Kenners: Hef verbod op rook op

sigarette

(Foto: pixabay)

Kenners aan die Universiteit van Pretoria (UP) meen die regering se verbod op sigarette het tot gevolg dat rokers en die regering nou die vrugte pluk van ʼn vergiftigde boom.

Prof. Francois Steyn, medeprofessor in kriminologie aan die universiteit se Departement van Maatskaplike werk en Kriminologie, en Harriét Klopper, ʼn lektor in kriminologie aan dieselfde departement, meen die oplossing is duidelik – die regering moet die verbod op die verkoop van sigarette ophef.

Steyn en Klopper skryf in ʼn meningstuk dat die meeste rokers vertroud is met die gesondheidsgevare verbonde aan rook en dus die gesondheidsgevolge daarvan moet aanvaar. Hulle meen egter indien dit die regering se voorneme met die tabakverbod was om die getal rokers in Suid-Afrika te verminder en/of die negatiewe gevolge te probeer verlig as rokers Covid-19 opdoen, het hul strewe duidelik misluk.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het vroeër die week met die aankondiging van die regulasies vir vlak 4 van die afsonderingstydperk gesê die verbod op sigarette bly van krag. Dit het gevolg nadat pres. Cyril Ramaphosa net enkele dae vantevore gesê het die regering is van plan om die verbod op vlak 4 op te hef.

Steyn en Klopper meen ondanks aanvanklike ondersteuning vir die landwye afsonderingstyperk het die verbod op die verkoop van sigarette ʼn wig tussen die land se nagenoeg sewe miljoen rokers en die regering ingedryf en lig gewerp op die sosiale kontrak tussen die partye.

(Foto: pixabay)

“Die regering het ʼn gulde geleentheid misgeloop om die steun en welwillendheid van miljoene rokers te verkry. Suid-Afrika het van die strengste tabakwetgewing ter wêreld, en rokers hou in die algemeen by hierdie wetgewing. Dit is nie teen die wet om te rook nie, maar die koop van onwettige tabakprodukte is egter. Na raming dra die onwettige tabakbedryf by tot regeringsverliese van R7 miljard per jaar,” skryf Steyn en Klopper.

Tydens die aanvanklike afsonderingstydperk se verbod op die verkoop van wettige tabakprodukte het die fiskus ongeveer R35 miljoen per dag aan belastinginkomste verloor wat R1,2 miljard beloop tydens die aanvanklike verbod van vyf weke.

Steyn en Klopper wys daarop dat rokers nou ander planne maak om sigarette te bekom en dat dit onder meer ook tot gevolg het dat pryse deur die dak skiet.

Terwyl die duidelike gevolg vir rokers die onwettige koop van ʼn onwettige produk is, is die latente gevolg vir die Suid-Afrikaanse ekonomie baie meer verwoestend. “Die regering kies blykbaar verder om dié kwessie te ignoreer: Hoewel rook skadelik is vir die gesondheid van ʼn mens, word onwettige tabak vervaardig sonder gehaltebeheermaatreëls wat die gesondheidsrisiko’s van rook verder verhoog.”

Daar is kort ná die aankondiging deur Dlamini-Zuma verwys na haar beweerde bande met die omstrede sakeman en sigaretbaas Adriano Mazzotti.

Steyn en Klopper meen die feit dat sommige politici en hoëprofiel-individue met die onwettige tabakbedryf verbind word, laat die vraag ontstaan oor wie dan nou eintlik baat by die verbod op sigarette.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Nie Verbaas ·

Waar daar n rokie trek is daar n vuurtjie. Mazzotti en Dlamini Zuma verbind. Hoekom sal sy n uitspraak maak wat hom “negatief gaan beinvloed”?

Mauritz ·

Dit is ongelooflik hoe die korruptes elke geleentheid, selfs ‘n pandemie, sal gebruik om meer korrupte geld te maak.

Burgermeester ·

Ek probeer hard dink, maar ek kan nie onthou of die regering al ooit ‘n regte besluit geneem het vandat hulle aan bewind gekom het nie. Dalk was daar een, maar dit moes so vêr in die verlede gebeur het, dat dit in my geheue verdwaal het. Alle beslissings en wette deur die ANC, word daar gestel om die ‘kamerade’ te bevoordeel ten koste van die land. As die mense wil rook, laat hulle rook; as die mense wil drink, laat hulle drink. Laat ‘n man toe om die donker en ongekende tye met ‘n beter gemoed in die gesig te staar.

