Kenners sê oor honde wat byt

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die dood van ʼn jong man van Ermelo in Mpumalanga die afgelope week het opnuut vrae laat ontstaan oor hoe veilig dit is om sekere honderasse aan te hou. Maroela Media se lesers was boonop baie verdeeld oor wie die skuld moet kry – indien enigiemand – wanneer ʼn hond iemand aanval.

Maroela Media het verlede week berig Ruan van Staden (20) is dood toe twee Bullmastiffs, wat aan sy pa behoort, hom aangeval het. Ruan se pa was nie tuis tydens die voorval nie.

Volgens die polisie het ʼn buurvrou ondersoek ingestel toe sy geluide gehoor het en ʼn waarskuwingskoot in die lug afgevuur om die honde af te skrik. Dit het nie gehelp nie.

Lede van ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy is ontbied en hulle het die honde van kant gemaak. Dit was egter te laat om Van Staden se lewe te red, het die polisie gesê.

Dit was ook nie duidelik wáárom die honde Van Staden aangeval het nie.

Só sê gedragskenner

Shannon McKay, ʼn kenner in dieregedrag, het by navraag gesê honde byt gewoonlik omdat hulle bedreiging ervaar, hetsy van hulle kos, of die ruimte waarin hulle bly. “In sommige gevalle kan ʼn hond se natuurlike prooi‑dryf – wat bestaan sodat ʼn hond kan jag en oorleef –in ʼn sosiale opset wanfunksioneer.”

McKay het gesê ʼn dier se gedrag kan nooit gewaarborg word nie en dat dit dwaas is om aan te neem jy kan hulle gedrag voorspel. Volgens haar kan ʼn hond wat nie aggressief nie, weens die verkeerde opleiding wél aggressief word. Dit is onwaarskynlik dat ʼn aggressiewe hond (waar die probleem in die hond se genetiese temperament lê) nie-aggressief gaan wees ná opleiding. McKay het gesê geen opleiding kan genetika ongedaan maak nie en onder sekere omstandighede sal enige hond byt.

McKay het bygevoeg sommige honde neig meer na aggressiewe gedrag, dikwels weens hul gene, wat dit moeilik maak om die probleem op te los. Kwessies soos onbehoorlike sosialisering, hantering en versorging van die dier kan ook tot aggressiewe gedrag lei.

Volgens haar is dit kritiek om die regte ras vir jou omstandighede te kies. “Net soos ʼn leerlingbestuurder nie met ʼn Ferrari gaan leer bestuur nie, moet ʼn beginner-eienaar ʼn hond kies wat by hulle hondehanteringsvaardighede pas.

“Honde is amoreel. Uit hulle oogpunt is hulle gedrag nie sleg nie, dis bloot die manier waarop hulle optree. Ons kan dus nie sê daar is sogenaamde ‘slegte honde’ nie, omdat dit impliseer dat hulle op een of ander vlak verstaan dat hulle gedrag verkeerd is. Tog kry ons aggressiewe honde en die gedrag moet binne die raamwerk van die breër publiek in gedagte gehou word.

“Ek dink die aantal sogenaamde ‘slegte eienaars’ is ook ʼn baie klein minderheid. Die meeste van die tyd is eienaars arrogant of onkundig oor hulle eie vermoëns.”

Volgens McKay funksioneer honde wat vir byvoorbeeld veiligheidsdoeleindes aangehou word, beter as ʼn vroeë waarskuwingstelsel – en dan verkieslik van binne die huis. “Dit is onrealisties en gevaarlik om van ʼn hond te verwag om te weet wanneer om betreders te verjaag, maar ander gaste hartlik te verwelkom.”

McKay het gesê wanneer ʼn hond eers iemand gebyt het, is daar heelwat faktore om in ag te neem wanneer oor die hond se toekoms besluit word. “As ʼn aanval nie uitgelok is nie en die hond het ander opsies gehad, byvoorbeeld om weg te hardloop, en hy byt steeds, is die prognose as ʼn algemene reël nie goed nie.”

Sy het gesê daar moet altyd gelet word op enige teken van stres, soos ʼn hond wat sy lippe lek, onvanpas gaap, probeer wegbeweeg of geluide maak. “As die eienaar nie kan uitpluis wat dit veroorsaak en die probleem oplos nie, moet hy professionele hulp kry. Enige aggressie wat nié uitgelok is nie, moet dringend met die hulp van ʼn kundige aangepak word.”

