Kempton Park-lisensie­kantoor tot dán gesluit

lisensie

Argieffoto.

Die Ekurhuleni-metro het Dinsdag gesê die Kempton Park-lisensiekantoor sal tydelik gesluit wees om voorsiening te maak vir die installering van ‘n nuwe stelsel.

Volgens Themba Gadebe, woordvoerder van die metro, sal die Learner Computerised Unit (LCU) in dié tyd geïnstalleer word en sal werknemers opleiding ontvang om daarmee te werk.

Die LCU-stelsel sal glo doeltreffendheid verbeter en korrupsie met die uitreiking van lisensiedokumente minimaliseer.

Gadebe het verduidelik dat dienste soos bestuurslisensietoeste, leerlinglisensietoetse asook padwaardigheidstoetse steeds sal kan plaasvind mits dit vooraf bevestigde afsprake was.

“Mense wat lisensiehernuwings of -vervangings wil doen, hul lisensies wil afhaal of afsprake vir lisensies of leerlinglisensies wil maak, kan dit gerus by ander kantore gaan doen, byvoorbeeld by Benoni, Edenvale, Springs en Bedfordview,” het Gadebe gesê.

Volgens Gadebe sal bedrywighede op 14 Augustus na normaal terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.