Kenner gee groen lig vir ivermektien; Sahpra versoek om besluit te hersien

Ivermektien. (Foto: SA Polisie)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) ’n dringende beroep op dié instelling gedoen om hul aanbeveling oor die gebruik van ivermektien vir die behandeling van COVID-19 te verander na “aanbeveel vir behandeling van Covid-19”.

Dit volg nadat dr. Andrew Hill van die Universiteit van Liverpool aanbeveel het dat ivermektienbehandeling vir elkeen wat positief toets vir Covid-19, die weg is wat voortaan gevolg moet word. Hill het gereageer op ’n studie oor verhoogde oordraagbaarheid van nuwe variante van die koronavirus.

“Sahpra het baie sterk gesteun op dr. Hill se mening om hul aanbeveling oor ivermektien te maak,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum. “Dr. Hill beveel nou aan dat ivermektien gebruik moet word vir die behandeling van Covid-19-pasiënte. Slowakye, Zimbabwe en Peru het reeds ivermektien goedgekeur vir die behandeling van Covid-19. Ivermektien is veilig, is reeds deur ander regerings goedgekeur en daar is verskeie studies wat wys dat dit werk – daar is geen rede vir Sahpra om nie hul aanbeveling oor ivermektien te verander nie.”

’n Afskrif van dié brief is ook aan die minister van gesondheid en die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Charles ·

Goeie nuus, alternatief vir entstof en dit werk uitstekend.

Zombie ·

Charles, is die biologiese werking van die entstof en ivermektien nie verskillend nie? Die entstof is ter voorkoming en ivermektien is vir behandeling wanneer ń persoon reeds positief is. Ivermektien is dus nie ń alternatief vir die entstof nie. Help my asb. reg as ek verkeerd is.

Charles ·

Ekskuus, entstof wat waar beskikbaar is? Mense gaan daagliks dood terwyl hul op jou enstof wag.

Anti-Verkramp ·

Jy’s reg. Entstof=voorkoming, Veedip= moontlike behandeling.

Charles ·

Tans is daar nie enstof beskikbaar in Suid Afrika nie maar wel Ivermektien, mense word gesond as hulle daarmee behandel word, vir my is dit ń alternatief as ek siek word en nie ń entstof wil neem waarvan die newe effekte eers later aan die lig kan kom.

Vlooitjie ·

Ek stem, ek wens mense wil ophou om die mense wat kies om nie die entstof roete te gaan nie, te boelie daaroor. Ja daar is nou 2 kampe, die wat glo in entstowwe en die wat verkies om dit nie te neem nie. Kan ons nie maar net mekaar se verskillende opinies respekteer en aanbeweeg nie?

Anti-Verkramp ·

Ek stem Vlooitjie MAAR dis nook nodig dat ons die verspreiding van fopnuus moet stop. Fopnuus soos dat die middel ‘n alternatief vir entstowwe is en dit kan vervang.

Anti-Verkramp ·

Hoe weet jy daar gaan nie mettertyd newe-effekte aan die lig kom a.g.v die gebruik van ivermektien spesifiek vir Covid nie? Ek vind ook jou algemene stelling dat ivermektien mense gesond maak as interessant, so asof ivermektien jou gesond sal maak, maak nie saak hoe siek jy is nie. Ons weet dis nie die geval nie. In ‘n land soos Indie waar hierdie middel vrylik beskikbaar is, is die sterftegevalle weens Covid van die hoogste ter wereld. Ons moet ook in gedagte hou dat die sterftesyfer in elk geval laag is, ons praat van ongeveer 2% van mense wat Covid positief toets. So 98% van mense word in elk geval gesond met of sonder die gebruik van ivermektien. Ons weet wel dat die entstowwe die enigste manier is om te keer dat jy die virus kry (voorkomend), ivermektien behandel slegs die virus. Ivermektien kan nooit ‘n alternatief wees vir ‘n entstof nie. Dis wel ‘n alternatiewe behandelingsvorm, met of sonder ander medikasie (dit lyk of dit beter werk tesame met ander medikasie).

Vlooitjie ·

Niemand is ook seker watse newe effekte daar gaan wees agv die entstof nie.

Anti-Verkramp ·

Die entstowwe is spesifiek ontwikkel vir MENSE om ‘n spesifieke VIRUS te keer. Duisende mense is ingeent gedurende die toetsfases waarvan sommiges reeds maande gelede afgehandel is. Boonop word miljoene mense sedert ongeveer 2maande gelede ingeent sonder probleme. Al hierdie gevalle is behoorlik gedokumenteer. Ivermektien is ontwikkel vir DIERE om PARASIETE te bestry. Dis in uitsonderlike gevalle op mense gebruik ook vir PARASIETE soos kopluise. Gedokumenteerde gevalle vir behandeling van die Covid-virus op mense is so skaars soos hoendertande en moet die gebruik daarvan vir die virus dus met versigtigheid bejeen word totdat meer data beskikbaar is, Ekself sal onmiddellik die entstof neem maar baie versigter wees om ivermektien tans te neem. Om die waarhied te se, ek sal dit nie op hierdie stadium neem nie, risiko is te groot.

NEO ·

Ons kon biljoene spaar op entstof en invermektien gebruik. Maar die wêreld het verkies om mense te Lock down en besighede vernietig.

KB ·

Kom ons wees positief.
Ek het uit die staanspoor gesê Ivermektien is die tydelike oplossing, en ek was nie verkeerd nie.
Dit behoort mediese navorsers wêreldwyd die geleentheid te gee om rustiger te werk aan ‘n ordentlike entstof.

Anti-Verkramp ·

Hoe weet jy ivermektien se gebruik spesifiek vir Covid gaan nie mettertyd slegte newe-effekte tot gevolg he nie? Dis gevaarlik om dit as tydelike “oplossing” te beskou.

Jywilwat ·

Sal nie verbaas wees as hulle dit nie goedkeur nie. Daar baie minder geld in vir hulle.

Cherokee ·

Mense wat betrap is met ivermektien en verhoor moet word, moet nou in ‘n ander lig beskou word. Hulle was blykbaar besig om lewens te red.

Johan D ·

Ek verstaan ons mense nie, die aanbevelings waarop SAHPRA gesteun het is beslis stokou aanbevelings van dr Andy Hill want hy het alreeds op 28 Desember 2020 ʼn baie gunstige verslag uitgebring.

Casper ·

Selfs die Ivermektien wat vir vee gebruik word kan voorkomend aan mgewend word as dit aan dele van die liggaam gesmeer word waar vetselle voorkom soos die maag,duie en boarms.Die dosis mag agter nie 2ml per 100kg oorskry nie met ‘n maksimum van 2ml.Dit moet saam met ‘n anti alergiese middel geneem word.Dit word ook aanbeveel dat ivermektien slegs by pasiënte gebruik wat reeds die simptome toon.

Robert ·

Die bewyse was reeds Maart 2020 daar, die verbod daaroop is gelyk aan menseslagting.

Dirk Mostert ·

Bill Gates sal nie die WGO toelaat om ‘n middel goed te keur wat nadelig kan wees vir farmaseutiese maatskappye se omset (veral entstof) nie. Ons regering volg WGO-instruksies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.