McKay het ook ʼn beroep op troeteldiereienaars gedoen om navorsing te doen oor watter ras by hulle omstandighede en vermoëns pas.

Veilige hawe vir honde

Johanette Smith, verbonde aan die organisasie SA Boerboel & Mastiff Welfare Network, stem saam met McKay dat ʼn positiewe omgewing en korrekte opleiding die meeste struikelblokke uit die weg kan ruim. Die organisasie beywer hom om geskikte huise vir honde te vind.

“Boerboele en mastiffs is familiehonde. Net soos enige ander ras het hulle die potensiaal om aggressief te wees, maar as jy hom reg grootmaak en oplei, is dit seker een van die beste rasse om te hê,” het Smith gesê.

Volgens haar lei onkundige kommentaar en houdings teenoor sekere honderasse dat daar in Suid-Afrika, soos in sommige ander lande, al vinniger beweeg word na sogenaamde rasspesifieke wetgewing. “Met ander woorde, daar gaan honderasse wees wat nie meer aangehou mag word nie.”

Smith het ook gesê daar is reeds sommige organisasies wat spesifieke rasse glad nie meer laat aanneem nie, maar verkies om die diere eerder van kant te maak.

Sommige kragtige honderasse het ʼn ferm aanslag nodig en honde moet behoorlik opgelei word oor waar hulle in die gesin se hiërargie pas. “As jy onkundig daaroor is, kan ʼn opgeleide afrigter jou help,” het Smith gesê.

Sy waarsku ook dat énige hond gevaarlik kan wees, maar dat die grootte van die dier ʼn groot rol speel. “ʼn Jack Russel se byt mag dalk net ʼn paar steke nodig hê, maar ʼn hond wat tussen 50 en 80 kg weeg, se byt gaan erger wees en die skade groter.”

Eise ingedien

André van der Westhuizen, ʼn prokureur by die firma Gert Nel Prokureurs, het gesê daar is ʼn toename in die getal mense wat eise indien nadat hulle deur ʼn hond gebyt is. Van der Westhuizen het gesê dít kan waarskynlik toegeskryf word aan mediaberiggewing oor soortgelyke voorvalle.

Volgens hom is daar min sogenaamde uitsluitingsgronde vir ʼn eis. “As jy egter onregmatig op iemand se perseel is, soos byvoorbeeld ʼn dief, of in die geval van provokasie, kan ʼn beseerde persoon probleme optel met só ʼn eis,” het Van der Westhuizen gesê.

“[Vir ʼn eis] om te slaag, moet ʼn persoon wel bewys dat die hond contra (teen) sy natuur opgetree het. Daar word ook verwag van die eienaar om die nodige voorsorg te tref waar mense sy of haar perseel besoek.”

Hy het gesê die meeste eise spruit voort uit honde in private besit, oftewel troeteldiere. “Daar is baie min gevalle waar ʼn sekuriteitsfirma se honde al betrokke was. Sulke honde is gewoonlik op ʼn leiband en het ook gewoonlik ʼn wag wat hulle hanteer,” het Van der Westhuizen gesê.

Onvoorwaardelike liefde

“Baie mense doen glad nie hulle huiswerk as dit by honde kom nie. Onthou, diere benodig lewenslange toewyding. Hulle is nie bloot bykomstighede nie en hou langer as ʼn seisoen,” sê Smith.

Smith glo as ʼn hond met respek en liefde hanteer word, en deel vorm van die familie, sal hy jou onvoorwaardelik liefhê en beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Linda ·

Ek het al baie baie ‘gevaarlike’ rasse honde gehad en nog nooit probleme gehad nie. Hoekom? Want EK gee hulle liefde, aandag en disipline. Dis die mense wat hulle so ‘wild’ maak en hulle sleg behandel.

JoeF ·

@Linda, en dan kom iemand, n vriend, kennis of iets te naby dan val hul aan. Daar is beslis meer gevaarlike rasse as ander, maak nie saak hoe jy hul groot maak nie.

cha ·

Linda, ons is deur en deur honde-mense, en ons weet hoe om honde te dissiplineer. Ons honde is gesteriliseer, weet nie van buite slaap nie, ons gaan stap elke dag met hulle, hulle word oolaai met liefde, en aandag. Een van ons honde het egter tye wat hy geweldig aggressief is(gelukkig is dit ‘n middelslag-ras), geen veearts het raad behalwe om hom te laat uitsit nie, wat natuurlik nie vir ons ‘n opsie is nie. Daar is geen kinders in ons huis nie. Is ek en my man nou hierdie mense wat volgens jou honde ‘wild’ maak deur hulle sleg te behandel? Hou asb op om te veralgemeen net omdat jy nog nie in so ‘n situasie was nie.

