Kenner getuig oor Poppie se beserings

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Die aard van Poppie van der Merwe (3) se beserings gaan na verwagting Dinsdag in diepte in die Pretoria-hooggeregshof weergegee word.

Prof. Gert Saayman, een van die land se beste patoloë wat ook in die opspraakwekkende Oscar Pistorius-verhoor oor Reeva Steenkamp se nadoodse ondersoek getuig het, gaan geroep word om oor Poppie se beserings te getuig.

Poppie se ma en stiefpa, Louisa (46) en Kobus Koekemoer (44), staan tereg op ʼn aanklag van moord, twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en ʼn aanklag van kindermishandeling. Van dié aanklagte hou verband met die beweerde aanranding van ʼn sesjarige seuntjie en ʼn 16-jarige meisie tussen September 2015 en Oktober 2016. Die egpaar het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hulle.

In die verhoor wat verlede Maandag begin het, het die hof gehoor Louisa het in 2014 van Westonaria aan die Wes-Rand na Orania in die Noord-Kaap gevlug nadat haar vorige lewensmaat haar glo aangerand het. Kobus het later na Orania verhuis en Louisa daar ontmoet. Hulle het in September 2015 saam ingetrek en is op 14 November 2015 getroud.

Die Koekemoer-egpaar het aan die einde van September 2016 “oornag” uit Orania na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes verhuis terwyl Orania se Maatskaplike Raad (OMR) glo bewerings van kindermishandeling ondersoek het.

Poppie is op 25 Oktober 2016 na die Brits-hospitaal gehaas en is met haar aankoms daar dood verklaar. Kobus is kort daarna in hegtenis geneem en Louisa op 15 Desember. Albei is sedertdien in aanhouding nadat hulle borgtog geweier is.

Adv. Hanna Conradie, die staatsaanklaer tydens die Koekemoer-egpaar se borgtogaansoek in die Brits-landdroshof in Desember, het destyds gesê ʼn staatspatoloog het in die nadoodse ondersoek bevind die oorsaak van Poppie se dood was ʼn harde hou teen haar kop.

Die patoloog het verder bevind Poppie het ronde kneusplekke aan albei hande, voorarms en voete gehad en albei haar oorskulpe was gekneus “wat dui op oormatige aanranding van die kind”. Die patoloog het ook aangedui daar was bloed aan die onderkant van Poppie se skedel en aan die linkerkant van haar brein.

Conradie het aangevoer Poppie het nie weens ʼn “episode” gesterf nie, maar bloeding op die brein opgedoen nadat Koekemoer haar kop teen ʼn kas geslaan het. Volgens Conradie het Louisa in ʼn verklaring aan die polisie vertel sy was ʼn ooggetuie van hierdie aanranding, wat glo die dag voor Poppie se dood gebeur het.

Louisa het tydens die borgtogaansoek in haar verklaring beweer dat sy nooit haar hand teen Poppie gelig het nie. Sy het in haar verklaring erken sy het nooit tussenbeide getree om die aanrandings te keer nie omdat sy vir Kobus bang was. “Hy het gedreig om my, my kinders en my ma dood te maak. Veral nadat ons [van Orania] na Brits getrek het, het Kobus vir Poppie gereeld aangerand. Daar was niks wat ek kon doen nie,” het Louisa gesê.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

Kobus en Louisa Koekemoer in die Pretoria-hooggeregshof (31 Oktober 2017). Foto: Phillip Bruwer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cindy ·

Louisa hoe kan jy sê dat daar niks was wat jy kon doen nie? Natuurlik kon jy iets doen. As poppie se ma moes jy haar beskerm het maak nie saak hoe bang jy was vir Kobus nie. Jy kon as Kobus by die werk was kon jy hulp gekry het al het jy net polisie stasie toe gegaan. Jy kon gekeer het as hy vir poppie so aan rand, al het dit beteken jy kry die houe wat vir haar bedoel was. n ma sal altyd plan maak om haar kinders te beskerm. Nee jy is net so skuldig soos jou man.

Anoniem ·

Jammer, geen simpatie ! Indien Julle dit gedoen het aan ‘n onskuldige dogtertjie is ek bevrees gaan Julle wat skuldig is MOET BOET en LANK ook ! Wat ‘n SKANDE !!!!???

JK ·

Daar was baie wat sy kon gedoen het. Sy wou net nie die kind gehelp het nie

Marthie Kruger ·

Liewe Poppie wens ek het jou lankal geken almal het jou gefaal , jou mamma , jou oumas ,oupas ,jou eie pappa ,die kleuterskool juffrou en die welsyn ,maar in my hart het ek die wete dat Juses jou hand met elke hou en skop vasgehou het en dat jy nou veilig by Hom is Rus sag Engelkind .

