou die boelie en sy ouers verantwoordelik vir alle mediese kostes indien daar sou wees.

Verkeerd ·

Boelie is n lelike ding moes my dogter vandag uit skool verwyder na n boelie haar aanhoudend aanrand laas week n saak opgemaak seun is 12 sy 10 in selfde klas die hoof se net sy hande is afgekap het dit opgeneem vandag tot by die MEc sal sien wat gebeer anders sal ek maar die seun en sy pa gaan boelie tot hulle luister tot onderwyser se veslae gegee het onderwyser geklap dat haar brille daar trek ander een met n krietket kolf bygekom en ander een met n besemstok hierdie is nie n storie nie dis feite

Dorpenaar ·

Ag nee man.. in die ou dae het die kinders mekaar ‘pakslae’ gegee, of ‘n les geleer.. ek wil graag glo dit was so… As iemand durf waag het om onregverdig te baklei is hul getreiter om op hul eie grootte te Pik. Ek stem saam dat dié wat videos neem terwyl iemand aangerand word, en nie help of hulp soek nie, hul ook skuldig maak. Deesdae is dit baie moeilik om opinies te opper vir grepe uit videos en hoorsê stories. Klein outjies kan ook groot outjies sielkundig boelie,,

Mel ·

Ja ek stem saam. Oorgewig mense en kinders word die meeste geboelie. Asof maker mense al mense is wat kan bestaan. En oorgewig die aartse sonde is. As onderwyseres hoor ons daagliks dat kinders wat oorgewig is geskel word.

Dirk ·

Hulle het nie meer ‘n fietshokkie nie, want hulle het seker alma motors.

Ag dis nie so erg nie. Ons het mekaar gereeld opgevoeter oor Chev en Ford, Nat en Sap en ek en almal van my skool het ‘n dood gewone lewe en nie een is of was in die tronk nie.

Die groot problem is die fotograwe!!!!

dave ·

leiding van ouers gan nie werk nie die kinders van vandag het net geen respek en niks maniere nie dis al tronk is die beste medesyne vir die jong klomp hulle het dan nie eers meer rispek vir hulle ouers nie pos daai mannietjie lat hy gan

Stut ·

Hoop die mannetjie presteer ook so goed op die sportveld as in die kleedkamers.

Anoniem ·

Gelukkig was ek so lelik dat niemand my wou slaan oor n girl.

Anoniem ·

Lyk my vandag se seuns kort so bietjie bloufiterjoel in hulle koeldrank om daardie testosteroonvlakke effens te beheer. Kinders en veral seuns is in die moderne sameleing heeltemal té wulps…

@anoniem ...Joke! ·

Daar is n verskil tussen n klap en om iemand WWE te smackdown en knie in die gesig soos n skopboks vegter toe te doen..Mense gaan dood oor een hou soms..Se my as dit jou kind is wat so aangerand word wat sal al jul ouens en vrouens wat so se dit is normaal en goeie ding dan se? Jy staar manslag klagtes in die gesig sou daai kind sterf.Daar is n groot verskil tussen n klap en wat die logge knaap doen…Wat gaan aan met jul mense? Genade ek kan nie sulke boelie mentaliteit vat nie.. Mense wonder hoekom sommige kinders knak en met messe en pistole skool te gaan en los trek…Dink mense dink…as jul kan…Die logge knaap moet uitgegooi word en n voorbeeld van gemaak word! Skors hom en laat hy met n kriminele rekord die grootmens lewe ingaan sodat virewig kan berou oor sy dwaasheid en agressie…

Johan ·

Dirk
Die boelie (want hy’s duidelik niks anders nie) het die kleiner seun nie net bietjie rondgeruk of vasgevat nie, hy tel hom in die lug op en gooi hom op die vloer neer. Dis niks anders as aanranding met die doel om ernstig te beseer nie. Hy’t duidelik GEEN selfbeheersing nie. Sy soort behoort vasgevat te word , voordat dit te laat is.

Tant Koen ·

Moenie baklei nou al oor die liefde my kinders. Daar is genoeg tyd. Want deesdae trou mense vir geld. Doen eerder julle huiswerk en word slim seuntjies en skatryk dan eendag belowe tante sal die meisies eerder oor julle baklei!

Regtig ·

Ons bid elke dag dat ons weer ‘n beskaafde, veilige land kan bewoon maar dit is die voorbeeld wat ons stel. Ja, ek se ons want daardie kinders het dit iewers geleer. Die skoolhoof kan die duurste beste sekuriteits toerusting gaan koop en elke onnie poliesman maak en steeds sal niks verander nie. Die verandering moet uit die kinders se huise kom. Dis ons werk as ouers om seker te maak dit gebeur want hierdie is die jaar 2019, nie 20 en 30 jaar gelede nie.