NNNN ·

My sus is 82 sy het verby iemand se erf geloop, die hond het deur die tralies gespring haar aan die arm beet gekry en om geruk sy is weerloos, haar kop teen die randsteen jeup gebreek sy sit al met die tweede operasie sukkel nou om te loop waar sy nog kon stap en al haar huiswerk self doen. Die eienaar weier om verantwoordelikheid te neem en my sus se mediese koste net te betaal. Kom voor dat daar mense is wat honde besit maar net om te se ek besit die hond om mee te spog. Is tragies maar waar, ek dink daar is baie sulke gevalle wat mens nie van weet nie.

Waghonde ·

Ons het die laaste 36 jaar altyd ‘n Rotweiler as een van ons honde gehad en het nou ons 5de een. Net soos kinders verskil elkeen al word hulle dieselfde grootgemaak. Sommiges is rustig en vredeliewend ander is opvlieënd en word maklik aggressief. Die mate waarin jy enige hond met ander mense kan vertrou, word deur die spesifieke dier se persoonlikheid bepaal.

CK ·

Baie dankie aan Maroela Media wat die tyd geneem het om met hierdie kennes te gesels. Ek as pitbull eienaar waardeer dit. Ek is ook baie verjeug om te lees dat sy dit uiters belangrik ag dat enige persoon eers navorsing moet doen oor die tipe ras wat jy wil kry as troeteldier. Ons het eindelose navorsing gedoen en het mense besoek wat pitbulle het en toe eers besluit om hulle te kry as troeteldiere. Ons het 3 en is bitter lief vir hulle. Al 3 is soos kinders in ons huis. Ons maak hulle wel toe wanneer ons kuiergaste het. Hulle het ook baie energie en moet baie speel.
Weereens dankie aan Moeral Media.

Dries du Toit ·

CK die feit dat jy hulle toe maak as jy mense kry spreek van self. 90% van honde is van nature n liefdevolle wese. Hulle almal kan dalk om een of ander rede byt, wat verstaanbaar sal wees. Maar dan is daar slegte honde wat geneties n bom is wat wag om te ontplof. Hulle byt nie net nie hulle maak dood. Wetgewing behoort streng te wees met die aanhou van sulke honde

Gys ·

Gelukkig sal honde-eienaars nog steeds die honde van hul keuse kan aanhou, ongeag of dit wettig is of nie. Dis dalk n bedekte seën dat die nakoming van alle wette opsioneel is in SA.

JohanL ·

Dries, ek wil graag by jou hoor wat is jou praktiese oplossing wat dan met sulke honderasse moet gebeur as jy reken wetgewing moet streng wees met die aanhou van sulke honde? Moet mense eers gekeur word of mag mense in totaliteit gald nie sulke rasse aanhou nie? Wat gaan gebeur met so ‘n ras?

Let wel – ek stem saam met jou dat sekere rasse geneties net meer gevaarlik is – geen probleem nie. Maar hoe dink jy moet jou voorstel itv wetgewing in praktiese terme uitgevoer word? Jou voorstel klink goed maar ek wil graag meer hoor.

Rottie-groete.

J ·

Die eienaars is gewoonlik nalatig. Ek en my man het die naweek van die 21ste Maart gaan stap met ons skoothondjies. Soos ons verby n huis gestap het , het die mense hulle groot 2 groot swart honde laat uitgaan en gestaan en kyk hie hulle 2 honde my en my man aanval en my hond byt. Waar begin die eienaarres op ons vloek en skreeu na my man vir haar en haar man gevra het keur julle honde. Babiana straat Sinoville waar 2 groot swart hone se eiernaars woon.

jennifer ·

vir my lyk dit asof die duiwel in indie hinde gevaar het net soos met die kinders want
ons het van God vergeet.

