Kenners evalueer skag by Lily-myn

'n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

‘n Lugfoto van die ineenstorting. Foto: JacarandaFM via Mpumalanga EMS

Geologiese kenners was Dinsdag steeds besig om te bepaal of dit veilig is om reddingswerkers weer ondergronds te stuur by die Lily-myn waar drie mynwerkers al 11 dae lank vasgekeer is.

Mike Begg, die operasionele bestuurder van die myn naby Barberton in Mpumalanga, het gesê die evaluasie vorm deel van ʼn 48 uur lange ondersoek om die stabiliteit van die skag te bepaal. “Dit lyk asof alles oornag stabiel was, so ek neem vandag ʼn span ondergronds om die gebied rondom die skag te evalueer waar ons gewerk het tydens die reddingsaksies,” het Begg gesê.

“Ons moet basies gaan kyk of die skag nog ongeskonde is. Daarna moet ons ʼn tweede ontsnappingsroete bepaal. Dit is vir nou die belangrikste wat gedoen moet word. Op die oomblik oorweeg ons verskillende opsies.”

Hy het beklemtoon dat reddingswerkers eers weer ondergronds sal gaan wanneer die evaluering voltooi is.

Die Lily-myn is tans gesluit en reddingsaksies is heeltemal gestaak ná twee ineenstortings die afgelope naweek in die gat waar die mynwerkers vasgekeer is. Geologiese kenners het Vantage Goldfields Maandag aangeraai om nie reddingswerkers toe te laat om ondergronds te gaan nie, omdat dit te gevaarlik is.

Intussen sou die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir minerale hulpbronne, Sahlulele Luzipo, en die voorsitter van die portefeuljekomitee vir arbeid, Lumka Yengeni, die myn Dinsdag besoek het.

Vantage Goldfields het Saterdag gesê hy sal R200 000 aan die families van elk van die drie mynwerkers gee wat steeds vasgekeer is. Die ander 76 werkers wat gered is, sal elk R50 000 vergoeding ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Ek stel voor dat NR. 1 en kabinet saam ondersoek gaan instel na die toestand van die Geologiese ondersoekers. Hulle het altyd sulke goeie politike oplosing. Wie weet met wat se oplosings kom hulle navore!

Chris W ·

‘n Myn is nie ‘n pret park nie.Het self 34 jaar in myne gewerk en min mense weet hoe gevaarlik dit regtig daar onder is.Baie mense sien dit as net nog ‘n joppie.Hulle maak ‘n baie groot fout!Ek is bly ek is nou al ‘n paar jaar vir goed uit die myn bedryf uit!Vir die werkers wat steeds nie gered kon word kan ek net simpatie he met hul benarde situasie.’n Skeeps houer of “container” is baie sterk en sou hulle heelwaarskynlik beskerm het maar die beskikbare suurstof sal een of ander tyd op raak.Dan sit hulle sonder water -kos is nie ‘n probleem nie maar die gebrek aan water is wel.Ai ek voel vir hulle daar onder!

klara ·

Dit is baie hartseer maar hoogs onwaarskynlik dat hierdie mense nog lewe. Sonder kos kan jy nog n rukkie maar sonder water en suurstof nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.