Kenners sê oor honde wat byt

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die dood van ʼn jong man van Ermelo in Mpumalanga die afgelope week het opnuut vrae laat ontstaan oor hoe veilig dit is om sekere honderasse aan te hou. Maroela Media se lesers was boonop baie verdeeld oor wie die skuld moet kry – indien enigiemand – wanneer ʼn hond iemand aanval.

Maroela Media het verlede week berig Ruan van Staden (20) is dood toe twee Bullmastiffs, wat aan sy pa behoort, hom aangeval het. Ruan se pa was nie tuis tydens die voorval nie.

Volgens die polisie het ʼn buurvrou ondersoek ingestel toe sy geluide gehoor het en ʼn waarskuwingskoot in die lug afgevuur om die honde af te skrik. Dit het nie gehelp nie.

Lede van ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy is ontbied en hulle het die honde van kant gemaak. Dit was egter te laat om Van Staden se lewe te red, het die polisie gesê.

Dit was ook nie duidelik wáárom die honde Van Staden aangeval het nie.

Só sê gedragskenner

Shannon McKay, ʼn kenner in dieregedrag, het by navraag gesê honde byt gewoonlik omdat hulle bedreiging ervaar, hetsy van hulle kos, of die ruimte waarin hulle bly. “In sommige gevalle kan ʼn hond se natuurlike prooi‑dryf – wat bestaan sodat ʼn hond kan jag en oorleef –in ʼn sosiale opset wanfunksioneer.”

McKay het gesê ʼn dier se gedrag kan nooit gewaarborg word nie en dat dit dwaas is om aan te neem jy kan hulle gedrag voorspel. Volgens haar kan ʼn hond wat nie aggressief nie, weens die verkeerde opleiding wél aggressief word. Dit is onwaarskynlik dat ʼn aggressiewe hond (waar die probleem in die hond se genetiese temperament lê) nie-aggressief gaan wees ná opleiding. McKay het gesê geen opleiding kan genetika ongedaan maak nie en onder sekere omstandighede sal enige hond byt.

McKay het bygevoeg sommige honde neig meer na aggressiewe gedrag, dikwels weens hul gene, wat dit moeilik maak om die probleem op te los. Kwessies soos onbehoorlike sosialisering, hantering en versorging van die dier kan ook tot aggressiewe gedrag lei.

Volgens haar is dit kritiek om die regte ras vir jou omstandighede te kies. “Net soos ʼn leerlingbestuurder nie met ʼn Ferrari gaan leer bestuur nie, moet ʼn beginner-eienaar ʼn hond kies wat by hulle hondehanteringsvaardighede pas.

“Honde is amoreel. Uit hulle oogpunt is hulle gedrag nie sleg nie, dis bloot die manier waarop hulle optree. Ons kan dus nie sê daar is sogenaamde ‘slegte honde’ nie, omdat dit impliseer dat hulle op een of ander vlak verstaan dat hulle gedrag verkeerd is. Tog kry ons aggressiewe honde en die gedrag moet binne die raamwerk van die breër publiek in gedagte gehou word.

“Ek dink die aantal sogenaamde ‘slegte eienaars’ is ook ʼn baie klein minderheid. Die meeste van die tyd is eienaars arrogant of onkundig oor hulle eie vermoëns.”

Volgens McKay funksioneer honde wat vir byvoorbeeld veiligheidsdoeleindes aangehou word, beter as ʼn vroeë waarskuwingstelsel – en dan verkieslik van binne die huis. “Dit is onrealisties en gevaarlik om van ʼn hond te verwag om te weet wanneer om betreders te verjaag, maar ander gaste hartlik te verwelkom.”

McKay het gesê wanneer ʼn hond eers iemand gebyt het, is daar heelwat faktore om in ag te neem wanneer oor die hond se toekoms besluit word. “As ʼn aanval nie uitgelok is nie en die hond het ander opsies gehad, byvoorbeeld om weg te hardloop, en hy byt steeds, is die prognose as ʼn algemene reël nie goed nie.”

Sy het gesê daar moet altyd gelet word op enige teken van stres, soos ʼn hond wat sy lippe lek, onvanpas gaap, probeer wegbeweeg of geluide maak. “As die eienaar nie kan uitpluis wat dit veroorsaak en die probleem oplos nie, moet hy professionele hulp kry. Enige aggressie wat nié uitgelok is nie, moet dringend met die hulp van ʼn kundige aangepak word.”

McKay het ook ʼn beroep op troeteldiereienaars gedoen om navorsing te doen oor watter ras by hulle omstandighede en vermoëns pas.

Veilige hawe vir honde

Johanette Smith, verbonde aan die organisasie SA Boerboel & Mastiff Welfare Network, stem saam met McKay dat ʼn positiewe omgewing en korrekte opleiding die meeste struikelblokke uit die weg kan ruim. Die organisasie beywer hom om geskikte huise vir honde te vind.

“Boerboele en mastiffs is familiehonde. Net soos enige ander ras het hulle die potensiaal om aggressief te wees, maar as jy hom reg grootmaak en oplei, is dit seker een van die beste rasse om te hê,” het Smith gesê.

