‘Kenners’ sal besluit oor verdere Nkandla-opgraderings

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die minister van openbare werke het Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê slegs “veiligheidskenners” sal besluit of daar enige verdere opgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning sal plaasvind.

Minister Thulas Nxesi het geantwoord op ʼn vraag van Kenneth Mubu, DA-LP, oor wanneer sy departement opgraderings by Nkandla sal voltooi. Nxesi het benadruk dat verskeie verslae, insluitend dié van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), bevind het dat veiligheidsmaatreëls by Nkandla steeds nie voldoende is nie.

Nxesi het gesê daar sal ʼn evaluering gedoen word om te besluit watter opgraderings in die tweede fase gedoen moet word voordat dit met die minister van polisie bespreek sal word. Nxesi se antwoord het sterk kritiek van die opposisie uitgelok. Hy het gesê die regering word deur kenners se opinies gelei oor veiligheidsmaatreëls by alle amptelike geboue en dat dit hersien word wanneer nodig.

Nathi Nhleko, minister van polisie, het verlede maand bevind dat Zuma nie enige geld hoef terug te betaal vir die opgraderings aan Nkandla nie. Hy het ook bevind dat daar nog opgraderings gedoen moet word. Nhleko se verslag dien tans voor ‘n ad hoc-komitee wat moet aanbeveel of die Nasionale Vergadering dit moet aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

hennie ·

Met wie se geld en waarom aan sy private plek. Hy moet dit dan verklaar as amptelike staatswoning en ook sodoende oorgee aan die volgende President. Verkwisting van Belastingbetalers se geld

aj ·

Ek dink die ou het nou genoeg uit ons gesuig en wie gaan vir fase 2 betaal ek hoop die weg kykers want hul vat net en ons moet maat stil bly nee laat hy self vir fase 2 betaal of vra vir sy insluip vriende om te betaal want hul gaan tog daar sit en planne maak hoe om ons verder uit te byt

Edwin ·

as die staat vir Nkandla betaal behoort Nkandla inderdaad aan die staat en moet die hele dorp oorgaan na die nuwe president. Dis tog beskaafde logika

zahn ·

More Edwin. Jou laaste sin het twee foute in.
Beskaafd is nie sinoniem met Nar 1 nie.
Logika? Wat is dit? Ons aanvaar dit as logies dat Nar 1 onnosel is, en hy is nie. Glad nie.

Afrikaner ·

Hy is n’ skande vir die land. Die sprinkaan verlustig hom todat die laaste koringaar opgevreet word en dan veroordeel hy die boer.

Winston ·

Dit is inderdaad so dat Nkandla nou staatseiendom is en kan hulle hom in openbare belang onteien soos bepaal in Grondwet. Laasgenoemde wet is egter nou ANC toiletpapier. Het sy beeste horings? Dit moet ook skerpgemaak word vir ekstra beskerming.

H ·

Ek kan nie glo dit gaan maar net aan en aan nie..wie of waar stuit mens sulke korrupsie, verkwisting, ens…ens? Is daar nie ‘n plek waar mens sulke drek kan verkla nie, VN of so iets? Ons leef nou al onder “appartheid” vir 20 jaar! Is genoeg nie genoeg nie?

scalla ·

Kenners sal besluit, so dit is mos n bewys die vorige opgraderings is deur onbevoegdes/ nie kenners gedoen, pateties

Eddie ·

Mense asb!!! Julle moet vertaan dat jy nie water op n elektriese vuur kan gooi nie. So ja die swembad is vir die grasdakke. Nou moet hulle n Borrelbad insit om skuim te maak vir die elektriese brande. Dit is wat die kenners sal besluit gee julle n brief. Maak dit nie sin nie. ??????

Berhalet Beukes ·

Ek hoop hy betaal self vir die kenners en die opgradering. Die belastingbetalers skuld hom niks!

HEVW ·

Temidde van al hierdie korrupsie is dit seker dat die kenners alreeds n ietsie onder die tafel deur gekry het. En dit is nie maar net n spitgebraaide speenvarkie nie.

HEVW ·

Soos ek die foto sien is daar geweldig groot oppevlakte dak met dekgras. zum wat so beheb met veiligheid is, moet kennis neem dat dit beslis nie die veiligste dakbedekking is nie. Dit sal vervang moet word met iets wat vuurvas is of die firepool sal baie vergroot moet word. Wag hulle koppe is vatbaar vir enige ondenkbare verspotte grap.

CHRISTA ·

Die ANC is die ontwerpers van DISKRIMINASIE. Lees net ‘n paar vorige berigte en kyk hoeveel blanke boere en hulle gesinne aangeval is. Zuma se g___!!! Wat maak SY LEWE meer belangrik as ons ander landburgers s’n?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.