Christa ·

Drums Kan mekaar aanvat , maar soek tog jou gelyke. Ouers Moet ook nie hulle seuntjies oppiep nie. Onthou Hy Moet eendag n man wees in n mannewereld. So Nou en Dan uit sorteer is Geen fout nee nie. Moet net nie Kleiner Kinders boelie nie

ES ·

Ek was ook deur so groot mannetjie geboelie, wat saam sy sewe tjomme om my gestaan het sodat ek nie kon wegkom nie daardie Vrydag middag nie…

Maar die volgende Maandag oggend voor my Biologie vraestel, toe hy so stoksiel alleen sonder sy tjomme verby my loop, toe gee ek hom ‘n vet pakslae.

Dit was nie nie eers oor ‘n meisie nie. Hy was net moedswillig en het my van geen kant af geken nie. Net bloot ‘n boelie. Maar hy het nooit weer, nie eers saam sy pelle, skeef na my kant gekyk nie, want hy het geweet, iewers gaan ek vir hom alleen kry en dan gaan ons sien wie is groot.

Pim ·

Dit is die waarheid Onnie. My seun is geboelie en die Onderhof het die een dag vir my gesê, jou kind mag daai klein wetter met die grootste liefde die volgende keer met die vuis bykom. Want niks anders het gewerk nie.

Sam ·

Ek wonder hoeveel van julle was sê die was net nog ‘n gewone bakleiery tussen 2 seuns het die video gesien? Dis ‘n boelie die met ‘n humeur probleem. As die jul seun was en rug was gebreek na die “gewone bakleiery” sou ek graag dan wou hoor wat se jul dan. Waar skop mens iemand wat klaar plat is? WWE gooi laat hy plat op sy rug val? Kom nou mense die is vuil baklei en daai seun kon ernstig seer gekry het.

Marisa ·

Ek het die video gesien en ek stem saam!! Die leerder het die ander een geboelie met die doel om hom ernstig seer te maak!! Die manier hoe hy daai arme kind gegooi het was gewetenloos!! Ek was woedend na ek die video gesien het.

Ig ·

Kommin verby, geen selfbeheersing, as hy daai seun doodgeslaan het, was sy toekoms verby en het hy n kriminele rekord gehad, forever and ever, jammer die kleiner ou kon hom nie goed bykom nie.

Werner ·

Nee wat, nie tyd vir sulke boelies nie. Ouers moet hom aankla en hy moet kriminele oortreding kry dat hy kan gevolge dra. Kry vir jou boetie – hoop die ding ry jou vir jou lewe lank! Moeg vir die ding dat alles met geweld uitgesorteer word.

JC ·

Sjoe, gr.9 laaities rand mekaar so aan? Oor ‘n MEISIE nogal? Verhoudings op daai ouderdom is glad nie eers so ernstig nie. Ek kry die kind wat aangerand is bitter jammer. Hoop nie hy het ernstige beserings opgedoen nie…

Oupahen ·

Ouers en onderwysers mag nie “ordentlik” disipline toepas nie. Sê dan maar net mooi vir die boelie “moet dit asseblief nie weer doen nie, my groot seun”

Blommie ·

Ag toe MAGDA hou jou broek aan…
Mense moet ophou maak asof hulle engeltjies grootmaak. Se my kind sal dit nooit doen nie. Seker die ouers is net so geskok soos die res, maar onthou net eending klip gooiers.
Mens moet eerder altwee kinders probeer help as wat mens die een sleg se.

jonathan ·

Shame man los die kinders uit dat hulle mekaar uitsort en klaar kry

Anoniem ·

@Jonathan. En as die ander seun se rug nou gebreek was en hy sit in n rolstoel sal jy dan ook se los hulle uit sodat hul mekaar kan uitsorteer. Lyk my jy is ook een van daai wat als reg skop en slaan. Wonder hoe lyk die mense om jou.

Matriek eksamen ·

hy sien wat sy pa aan sy ma doen … charity begins at home en as daai vettie nie vir ewig uit die skool geskors word nie is die SKOOLHOOF en BEHEERLIGGAAM OOK SKULDIG

Db ·

Was ook geboelie op skool. Het altyd stil gebly totdat my broer my ‘n paar “moves” in karate geleer het. Boetie na ek die vet meisiekind bymekaar gemaak het na skool sonder haar vriendinne het dit dadelik gestop en wat sy so mak soos ‘n lammetjie.

Die Waarheid ·

Ek praat nie ‘n bakleiery goed nie – Maar te veel bohaai word gemaak hierhoor – Kinders wiks mekaar waarvan ek weet sover as 1970 terug – Dit meestal oor ‘n meisie of iets simpel .Dit gaan nog steeds gebeur oor 50 jaar ook .Sosiale media lig die gevalle nou meer uit .Verder ………… as die twee laaities mekaar dik getik het , oor ‘n week is hulle weer pelle ook .

