Kenners ondersoek massastranding van dolfyne

Dolfyne strand taamlik gereeld aan die Oos-Kaapse kus. Argieffoto: Mabel Jansen via Facebook

Mariene bioloë was Woensdag steeds besig om ter plaatse ondersoek in te stel na 2019 se eerste massastranding van dolfyne aan die Suid-Afrikaanse kus.

Die vlieënier Andrew de Bruyn was Maandagmiddag per helikopter saam met twee kollegas van die Oos-Kaapse nood- mediese dienste van Port Elizabeth op pad terug na Oos-Londen toe hulle die gestrande dolfyne gewaar op die afgeleë Woody Cape-strand in die Nasionale Addo-Olifantpark, sowat 12 km suid van die dorp Alexandria.

Van die diere het toe nog geleef, het De Bruyn aan die radiostasie Algoa FM gesê. Bloed het by van die dolfyne se bekke uitgekom, terwyl sommige gelyk het asof hulle van die vel aan hul lyf verloor het.

Rob Milne, senior mariene veldwagter van die park, sê hulle het laat Maandagmiddag met die park se vliegtuigie oor die gebied gevlieg en 16 dolfyne op die strand getel. Omdat dit hooggety was en Woody Cape-strand net kuslangs bereikbaar is, moes hulle tot Dinsdagoggend wag om daarheen te gaan.

ʼn Span van die Bay World-akwarium in Port Elizabeth het min of meer dieselfde tyd die strand bereik, waar nekropsies nog op die dolfyne uitgevoer word. Dr. Greg Hofmeyr, mariene bioloog van Bay World, kon reeds vasstel die diere was almal gesond ten tyde van die stranding.

Milne vertel grootskaalse strandings gebeur taamlik gereeld in dié omgewing. Die vorige geval was in April verlede jaar. In die afgelope drie jaar het 68 dolfyne aan dieselfde stukkie kuslyn gestrand, volgens Hofmeyr weens die topografie van die omgewing.

Hy sê dis weliswaar tragies dat dolfyne van tyd tot tyd strand, maar dis ʼn natuurlike verskynsel en behels amper altyd gesonde diere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Donderstorm ·

Geen vloot ping oefeninge in die nabyheid gewees nie?

zoom zoom ·

Hoop nie dit ontaard in Clifton strand nr 4 debakel nie.

Magda ·

Mag ek n mening waag…? Exploration van olie…. die frekwensie wat daardie masjiene naby of in die water maak asook die gas wat tel word maak die visse met hul sensitiewe ore mal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.