Scalla ·

Die onwettige sigarette en drank mark floreer en staat verloor belasting, as jy wil drink en rook is dit mos jou eie besluit.

Jacobus ·

Scalla jy is feitelik korrek, maar as van ons cronies vinnig ‘n paar miljoen (meer as ‘n paar) op die “side” kan maak – wie is die fiskus nou weer wat die belasting moes kry?

JohanR ·

Rerig Leonard…. ons weet ALMAL hoe sleg tabak vir ‘n liggaam en jou gesond tyd is, maar die saak van geen sigarette koop gaan oor ‘n ons en hulle saak, en ‘n beginsel. Ek is en was nog nooit ‘n roker nie, maar op die oomblik met aand ete (beestert) soe te se tafel toe, vrek ek vir ‘n lekker koue bier. Het genoeg gekoop vir drie weke, en toe word dit verleng soe het my laaste koue bier op die 16de Maart gedrink. Weet iemand miskien of Duduzane Zuma iewers drank onwettig verkoop? Hoop hulle ban nie vleis nie want daai beestert ryk te lekker!

Marisa W ·

Hi Johan – as ek die artikels reg lees probeer Leonard aandui dat rokers dalk ‘n beter kans het teen die virus en ander soortgelyke virusse

Bosnimf ·

Dan kan ń mens dieselfde sê van die verbod op alkohol. Dieselfde wig tussen verbruiker en die regering is hier van toepassing. Sinneloos, jy geniet ń drankie in die gemak van jou huis want geen publieke plekke is oop vir saamkuier. Maar die ou wat sy drankie geniet saam met sy braai is tans gevaarliker as die roker. Die roker is blykbaar die “slimmer” weergawe van verbruikers wat geld in die ekonomie instort.

Janneman ·

Op die oomblik maak baie mense self alkoholiese verversingtjie. Dis nie teen die wet nie. Maar iemand wat blykbaar slimmer as ons is kan nie agterkom dat daar met die goed baie saam kuier is nie. Nie die minderheid nie. Nee ons geniet drankie om braai vuur of sommer lekker koue biertjie na werk. Maar nou ja. Wie is ons mos nou weer???

Filistyn ·

Ek wonder al wie nou eintlik ons president is. Dlamini Zuma of. CR. Lyk vir my hy is onder die pantoffel en sy regeer.

Karin ·

Ja nee waarheen is die land oppad. Laat hul rook drink dat ons land kan geld inkry . Glo elke roker weet van sy haar risiko wat hul neem. Maar land verloor ongelooflike gelde wat hul kon gebruik in die tydperk

Erica ·

Dit is nou net hulle fout. Die lockdown het so pas die wat nog belasting betaal het werkloos gemaak. Ek gaan nie meer dit betaal nie want my werk glo net in no work no pay. Ek is maar op die punt om my self te blacklist. Al bel en email jy jou deb mense het hulle nog steeds probeer geld af te trek wat my nou met bank koste gelos het. Die FNB se kamstig covid 19 is n scam. Op die harde manier geleer.

koos10 ·

Lyk my nie SA burgers verstaan mooi nie. Dit gaan nie oor rook of drink nie. Dit gaan hier oor die feit dat ons land ‘n demokrasie is, maar nogtans besluit die regering (nogal ‘n minister) wat ek mag en nie mag doen nie. Ons menseregte word vertrap, en ons sê ja en amen daarop.
Wat ons regering verkondig, “freedom” is nie wat hulle afdwing nie. Wat is volgende? Om te braai is onwettig want die rook beskadig jou longe? Of die kole kan jou brand?
Mense kom by, as ons nie nou opstaan nie is ons en ons land vir ewig verby.

Petrus Johannes ·

Se dan wat ons moet doen Almal praat en raas maar gee dan n werkbare voorstel Honderde se ons mense slaap MAAR se nie wat gedoen moet word omdat hul ook nie weet

Adam Adriaan ·

Om te dink en om’n regte besluit te neem sal ‘n nuwe ervaring vir die regering (ANC/EFF) wees

Pieter ·

Ekself rook nie, maar laat die rokers hul gang gaan en bydrae tot die fiskus en begroting. Kan dalk rommelstatus bietjie verlig. Onlangs gelees dat rokers beter bestand teen Covid-19 is as nie-rokers agv nikotien wat selle seël. Laat mense rook en sien wetenskaplik indien dit so is.

