Kenner sê oor skade aan Paul Kruger-standbeeld

Skermskoot uit die video.

Skermskoot uit die video.

ʼn Strukturele spesialis het Donderdagoggend die standbeeld van Paul Kruger in Pretoria besoek om die skade daaraan te bepaal nadat betogers dit Woensdag met ʼn petrolbom gegooi het.

Cecilia Kruger, besturende direkteur van die Erfenisstigting en Voortrekkermonument, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die Erfenisstigting se strukturele bewaringspesialis was reeds vroeg op Kerkplein om te kyk of enige herstelwerk aan die Kruger-beeldegroep gedoen moet word.

“Hy het bevestig geen skade is aan die bronsbeelde of die granietvoetstuk aangerig nie. Die heining rondom die beeldegroep is wel oopgebreek en die plek het soos ʼn oorlogsone gelyk,” het Kruger gesê.

Volgens Kruger sal die beeld nie van sy regmatige plek verwyder word nie en die Erfenisstigting sal hom nie deur enige groepe en vandalistiese optrede laat afdreig nie.

“Die Erfenisstigting het ook verneem die Tshwane-metro het ook geen planne om enige openbare beelde te verwyder nie. Indien daar ooit rede tot werklike kommer is, sal die korrekte prosedures gevolg word om die kunswerke te beveilig.”

Maroela Media het Woensdag berig ʼn petrolbom is na die standbeeld geslinger te midde van ʼn EFF-optog in die middestad, om onder meer te eis dat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder moet word.

Beeldmateriaal wys hoe die heining om die standbeeld geskud word, waarna ʼn petrolbom na die voete van die standbeeld gegooi word. Die vlamme het ná sowat 30 sekondes self uitgebrand. Kyk die video hier.

Intussen het Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, Donderdag self in die middestad se strate, wat Kerkplein insluit, gaan help om opruimingswerk te doen.

Samkelo Mgobozi, die burgemeester se woordvoerder, het ook aan Maroela Media gesê geen opsigtelike skade is aan die standbeeld opgemerk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Attie ·

Dankie tog Cecilia, dat daar geen skade is nie en dat hy nie verwyder gaan word. As hy ooit moet, vat hom e weer eerder Uniegebou toe, oom Paul was in elk geval ‘n Pretoria man, meeste van ons beplan nie om gou ooit Orania te besoek nie.

Attie No1 ·

Ek wil dit net duidelik maak dat ek en die bostaande Attie net n naam deel en niks anders nie. Ek distansieer my van al sy siennings en sal enige dag weer Orania besoek, dit is n wonderlike plek.

JC ·

Baie, baie dankie julle almal, dit maak mens trots en gelukkig dat die saak so ernstig opgeneem word en dat Oom Paul se erfenis ernstig opgeneem word en bewaar wil word.
Weereens baie dankie!!
Dit doen President Stephanus Johannes Paulus Kruger, 5de President van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Mei 1883 – 10 September 1900 goed gestand.

Willie E ·

Ja,die skade was min want dit was ‘n klein petrol bommetjie. Waarskynlik werkloos, die gooier,hy kon net 50 sent se petrol bekostig.

DPJ ·

Moet nie laf wees nie. Krinemele wil alles tot die grond afbreek en gelyk maak.
Die Polisie het die video materiaal en kan skuldige maklik aankeer maar is die politieke wil daar. Krimenele is bo die wet en is net marionete van ‘n groter pol,itieke mag.

Charmaine ·

Iemand het gister gese,’ Gelukkig weet hulle nie oom Paul is/was van yster gemaak nie.’ Wys nou net!!! Nie eers n petrol bommetjie kan hom skud nie

CQ ·

Ja dankie tog almal se afgodsbeeld is ongedeerd!
….en ons wonder hoekom God ons verlaat het……

Johannes ·

Heng CQ, kry ‘n lewe toe! Daar is beslis niks on-Bybels daaraan om standbeelde van volkshelde te maak nie. En ons Boere-Afrikaners aanbid nie Pres. Kruger se standbeeld (of enige standbeeld of erfenis nie) maar is wel besorgd oor die bewaring daarvan vir ons nageslag. Daar is ‘n groot verskil tussen die bewaring van erfenis en beelde aanbid.

Liewe heksie ·

CQ pasop om sulke dinge kwyt te raak my GOD is my GOD en Paul Kruger is my geskiedenis genade mens gaan hou jou warm koppie onder koue water ons almal in Pretoria kry warm

OJ ·

Niks sal gebeur nie, in hulle lewe sal die EFF niks betaal nie .. merk maar vandag my woorde, hoeveel het die studente betaal vir die skade wat hulle aangerig het by die universiteite of die EFF by hulle vorige betogings? ZILTCH . dit gaan weer so wees, ek en jy gaan die skade moet betaal met ons verhoogde belasting.

Andrea ·

Ek hou van n man wat sy man kan staan…
Wens sy arm kon n slag slaan!

Ben ·

Oom Paul het al die jare rustig op kerkplein gestaan en vir elke mooi meisie ge oogknip. Hy word nou ‘n onreg aan gedoen op daar tussen klompies leegleers, straatsmouse en ander nie sulke aangename mense te staan. Die plek is smerig. Stuur hom asseblief Orania toe waar daar vir hom waardering gaan wees. Daar gaan hy gereeld gepoets word. Asseblief.

Anoniem ·

Ek gaan seker nou my kop in ‘n byenes steek, maar Paul Kruger se standbeeld kan maar gerus geskuif word. Is dit nie nou die aangewese tyd dat die Italiaanse fontein wat op hierdie stadium weggesteek word in die Dieretuin weer teruggeskuif word na die Plein toe nie.

Rudi ·

EFF versus Msimanga. Een breek, die ander ruim op. Wens meer mense wou eerder by laasgenoemde gaan leer.

Janneman ·

Ek sit ongelukkig ver in KZN. Ek borg enigiemand wat speknek malema se huis wil gaan rooi verf, stuur net bank details.

Fransie Rowles ·

Ons afgod? Rerig!!
Liewe Heksie jy het my dag gemaak!!

Adel ·

Indien nodig plaas oom Paul eerder by Voortrekker Monument, nog steeds gevestig in Pretoria.

Ruby ·

Ek was in Laerskool Paul Kruger in Alberton en baie trots daarop.

Dit is nou ‘n Engelse Hoërskool en as ek sien hoe lyk dit rondom die netbal bane waar ons ure in die bloedige son bossies moes uittrek…..is ek sommer lus en roep vir oom Paul!

Dankie julle woestaards, julle het my net weer bewus gemaak van sy brandende hart vir sy mense hie hie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.