Griselda ·

Luister hier Marthie Kruger jy moet eerder nie aantuigings maak dat haar oupas en oumas en pappa haar gefaal het nie jy het nie die vaagste idee waardeer hulle als is om hulle kleinkinders te kan kry nie en om hulle te kan besoek nie want waaroor Louiza is te uitgeslape vir die gereg. en nog steeds deer maak nie so as ek jou raad kan gee hou eerder jou mond en bepaal jou by jou eie dinge dont judge a book by his cover kry jou feite agter mekaar dan kan jy weer n inset lewer. Al wat ek kan se is dat geregtigheid sal see vier al is dit nie vandag of more nie maar dit sal want hoekom ons dien n lewende God.

Jeni ·

Die Here het vir die kind n ma gegee om haar te beskerm en lief te he, hoe is jy bang vir die man? is jy bang JY kry seer? dink net hoe seer moes sy gehad het! Genade ek sal my hande af baklei vir my kinders. Sy is net soos hy!

regtig ·

Regtig, sy kon niks doen nie?, Dalk maar liewer nie kinders in die wereld ingebring het nie of het kon sy daai keuse ook nie maak nie. Daar is soveel uitwegte indien vrouens en kinders so mishandel word maar dis beter om stil te bly en nie navorsing te doen nie? Duidelik het sy nie belang gestel om te weet waar haar naaste shelter en polisiestasie is nie. Al stuur jy ook ‘n briefie saam jou kind skool toe om te oorhandig aan mense wat wel hulp sou kon kry as jy te bang is om met mense te praat in die geval die man wat sy toegelaat het om kinders so te mishandel, sy het gou genoeg geweet om te vlug oor hul so verkeerd was?

bee ·

Daars niks wat jy kon doen nie??? jy kon hom summier gaan verkla het by die SAPD en hulp ingewin het!! julle albei hoort agter tralies.

FJD ·

Ek sal seker te maklik praat – was nog nooit in verhouding waar ek mishandel is nie – MAAR ek wil tog die vraag vra – n kind van 3 het geen verweer teen n kind van 6 nie hoeveel te meer geen verweer teen n volwasse uitgegroeide boelie nie – ek sal enige tyd my kinders se aanranding neem – my kleinkinders is Poppie se ouderdom en ek is bang ek maak die klein tingerige sagte lyfies seer as ek hulle wil opsoen en dooddruk van liefde – HOE kan enige ma haar eie veiligheid bo die van haar weerlose kinders stel nee wat suster jy is net so skuldig as daai boelie waarmee jy jouself opgehou het ….

DAVID ·

LOUISA , is nie n ma se agterent nie daar is altyd iets wat jy kan doen om jou kinders te beskerm,my kleindogter is nou 2 jaar oud en ek kan my nie indink aan al die mishandeling wat arme POPPIE moes verduur nie,as iemand my kleinkind moet skade aandoen sal ek moord pleeg,hoe kan jy net toekyk dat n man jou kind so mishandel, ek glo met my hele hart dat jy ook skuldig is , jy het ook haar aangerand,ek het geen simpatie met jou nie ek hoop hulle sluit jou vir die res van jou lewe toe.

MY bloed kook ·

My bloed kook vir sulke low life, daarom is ek ‘n voorstander van kastrasie vir man en vrou, as daar geringe mishandeling tekens bestaan, maar nee dit is mos teen hul reg, die reg wil eers opsring as daar ‘n lyk lê, enige vorm van mishandeling, wanvoeding, verbale (ja verbale mishandeling, fisiese mishandeling moet jou die reg ontneem om weer ‘n ouer te kan word, dan eers kan hierdie goed verhoed word. Ek stem saam met Marthie, almal het jou gefaal Poppie, jou eie ouers, groot ouers ………………………….. tot by die welsyn, dankie vir die buurman & Juffrou wat aangehou het, nou is hul getuienis kosbaar, moet nooit opgee al kry jul hoeveel terugslae/treurigheid by welsyn – bly rapporteer, bly kla, volg op, dit kan ‘n Poppie red!!!!!

julius ·

Louisa ek glo jou. Jy was bang nie net vir seerkry nie,maar jy was met die dood gedreig. Jou hart het gebloei elke keer as jou inders aangerant word. Die vrees het jou vasgevang in ‘n kolk waaruit jy nie kon ontsnap sonder om jou kinders te verloor of self te sterf nie. Huishoudelike geweld is nie so eenvoudig soos almal voorgee nie. God het jou reeds vergewe omdat Hy jou omstandighede ken. Die wat jou nou veroordeel is onwys en het geen begrip oor jou omstandighede nie. Ek hoop en bid dat jy vrygespreek word om jou lewe voort te sit met jou ander kinders vir wie jy so lief is. God seën jou vroutjie.

