Kenners bespreek transformasie en ideologie in grondwethof

transformasie-grondwethof-john-kane-berman

John Kane-Berman, beleidsgenoot en voormalige uitvoerende hoof van die SAIVR, was die sleutelwoordspreker by die konferensie oor transformasie en die grondwethof wat Maandag deur die burgerregte-organisasie, AfriForum, by die Royal Elephant-hotel in Centurion aangebied is. Foto: Reint Dykema.

Kenners wat aan ʼn konferensie oor transformasie en die konstitusionele hof deelgeneem het, het aangevoer daar is tans weinig skeiding tussen die ideologie van die ANC en die regbank en dat al die regte soos verskans in die Grondwet dus nie noodwendig gewaarborg is nie.

John Kane-Berman, beleidsgenoot en voormalige uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIVR), was die sleutelwoordspreker by die geleentheid wat Maandag deur die burgerregte-organisasie, AfriForum, by die Royal Elephant-hotel in Centurion aangebied is.

Prof. Koos Malan van die departement publiekreg aan die Universiteit van Pretoria, dr. Theuns Eloff, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, adv. Gretha Engelbrecht en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, was deel van die kenners wat aan die paneelgesprek oor die tema deelgeneem het.

Kane-Berman het ʼn ontleding van onlangse uitsprake van die konstitusionele hof gedoen waarin dié hof beslis het oor sake soos regstellende aksie, eiendomsreg, onderwys, kultuurregte en taalregte.

“Transformasie is al deur die konstitusionele hof as ʼn ‘grondwetlike imperatief’ beskryf, ondanks die feit dat die woord transformasie nie in die Grondwet voorkom nie,” het Kane-Berman gesê.

Hy het ook aangevoer dié hof is besig om die regering se foute na te volg deur rassetransformasie as die oorheersende noodsaaklikheid van die Grondwet te beskou.

“Dit is moeilik om in hierdie stadium te bepaal tot watter mate regstellende aksie vir die disfunksionaliteit van die openbare sektor verantwoordelik is. Ek glo militante en gewelddadige vakbonde het ook ʼn groot rol in die verswakking van dienslewering in die sektor te speel en so ook die afwesigheid van enige optrede teen onbevoegdheid en oneerlikheid.

“Dit is egter makliker om korrupsie en ‘staatskaping’ te blameer vir die probleme in die openbare sektor as om te erken kaderontplooiing en die slaafse navolging van rassedemografie het ʼn rol in dié verval te speel.

“Kaderontplooiing is na alles ʼn amptelike beleid van die ANC en aanstellings volgens die land se rassedemografie word deur die konstitusionele hof onderskryf.

“Verder kan ʼn mens as ʼn rassis uitgekryt word indien jy regstellende aksie kritiseer.”

transformasie-grondwethof-prof-koos-malan-02

Prof. Koos Malan van die departement publiekreg aan die Universiteit van Pretoria het ook aangevoer dié hof is besig om die regering se foute na te volg deur rassetransformasie as die oorheersende noodsaaklikheid van die Grondwet te beskou. Foto: Reint Dykema.

Malan het sy kommer uitgespreek oor die neiging van regters in die konstitusionele hof om hulle uitsprake te begin deur die geskiedenis van Suid-Afrika te bespreek. “Dit kom, ten spyte van die feit, dat die regters nie historici is nie en nie regtelike kennis moet neem van sulke kwessies sonder kundige bewyse nie.”

Hy het aangevoer dat die dominante ideologie van die regerende elite van Suid-Afrika een is van transformasie.

“In dié hof se uitspraak oor die Universiteit van die Vrystaat se taalbeleid, was dit duidelik dat die konstitusionele hof artikels in die Grondwet ignoreer wat voorsiening maak vir taalregte.

“Dié hof ignoreer ook toenemend internasionale wette oor minderheidsregte en taalregte.”

Malan het verder gesê dit het vir hom voorgekom asof die konstitusionele hof die universiteitsraad se bewerings as feite aanvaar het sonder om dit toets.