Chivago ·

Kom laat ek sommer nou vir die onbevoegde, korrupte spulletjie vertel – wanneer julle die verbod ophef, sal ek voortgaan om die “onwettige” sigarette te koop. Geen sent van my sal julle weer sien dmv sondebelasting nie!

Chris ·

Lyk vir my Zuma rook Mazzotti zolle. Gn wonder sy kan nie eers oordentlik praat nie.

ronel ·

Die verbod op seker produkte maak beslis nie sin nie, wat mens kan koop en nie koop nie is verwarrend at best, wat drank en sigarette betref, iewers langs die pad mis die regering beslis die punt- verban sigarette want dis sleg vir jou, maar soos almal reeds uitgewys het, al wat die regering eindlik verban het is hul eie sonde belasting inkomste, mense het nie opgehou rook of koop nie, die mark is net ondergronds gedryf, verban drank want dit laat besope mense onverskillig optree, presies hoe onverskillig dink hulle is die tuisgebroude brousels wat mense self aanmekaar slaan? Nou selfs die verbanning van NGO’s wat self sorg vir hul gemeenskap ??
Al wat die regering wel reg gekry het is om die mark struktuur te verander en dis nie ‘n kultuur of struktuur wat sommer weer gaan reg kom, mens skuif na swart mark produkte, mense begin selfbehoud en innovasie plaas voor wetsgehoorsaamheid, al wat hul reg gekry het is om die nasie te leer om die wet te omseil op elke moontlike manier.

Marisa W ·

Ons regering kan nie die virus beheer of ingeligte besluite of planne maak nie. Hierdie verbod asook die verbod op alkohol slegs om te probeer bewys dat hulle nog in beheer is – hulle polisieer die “soft targets” omdat hulle geen benul het hoe om ‘n land te regeer onder normale omstandighede nie – wat nog te se van onder hierdie nuwe omstandighede.

IQMaps ·

Sou kon saam stem sy het die aankondiging in haar amptelike hoedanigheid gemaak as dit deur die president ondersteun was, wat tot dusver nog geen woord gepiep het nie. Selfs minister van finansies is stil gemaak. Daar is nie net verdeeldheid in die kabinet nie maar ook die ANC. ANC is nie by magte om beroep op die burgers te doen om saam te werk met die afsondering nie want dit is drakonies. Ek gee nie om wat die ANC sê nie maar wel wat die president gaan doen as die hoof van die land en die regering. As NDZ voel sy as vrou en haar ras is aangetas deur opmerkings dan is dit wat dit is, elke sport het sy besering. Die virus onderskei nie tussen ras of status nie maar wel die regering waar rassisme en status aan die orde van die dag is. Die land het ‘n regering nodig wat blind is vir kleur en wat Christenskap eerste stel en dan sal die ander goed bysake wees. Elkeen moet kan doen en leef wat reg is vir die individu, ons het net een lewe gekry.

koos ·

Ek sê dit nou al lankal – CR is net die gesig. Die “den of thieves” is die 80-sterk NEC, hulle is die ware regeerdeers en opregte bedrieërs. CR voer net opdragte uit, moenie logika van hom verwag nie. Gaan Google bietjie “camo quattro” en moenie vir my sê die wonderlike mandela het nie daarvan geweet nie. God is nie blind nie, ou maatjie.

Nicolene ·

Solank Dlamini iets hieruit kry….wat ek dink bydrae tot haar besluit…gaan ons rookers of ten duurste betaal op onwettige wyse. Of sy gaan maar moet besluit om haar land te red en nie haar eie sak nie!!!! Dis ook nie dae nadat Ramaphosa aangekondig het , dat sy anders besluit nie. Iewers is iets nie reg nie…

OP drank kan mens nog dink en weet daar is gevare en rooi ligte…maar ek is tuis en afgesonder…hoekom kan ek nie rook nie????

Wondermaarnet ·

Mense wat nog nooit gerook het nie doen die virus op so dit het niks met rook te doen nie. Wat het van menselike regte geword? Dit is my menslike reg om te mag rook en sigarette te koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.