DA BO ·

Linda ek stem saam. Jongmense dink omdat dit hulle honde is kan ek hom skop en slaan. My eie kind is gebyt asgevolg van hom wat die hond sommer uit sy pad probeer skop. My diere ken nie aggresie teenoor hulle nie, en so ook baie ander mense se honde. So as jy aggresief teenoor hom gaan optree gaan hy homself verdedig. Punt. En nog iets wat mense gerus maar moet doen. Maak jou honde altyd toe as daar ander mense in die omtrek is. Kindertjies speel met hulle eienaar maar die hond sien dit as n aanval op sy mens, en kan dan byt. Honde weet nie iemand is jonk of oud of klein nie.

ai ·

Ons het n boerboel en sy is die liefde van self en 9 jaar oud. Baie aandag en baie liefde wat nodig is. En moenie vir hulle skree nie, ‘n hond hou nie daarvan nie en dan luister hulle in elkgeval nie

Nettie ·

@ai, as jy op jou hond skree, is dit net so goed jy blaf so hard soos hy/sy. Honde het die vermoë om woorde te verstaan, maar volsinne soos “Bella, hou nou op met blaf!” gaan letterlik by die een oor in en die ander uit. “Bella! Stop!” in ‘n ferm stemtoon sal baie meer effektief wees.

honourable member ·

Ek stem 100% saam jou Linda. As jy jou dier baie liefde en aandag gee asook die nodige dissiipline het jy n lieflike troeteldier. My tuinhulp is geneig om na my hond te skop en glo my hy werk al 11 jaar by my en my hond kan glad nie vat kry aan hom nie. Sy sal op hom afstorm so ek hou haar in die huis as hy daar werk. Sy vyandige houding teenoor haar laat haar so optree en honde voel sulke goed aan.

J ·

Dan wil ek ook byvoeg. Alle honde eienaars. Neem tog net asseblief julle mede inwoners in julle buurt ook in ag veral as jou honde 27/7 non stop blaf. Hou asb julle honde stil dit is n erge kopseer vir al ons ander inwoners. Ek self het 2 honde en ek het self my honde geleer om nie te blaf nie.

Yvonne ·

J, so vertel jy nou asseblief vir my en die res hoe leer jy ‘n hond om nie te blaf nie en stil te bly. Ek sal baie graag wil weet .

Siener ·

Dis maklik Yvonne. Gaan praat met jou buurman oor sy honde wat helnag deurblaf en jou slaap versteur. As hy nie luister nie dan gooi jy tussen 01h00 en 04h00 elke uur twee groot bom klappers langs sy slaapkamer venster. Die tweede aand slaap sy blaffende honde saam met hom in die huis.

Ag toggie ·

Baie maklike Yvonne – D I S S I P L I N E …………
Kyk hoekom jou woefies blaf en as dit vir nonsens is, berispe hulle.
So leer jy hulle om nie vir die wind en blare wat waai vir ure te blaf as vermaak nie.

Nettie ·

@J – waarvoor het mens dan honde, as hulle nie mag blaf wanneer hulle jou wil waarsku teen iets wat jou erf betree of by jou hek is nie? As jou omgewing se woewe se geblaf jou irriteer, moet jy maar uitvurk en betaal vir omgewing se honde se operasies om hul stembande uit te haal of jy sal moet belê in ‘n opleidingskursus vir jou omgewing se honde – om te leer skryf om só hul eienaars van die voornemende dief in hul erf of by hul hek te waarsku.

Sowaar ·

My buurman se hond het my wakker geblaf. Toe koop ek die hond by hom, nou blaf die hond hom wakker.

Asterix ·

Yvonne

Eerstens, honde blaf uit frustrasie uit (meestal agv verwaarlosing). Begin deur daagliks met jou diere te gaan stap / draf.

Tweedens, moet hulle nie alleen in ‘n klein erfie gevangene hou die heeldag nie.

Derdens, kan jy is dit bloot ‘n geval om jou honde te kondisioneer om nie te blaf nie. Waneer ‘n hond sy aandag vestig op iets om voor te blaf moet jy so gou as moontlik sy aandag breek – klap hande, of spuit hom met water. Indien jy dit konsekwent en geduldig doen sal die hond binne ‘n paar dae nie meer blaf nie.

Asterix ·

@Siener

Jy maak ‘n fout. Jou buurman se slaapreëlings sal nie verander nie.

Joune, aan die ander hand, sal, aangesien jy in die tronk sal slaap. Die gebruik vaan vuurwerke is onwettig.

J ·

Sinoville Pretoria. Babiana str. Is ek en my man met ons 3 skoot hondjies aangeval deur 2 groot honde nadat die euenaarres gestaan en kyk het hoe haar honde ins aanval nadat sy self hulle laat uitkom het na sy die hek oopgemaak. My man vra hulle mooi keur julle honde net voor hulle my hond gebyt het. Waar begin die eienaares op ons te gil asof ek en my man nalatig was.