Sonja ·

Sy kon polisie tu gegaan ht. Ek verstaan sy was bang… maar teen watter koste nou. Poppie het nie dit verdien ni.
n Kind kyk op na sy ouers. Ouers moet dai kindji se veilige hawe wees.
Dis wreed dat Louisa haar kind aan Kobus se genade oorgelaat het.
As jy n mamma is BESKERM JY JO KIND TEN ALLE KOSTE.
Eks self n ma en my kindrs weet ek sal my hande stukkend baklei vir hulle…ALTYD.

Stem nie saam nie ·

Ek stem nie met jou saam nie. My man was ook een van daai pa’s wat sy irritasie op die kinders uitgehaal het vir die ringste oortreding van hulle kant af. Ek het elke keer tussen-beide gekom, tussen hom en my kind ingespring, sy arm gegryp, die houe self gevat, hom weggestamp van my kind af. Die dag toe ek hom met die dood gedreig het, het ek besef ek sal moet padgee, al eet ons net pap af en toe. Dis ‘n swaar pad, ja, maar ek kon nie toelaat dat ‘n wreedaard my kinders verwoes nie. Selfs al het ek met klou hale by die werk opgedaag. Ten minste het daai houe nie op my kinders se lyfies geval nie.

regtig waar ·

Julius , regtig… ek hoop jy neem Louisa nou onder jou liefde en sorg na als wat jy kwytraak . Sy is duidelik baie meer skuldig as wat jy nou maak asof sy nie anders kon nie en haar kant vat. Baie sterkte met die nuwelinge in jou familie, hoop jy is elke dag by hof ook om haar te ondersteun.

Laurika ·

Regtig? Hier wens Julius vir Louisa sterkte toe en die Here moet haar genadig wees omw. N ma gooi nie haar kinders vir die wolwe nie. Louisa het vir Poppie en haar boetie buite nat gelos in die koue en vir hulle gese “lekker julle wil mos rond f….k” op die stoep. Sies man white trash ma se gat man. Ek weet wat ek van prt ek is selg n pleegsorg kind gewees. As ek kon het ek op my ma se graf gaan spoeg. Gesuip saam mans en nie oor haar dogtertjies gepla wat by huis alleen in die nag is nie. N ma soos Louisa is nie die naam werd nie. Capish..

Landi ·

Sjoe ek is nou so kwaad want ja die hele samelewing het hierdie pragtige ou dingetjie gefaal. Soos reeds gese is, mense raak eenvoudig net nie meer betrokke by ander se probleme nie. Veral die welsyn, sy was maar net nog n nommer en saak vir julle. Hoekom gee mense nie eerder hulle kinders op vir aanneming as hulle nie die kinders wil he nie. Hoekom hulle mishandel, liewe genade man

Lynni ·

Is Orania nie in die Noord-Kaap nie. In berig staan Noordwes.

Dalene de Vente ·

Dagsê Lynni

Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

AMELIA ·

Laat mens wonder die eeste man haar ooit regtig mishandel dalk maar net n storie sy dan van hom geskei hoekom nie die “man” no 2 ook geskei nie of is sy nog n liegbek ook om net simpatie te kry oor haar 1ste man haar dan mishandel het of is sy net geskei vir geld (onderhoud) dat die 1ste man dalk werklik onskuldig was

vonnie ·

geen man is jou kind se lewe werd nie. genade, kom eerder sonder een klaar en hou jou kiddies naby jou.

Theresa ·

‘n Goeie pa in ‘n huis is baie kosbaar. Een wat jou kindjie so hanteer, se hande kan gerus gebreek word in die vegproses.

Ekke ·

Mag julle altwee genade vind by Here want vreeslik is dit om te val in die hande van ‘n Lewende God. Daai liefste mensie het aan Hom behoort… sy was vir julle geleen en julle gaan tot verantwoording geroep word vir wat julle aan haar gedoen het. … elke traan, elke angsroep van pyn wat telkemale deur haar ou lyfie gegaan het… ondenkbaar…. hoe kon julle dit doen en/of die een die ander toelaat om daai wonde toe te dien.

Kotie ·

Die stiefpa se optrede is strafbaar met die dood maar waaragtig die ma s’n met die doodx10 ! Jy het haar binne jou teen jou hart gedra Mevrou….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.