“Dit was as’t ware of die studente gestraf moet word omdat hulle Afrikaanse onderrig wil hê. As dit enigsins waar is dat Afrikaanse onderrig segregasie veroorsaak het, is dit die universiteitsraad se skuld en kan die studente nie van hul regte om in Afrikaans onderrig te ontvang, ontsê word nie.”

Hy glo die bewyse is oorweldigend dat die konstitusionele hof transformasie tot ʼn soort ideologie verhef het en dit spruit nie net uit hofuitsprake nie, maar ook uit die aanstellings van hoofregters, artikels oor die saak en ander uitsprake van regters.

“Dit is natuurlik ontstellende nuus, maar dit is nodig vir ons om die feite hieroor te hoor sodat ons iets hieraan kan doen. Ek glo nie daar is enige sprake van die skeiding van magte as dit by die regbank kom nie en regte is nie gewaarborg nie.

“Alhoewel daar net een grondwetlike teks is, is daar eintlik soveel grondwette as wat daar grondwetlike interpretatiewe gemeenskappe is. Dit kom daarop neer dat die begrip van die Grondwet eintlik ʼn saak van interpretasie is.”

Malan het bygevoeg dat die enigste manier om die demokrasie lewendig te hou te midde van die kwynende onafhanklikheid van die regbank, ʼn aktiewe en aktivistiese burgerlike samelewing is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Loeis

Die regbank is uit sy funksie “transformed”, en die skeiding van magte gekompromeer. Ernst Roets het die spyker op die kop geslaan toe hy gesê het dat daar persone is wie dronk is op ideologie.

Maar dan is daar ander persone wie ook deel is van die probleem. Persone wie op sulke “wigte en teenwigte” wou steun, en wie se kleinserigheid vir kritiek dadelik deurkom wanneer hulle sê dat dit holrug gery is wanneer mens sê dat hulle Ja stem in 1992 regstreeks tot hierdie gemors bygedra het. Die waarheid maak seer né.

Jerry

Om te reken dat jy die demokrasie lewend kan hou met n aktiewe en aktivistiese burgerlike samelewing terwyl die onafhanklikheid van die regbank kwyn is absurd en grens aan absolute wensdenkery. Dit is geen oplossing nie. Die onafhanklikheid van die regbank is dan besig om te kwyn midde van n aktiewe en n aktivistiese burgerlike samelewing! Sonder n onafhanklike regbank kan die ANC wetgewing aanhou deurvoer wat n aktiewe en aktivistiese burgerlike samelewing se aktivistiese aktiwiteite erg inperk en onderdruk! Die enigste lewensvatbare oplossing is juis om die onafhanklikheid van die regbank te Virseker. Indien die grondwet nie die onafhanklikheid… Lees meer »

JoeV

Transformasie is die hele probleem, jy begin met skoenlapper en eindig met ‘n wurm, wat de hel man, is dit klomp kinders die.
As jy die koek nie groter maak nie, met ander woorde, jy transformeer niks, jy skep nuut, dan is daar ‘n kans, transformeer, het jy dieselfde koek, net in baie meer baie kleiner snye, hoe onossel is die lot?

Jerry

Paul, wat het die student se storie te doen met die kenners se bespreking of my kommentaar. Laat ek jou se, absoluut zero, silts en nul. Jy is heeltemal die pad byster soverre dit die spesifieke onderwerp betref. Lewer tog asb vir n slag sinvolle kommentaar en hou op om jou te verbeel dat ek liberaal is en al was ek moet nie laat dit jou ontspoor nie! Die kenners het nie langtermyn oplossings vir ons probleme nie, dit is tog duidellik uit my kommentaar. As jy n beter langtermyn oplossing het sit dit asb met motivering op die tafel… Lees meer »

Gwen

Dr. Eloff is ’n kundige op die gebied van transformasie. Eers het hy gehelp om die land weg te gee (hy roem hom daarop dat hy ’n Dakarganger is) wat nou in sy peetjie getransformeer is, en toe het hy die PUK in sy kanon laat transformeer.