Volgens haar lei onkundige kommentaar en houdings teenoor sekere honderasse dat daar in Suid-Afrika, soos in sommige ander lande, al vinniger beweeg word na sogenaamde rasspesifieke wetgewing. “Met ander woorde, daar gaan honderasse wees wat nie meer aangehou mag word nie.”

Smith het ook gesê daar is reeds sommige organisasies wat spesifieke rasse glad nie meer laat aanneem nie, maar verkies om die diere eerder van kant te maak.

Sommige kragtige honderasse het ʼn ferm aanslag nodig en honde moet behoorlik opgelei word oor waar hulle in die gesin se hiërargie pas. “As jy onkundig daaroor is, kan ʼn opgeleide afrigter jou help,” het Smith gesê.

Sy waarsku ook dat énige hond gevaarlik kan wees, maar dat die grootte van die dier ʼn groot rol speel. “ʼn Jack Russel se byt mag dalk net ʼn paar steke nodig hê, maar ʼn hond wat tussen 50 en 80 kg weeg, se byt gaan erger wees en die skade groter.”

Eise ingedien

André van der Westhuizen, ʼn prokureur by die firma Gert Nel Prokureurs, het gesê daar is ʼn toename in die getal mense wat eise indien nadat hulle deur ʼn hond gebyt is. Van der Westhuizen het gesê dít kan waarskynlik toegeskryf word aan mediaberiggewing oor soortgelyke voorvalle.

Volgens hom is daar min sogenaamde uitsluitingsgronde vir ʼn eis. “As jy egter onregmatig op iemand se perseel is, soos byvoorbeeld ʼn dief, of in die geval van provokasie, kan ʼn beseerde persoon probleme optel met só ʼn eis,” het Van der Westhuizen gesê.

“[Vir ʼn eis] om te slaag, moet ʼn persoon wel bewys dat die hond contra (teen) sy natuur opgetree het. Daar word ook verwag van die eienaar om die nodige voorsorg te tref waar mense sy of haar perseel besoek.”

Hy het gesê die meeste eise spruit voort uit honde in private besit, oftewel troeteldiere. “Daar is baie min gevalle waar ʼn sekuriteitsfirma se honde al betrokke was. Sulke honde is gewoonlik op ʼn leiband en het ook gewoonlik ʼn wag wat hulle hanteer,” het Van der Westhuizen gesê.

Onvoorwaardelike liefde

“Baie mense doen glad nie hulle huiswerk as dit by honde kom nie. Onthou, diere benodig lewenslange toewyding. Hulle is nie bloot bykomstighede nie en hou langer as ʼn seisoen,” sê Smith.

Smith glo as ʼn hond met respek en liefde hanteer word, en deel vorm van die familie, sal hy jou onvoorwaardelik liefhê en beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

48 Kommentare

jongste oudste gewildste
Linda

Ek het al baie baie ‘gevaarlike’ rasse honde gehad en nog nooit probleme gehad nie. Hoekom? Want EK gee hulle liefde, aandag en disipline. Dis die mense wat hulle so ‘wild’ maak en hulle sleg behandel.

CK

Baie dankie aan Maroela Media wat die tyd geneem het om met hierdie kennes te gesels. Ek as pitbull eienaar waardeer dit. Ek is ook baie verjeug om te lees dat sy dit uiters belangrik ag dat enige persoon eers navorsing moet doen oor die tipe ras wat jy wil kry as troeteldier. Ons het eindelose navorsing gedoen en het mense besoek wat pitbulle het en toe eers besluit om hulle te kry as troeteldiere. Ons het 3 en is bitter lief vir hulle. Al 3 is soos kinders in ons huis. Ons maak hulle wel toe wanneer ons kuiergaste… Lees meer »

J

Die eienaars is gewoonlik nalatig. Ek en my man het die naweek van die 21ste Maart gaan stap met ons skoothondjies. Soos ons verby n huis gestap het , het die mense hulle groot 2 groot swart honde laat uitgaan en gestaan en kyk hie hulle 2 honde my en my man aanval en my hond byt. Waar begin die eienaarres op ons vloek en skreeu na my man vir haar en haar man gevra het keur julle honde. Babiana straat Sinoville waar 2 groot swart hone se eiernaars woon.

jennifer

vir my lyk dit asof die duiwel in indie hinde gevaar het net soos met die kinders want
ons het van God vergeet.

DA BO

Linda ek stem saam. Jongmense dink omdat dit hulle honde is kan ek hom skop en slaan. My eie kind is gebyt asgevolg van hom wat die hond sommer uit sy pad probeer skop. My diere ken nie aggresie teenoor hulle nie, en so ook baie ander mense se honde. So as jy aggresief teenoor hom gaan optree gaan hy homself verdedig. Punt. En nog iets wat mense gerus maar moet doen. Maak jou honde altyd toe as daar ander mense in die omtrek is. Kindertjies speel met hulle eienaar maar die hond sien dit as n aanval op sy… Lees meer »