Emma ·

Maak jou hond reg groot en jy sal nooit probleme he nie. Baie (indien nie meeste) mense weet nie hoe om hul honde op te lei sonder om bang en aggressiwe gedrag aan te moedig nie. MOENIE JOU HONDE SLAAN NIE FFS. GEE LIEFDE. GEE AANDAG. Maak nie saak watse hond dit is nie. Gee positiewe opleiding. Sit eerder die eienaars uit voor julle die honde uitsit.

Vriend van hond ·

‘n Hond is soos ‘n kind en moetso grootgemaak word. “n Hond wat buite slaap kan jy net sowel van ontslae raak. Benodig baie aandag en liefde. My honde is op die punt om te begin praat.

Piet ·

Ai, die verskoning soek van honde eienaars is om van te lag. Honde bly vuil, stink springop, lek, blaf en byt. Wie wil nou so ding aanhou.

Anni ·

Ag Nee regtig piet, dis nou n lelike aanmerking. Gelukkig het ek baie liefde om te gee namens mense soos Jy.

Piet ·

Anni, dis regso. Hoop jou huis is skoon en nie so vuil soos honde eienaars wie se huise ek al noodgedwonge moes betree het nie. Hare ooral en dan word die goed nog van die tafel af gevoer. My eetlus verdwyn sommer daar en dan.

D ·

Ai Piet,

Dalk moet jy dan maar net by jou eie huis bly?
Die wereld om jou leef nie om jou gelukkig te maak nie. As jy nie van diere hou nie, is dit reg so maar moet nie probeer om mense wat wel lief is vir diere soos minder as jy laat klink nie.

Sal graag wil sien hoe helder die son uit jou gat skyn? Dalk kan ons al die energie wat jy uitstraal gebruik vir ‘n alternatiewe krag bron.

Piet ·

Dis reg so D (het jy nie n naam nie?) Beledigings en honde eienaars gaan hand aan hand. Geen respek vir hul medemens.

Philip ·

Eerste plek honde moet nooit in die huis slaap of in die huis kom nie dit is wanneer hulle agresief raak teen oor mense wat by jou kom kuier, n hond is n dier en hoort buite, ja jou hond het baie liefde en aandag nodig en moet van klein tyd af reg geleer word. Maak nie saak van ras of ouers nie as jy jou hond van klein tyd af reg groot maak sal jy nooit probleme met die hond he nie.

Anni ·

Hi Philip, ek verskil van jou. Binne of buite slaap is ni oorsaak van agressie ni. Ek laat my honde net klaar groet as ek mense Kry en laat hul uitgaan, Anders neem hul geselskap oor. Hantering en versorging is di grootste probleem. So voel ek maar

Anni ·

1ste wil ek net regstelling maak van honde as Wat seun gebyt het, dit was boerboele, di saak is vir my albei kante baie hartseer. Kind verloor en diere uit gesit. Ons het vir baie jare boerboele gehad, het hul ni groot gemaak om aggresief te wees ni. Hulle was soos my kinders. Party mense Hou diere aan vir verkeerde redes. As hul Klein is, is hul so oulik, grooter word Dan gee hul ni om of hul kos of water Kry ni. Ek Glo ook mos hoe Jy jou diere behandel so gaan hul jou behandel.

Dellie ·

Daai sogenaamde slegte prognose moet beslis op mense ook toegepas word!!!!!

Gaitsigubib ·

Dankie MM dat julle ‘n kenner se opinie plaas. Ek is bly sy praat oor sommige rasse se gene, ek sien egter daar is mense wat nie die berig hoef te lees nie, want hulle is self vrot van al die kennis.

Hondeliefhebber ·

Ons is hondeliefhebbers. Ons ry fiets in die dorp en word gereeld in die straat gestorm, deur honde wat uit die erwe kom. Ons het nog nooit die honde geterg nie, maar sodra hulle n mens sien, kom hulle uit die erf uit en is aggressive. Hoe hanteer mens dit en waar is die eienaars van die honde?

Drawwer ·

As drawwer wat dikwels met hierdie probleem konfronteer word hanteer ek dit as volg:

Staan stil en bulder vir die dier ‘n opdrag (iets soos “Nee!”, “Huis toe!” Of “Foertsek!”). Dit het nog altyd vir my gewerk.

Dra ook pepersproei by jou vir in geval dit nie werk nie.

Ek sal julle ten sterkste aanraai om die eienaars goed te laat verstaan dat hulle gedagvaar gaan en moontlik krimineel aangekla gaan word indien hulle honde iemand in die straat aanval. Gaan op rekord daarmee. Ook dat die DBV ingeroep gaan word indien hulle honde weer buite hul erf sou rondloop.