Marisa ·

Ek stem!! Baklei op skool is nie iets wat onlangs eers begin het nie. Toe ek op skool was, was daar basies elke dag iewers ‘n bakleiery. Ons kon net help om hulle uitmekaar te kry, want ons fone het nof nie kameras gehad wat videos kon neem nie. Vandag is dit vir die mensdom baie meer gerieflik om eerder ‘n video of foto te neem as om self in te tree en te help.

emily ·

Maak n voorbeeld van hom, Skors hom, moet nie eers dat hy sy eksamen voltooi nie. Dis n skande soos die brats deesdae aangaan, More oormore pluk hy n mes of geweer uit, Kyk gerus na al die skool bakleiery, Hoeveel kinders het al geboet met hul lewens.
Nee wat skors hom. Dis n skande man.

Annie ·

Ai dis jammer daar is nie meer verbeterings skole nie… en ook geen weermag opleiding nie…

Gesiggie ·

Ek was geskok toe ek na die video kyk, hoe die groot seun die ander kind optel en op vloer gooi en nie net een keer?? ja jy wat die video gemaak het was dit vir jou lekker om te sien hoe die boelie n ander kind seermaak en net aanhou?? hoe lank vat dit n onderwyser om op te daag? waar was hul almal?? seker tee tyd”’ strenger optredes by skole moet toegepas word?? die kind wat herhaalik so gemartel is, het nie eers n hou in gekry??? hy kan baie seer gekry het… maybe het hy maar daar sal nie nou iets van kom. Dit is belaglik dat so n jong kind so n groot humeur het…. Boelies moet boet”’ vir wat hul aan ander doen??/ skaam jou groot seun.

Boxer ·

Daai skoolhoof moet maak soos my oud hoof. As jy baklei het dan was jy kantoor toe waar hy dan die rotting vir jou gegee het en met die woorde “jy wil mos slaan so slaan hom”en dieselfde vir die maat saam met jou. As julle dan nie hard genoeg geslaan het nie het die hoof gou gou vir julle gewys hoe jy moet slaan. Dit kon ‘n lang dag word in daai kantoor.

Anoniem ·

Hulle moet daardie bullie skors en mag by geen ander skool toegelaat word nie. Hoop die ander ouers trek nie die klag van aanranding terug nie sodat hy skuldig bevind kan word en vir die res van sy lewe met n klad op sy naam loop.

CK ·

Dis absoluut siek!!! En as die kind wat so gegooi is se rug moes breek of sy kop die trappie moes tref en hy moes sterf!! Dis absoluut siek!! Ek dink dat die kinders wat so gestaan en die video gemaak het en die wat toekyk ook skuldig is. En nou lees ek dat die skool die “leerderS” gaan skors. LeerderS. REGTIG. Nee kyk ek weet regtig nie wat ek as ouers sou doen as daai seun myne was nie, maar seker sou ek IS gedoen het.

Stan ·

Die ou slaan die ander ou omdat hy met sy meisie praat? Laat hierdie ou toppie uit ervaring vir jou sê: gewoonlik in sulke gevalle is dit net ‘n kwessie van tyd voordat so ‘n boellie sy eie vrou slaan. Vrouens word ‘besit’ en is geweld gewoonlik al wat hulle ken. Sterkte aan die boellie se meisie. Die slagoffer sal genees met ‘n paar emosionele issues, maar wat vir daardie meisie wag gaan ‘n langsame lyding wees.

HESTER NEL ·

Ai toggie jaloers nou al so wat gaan eendag gebeur as die mannetjie ouer is en dan vrou wil vat, meisies kyk mooi wie die seun is. Onthou dit is hoe moontlik aas grootmens ook gaan wees dink als kan met die vyste reggemaak word. Ek hoop die huidige meisie skop hom dat hy soos ‘n rugbybal trek. Ek stem saam die kinders wat toegekyk het en ook wat die video geneem het moet ook ‘n les geleer word, so dit kan ook beteken hul keur sulke gedrag ook goed en dit is ook wat eendag gaan gebeur as hul groot is.

Riaan ·

As dai laaitjie so pakslae kan uitdeel, moet hy een kan ontvang. Ek sien ‘n swaer grootmens lewe vir hom.

Ben ·

Wag het daardie vetsak n meisie? lyk my enage iets is moontlik in vandag se tyd

Vee ·

Meisie, wie jy ookal is, vlug sommer nou al van hierdie “man” af weg – as hy nou al op hierdie ouderdom so jaloers is………Neeeeeee.

Piesang ·

BOELIE. Kyk sy grootte teenoor die slagoffer. Hy kon hom ook optel en neergooi… Ernstige ingryping is nodig in die boelie se lewe asook in dié van sy ouers – veral dalk pa s’n!

Anoniem ·

Die mense wat so skree dat dit reg was en los die kinders laat hulle mekaar uitsorteer, weet julle dat die kind wat so aangeraand word deur daai dikkes selfmoord wou pleeg Dinsdag aand. Besef julle hoe verneder hy voel maar dan praat julle dit goed. Die ouers moet vir dikkes vat na n boksklub sodat hulle daar die rook uit hom kan slaan. Kom by mense jy oorwin niks deur geweld te gebruik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.