Kenners op pad na Noordkus oor visvrektes

Talle visvrektes is die afgelope paar dae aangemeld. (Foto: Ben Carnie/Facebook)

’n Span spesialiste is op pad na KwaZulu-Natal se Noordkus om ondersoek in te stel nadat ʼn brand verlede week by ’n chemikaliepakhuis uitgebreek en grootskaalse visvrektes tot gevolg gehad het.

Duisende visse en ander seediere het langs die kus van Umdloti en Umhlanga begin uitspoel nadat giftige stowwe glo in die see beland het toe plunderaars onder meer die UPL-aanleg in Cornubia, Durban, aan die brand gesteek het.

Groot hoeveelhede onkruiddoders, swamdoders en plaagdoders was in die pakhuis gestoor toe dit gedurende verlede week se onluste deur plunderaars aan die brand gesteek is.

Barbara Creecy, minister van omgewing, bosbou en visserye, het Woensdag in ’n verklaring gesê diep kommer heers nou oor die omgewingsimpak wat die brand op die luggehalte sowel as die omgewing se water- en mariene ekostelsels kan hê.

Creecy se departement het op versoek van KwaZulu-Natalse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, Ravi Pillay, besluit om ’n span spesialiste na KwaZulu-Natal te stuur om die situasie te probeer beredder.

Die span bestaan ​​uit individue met tegniese vaardighede in onder meer waterstelsels en epidemiologie (die assessering van gesondheidsrisiko’s).

Die span sal Donderdag in Durban aankom en het ten doel om ondersteuning aan die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, sowel as die eThekwini-munisipaliteit te verleen.

“Die prioriteit is in hierdie stadium om te verseker dat die impak beperk word en dat dit doeltreffend beheer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maggies ·

Hoe beberk en voorkom mens die skade wat alreeds gedoen is? Mens kan eerder voorkom dat dit erger raak en die skuldige opswepers laat betaal vir die verlies en die onverantwoordelike daad.

SomeOne ·

is daar nie weer ‘n klomp kubane ingevoer vir die delikate saak nie ?
sa het mos nie die kundigheid daarvoor nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.