J ·

Yvonne. Sodra jou honde opspring en hardloop dan roep jy onmidelik jou honde terug en klap jou hande. Sodra hulle terug prys jy hulle. Yvonne en so hou jy aan en siedaar jou honde het geleer om nie te blaf nie.

Pieta ·

Hiert Vlakvark, jy is die slimste kommentator oor die saak, jy verdien sowaar ‘n bottel Klippies op eish en biltong. Spyker op die kop geslaan!

Kediksie ·

Ek het n Doberman en n Weimeraner (onder andere). Aangenome kinnens:-) Ons is ontsaglik lief vir hulle. Dit is ons vierpoot kinders. Hulle het ook hondeskool toe gegaan om hul sosiale vaardighede aan te leer en bevele te gehoorsaam. Elke keer wanneer mense kom kuier (met of sonder kinders) word die reels uitgespel aan ons gaste. Jy slaan nie my diere nie. Jy pla hulle nie. As jy nie hou van die feit dat hulle kom aandag soek by jou nie, draai jou lyf weg en sê ferm “NEE”. My punt is. Dit is my vierpoot kinders. Hulle kan glad nie uit die erf uit kom nie, ons het seker gemaak daarvan. My diere is geleer om ander mense se grense te respekteer en ek verwag dieselfde respek van my gaste teenoor my diere. Ek het intensief huiswerk gedoen oor my diere en die beste wat n verantwoordelike honde eienaar kan doen is om die dier reg op te voed maar ook altyd bewus moet wees van hul doen en late. En dan natuurlik, oorlaai hulle met liefde en aandag. Jou diere moet soos jou kinders wees. As jy dit nie kan doen nie, moet asseblief nie diere aanhou nie.

JohanL ·

Jaaaaa Vlakvark – kan sien hoekom dit jou naam is waaronder jy skryf. Ook geweet Piet sal jou ondersteun. Jy glo ook seker renosterhorings help jou met jou probleme :) LOL

Lizelda ·

Dankie aan almal wat die berig geskryf het dis werklik baie insiggewend en ek hoop ook al die mense wat sekere honde rasse so verskriklik haat het veral die berig gelees. Die laaste paragraaf wat Smith se is absoluut die waarheid

MW ·

Die probleem is altyd daar as ‘n hond onverwags in jou sorg beland. Google. Lees oor die ras. As dit groot honde is wat opleiding moet kry, neem hulle vir opleiding. Wanneer jy gaan kuier en die eienaar se hond/e kom senuagtig/negatief voor, ignoreer en bly weg van hulle af. Gun hul hul spasie. Hulle sal vanself kom aandag soek as hulle gerus voel. Laat hulle ongestoord aan jou ruik. Moenie snaakse bewegings maak nie. Dis maar soos ons mense, jy weet nooit hoe lyk die verlede nie. En krap net agter die ore, nêrens anders nie. En ja, praat sag en gelykmatig, nie nodig te skree nie. Respek verdien respek

Willem ·

Ek stel voor sekere ” honde” rasse moet iets anders genoem word. Dan weet almal waarmee hulle te doen het. Wat van n mengsel van hond en wolf: “Wonde”?

JAN ·

‘n Hond is soos sy baas.

Jy kry die Waaksames onder die katel. Grom en maak stink as daar gevaar is.
Stoep Skippers wat op die matte bollie of les bes op die bed.
Die kitoolse Hekpisters.. wat kom kuier by die hittige meisies oppie erf.
Die Boompisters wat vreeslik blaf en stof skop en teen die hoogste bome blaasledig.
Ook die Bloedhonde wat bloei as hulle gevoertsek word.

Maar Honde se getrouheid en liefde ken die mens nie se gelyke nie.
………….. grappies gelaat………….
Herinner aan die honde wat Isebel / Jezebel die toksiese feminis vrou van Agab opgevreet het dat net haar skedel en voete en hande oorgebly het. [Die allervreeslikste profetiese vloek teen satanisme van die Baalkultus.]
Sy het Jehu verkleineer bespot na die grootste veldslag – toe hy 2 konings gedood het
Oeee onwillekeurig dink ons aan feminisme vandag in veral VSA en VK

Dink u nie dat die ‘honde’ alreeds die Afrikaner volk opgevreet het nie ?
googeloer 1 Konings 16 ; 31

[so gepraat van ‘honde’ waaroor moederator maar kan nadink.]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.