Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) ’n dringende beroep op dié instelling gedoen om hul aanbeveling oor die gebruik van ivermektien vir die behandeling van COVID-19 te verander na “aanbeveel vir behandeling van Covid-19”.
Dit volg nadat dr. Andrew Hill van die Universiteit van Liverpool aanbeveel het dat ivermektienbehandeling vir elkeen wat positief toets vir Covid-19, die weg is wat voortaan gevolg moet word. Hill het gereageer op ’n studie oor verhoogde oordraagbaarheid van nuwe variante van die koronavirus.
“Sahpra het baie sterk gesteun op dr. Hill se mening om hul aanbeveling oor ivermektien te maak,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum. “Dr. Hill beveel nou aan dat ivermektien gebruik moet word vir die behandeling van Covid-19-pasiënte. Slowakye, Zimbabwe en Peru het reeds ivermektien goedgekeur vir die behandeling van Covid-19. Ivermektien is veilig, is reeds deur ander regerings goedgekeur en daar is verskeie studies wat wys dat dit werk – daar is geen rede vir Sahpra om nie hul aanbeveling oor ivermektien te verander nie.”
’n Afskrif van dié brief is ook aan die minister van gesondheid en die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid gestuur.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Goeie nuus, alternatief vir entstof en dit werk uitstekend.
Ons kon biljoene spaar op entstof en invermektien gebruik. Maar die wêreld het verkies om mense te Lock down en besighede vernietig.
Kom ons wees positief.
Ek het uit die staanspoor gesê Ivermektien is die tydelike oplossing, en ek was nie verkeerd nie.
Dit behoort mediese navorsers wêreldwyd die geleentheid te gee om rustiger te werk aan ‘n ordentlike entstof.
Sal nie verbaas wees as hulle dit nie goedkeur nie. Daar baie minder geld in vir hulle.
Mense wat betrap is met ivermektien en verhoor moet word, moet nou in ‘n ander lig beskou word. Hulle was blykbaar besig om lewens te red.