Kenners waarsku parlement teen onteiening sonder vergoeding

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Kenners en bedryfsorganisasies in die landbou het Dinsdag belangwekkende voorleggings aan die parlement se grondwetlike hersieningskomitee gedoen oor ‘n moontlike verandering aan die Grondwet ten einde onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.

Die eerste voorlegging is gedoen deur AgriBiz, wat verwerkers van landbouprodukte verteenwoordig.

AgriBiz het aangevoer dat langtermyn volhoubaarheid en die morele verantwoordelikheid om waardigheid te herstel, die belangrikste bepalers is ter oorweging van die kwessie. AgriBiz se hoof van regsdienste, Theo Boshoff, het gesê die organisasie is teen die verandering van die Grondwet, en sou eerder wou sien dat eiendomsreg na meer Suid-Afrikaners uitgebrei moet word.

Boshoff het uitgewys dat verkope van plase tot stilstand geknars het, en so ook in die landbouverwerkingsbedryf, as ‘n direkte gevolg van die beleidsonsekerheid wat deur die sprake van ‘n grondwetlike wysiging in die hand gewerk is. Dit sal lei tot verhogings in voedselpryse en dat Suid-Afrika nie meer nasionale voedselsekerheid of van die goedkoopste kos ter wêreld sal hê nie.

Boshoff het ook aangevoer dat enige grondwetlike wysiging kragtens ‘n wet met algemene geldingskrag moet geskied, so dit kan nie net vir landbougrond geld nie – dit sal vir alle eiendom moet geld.

Opsommend meen AgriBiz dat onteiening slegs met vergoeding moet kan plaasvind.

Ook GraanSA het by monde van Jannie de Villiers hulself teen ‘n wysiging van die Grondwet uitgespreek. Die hoofrede hiervoor is dat swart pioniersboere reeds sukkel om finansiering te bekom omdat hulle nie die grond waarop hulle boer besit nie.

Trouens, van die grond van die tienduisend swart graanboere op die databasis van GraanSA word slegs 30% tans bewerk, juis omdat hulle nie finansiering kan kry nie want hulle het geen sekuriteit om aan te bied nie.

De Villiers meen die geld vir die ondersteuning van swart pioniersboere kan kom van regeringswaarborge soos tans deurentyd aan Eskom en die SAL gegee word. De Villiers het gesê as daar gekies moet word tussen die SAL en landboubelegging, kan mens in die woorde van oudminister Hendrik Schoeman vra: Wil julle vlieg of wil julle vreet? De Villiers se voorkeur was kennelik vir laasgenoemde.

Prof. Elmien du Plessis van die Noordwes-Universiteit het haar doktorsgraad verwerf oor hoe vergoeding oor onteiening kan werk. Du Plessis is teen die wysiging van die Grondwet gekant. Sy het uitgewys dat markwaarde nie noodwendig die maatstaf vir grondwaarde is nie – dit moet regverdig en regverdigbaar wees. Du Plessis meen die staat gebruik nie die magte wat hy binne die Grondwet het, na behore nie.

Sy het dit betreur dat art. 25 van die Grondwet nog nie in die konstitusionele hof getoets is nie, en gevra dat konteks te alle tye in ag geneem moet word – vergoeding kan nie uniform toegepas word nie.

Sy het ook gemaan dat onteiening as sulks nie ‘n doelwit op sigself is nie, maar ‘n middel tot ‘n doel. Die land moet dus besluit wat gedoen moet word nadat onteiening afgehandel is.

Sy het ook gevra dat mense besef daar is geen perfekte oplossing nie, maar dat sommige oplossings beter is as ander. Sy is redelik woes aangeval deur die ANC en die EFF, met laasgenoemde wat (onbewus van die ironie) aangevoer het sy doen voorspraak vir AfriForum.

Die voorlegging deur die Alliansie vir Landelike Demokrasie is teen die wysiging van die Grondwet, en ten gunste van die uitbreiding van eiendomsbesit aan armes.

‘n Voorlegging deur akademici van die Universiteit van Kaapstad het gevra dat eiendomsreg spesifiek uitgebrei word na mense wat onder tradisionele leierskap in kommunale gebiede woon.

Die openbare voorleggings duur Woensdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Uilspieël ·

Moenie worrie nie, neem dit vir ‘n knippie sout op. CR het mos nou klaar als voorsien en kom terug van China met die oplossing.

Staak ·

AFRIBIZ, produsente na wie produkte gestuur word vir verwerking glo was dat die organusasie wat die verwerkers verteenwoordig hoopeloos te bleek is en dat onteiening sonder vergoeding in daai sektor moet begin (die verteenwoordigers)
Ons as produsente stel voor dat ekonomiese hervorming in julle geledere moet begin om bestendigheid te bring in die landbou.

Besluit oor jou beursie en geld en los die boer om oor syne te besluit, julle sing soos papagaie agter die ANC en EFF aan.

Daan Erasmus ·

Onthou 5 September is Sekretaresse dag. Baie belangrik.

Sakkie ·

Joe dankie Daan ek het skoon vergeet soos jy sê DIS belangrik ?

Johanna Botha ·

Die dom mense gaan mie hoor nie …hulle WIL sukkel !

zoom zoom ·

Almal sê dit of dat en wat alles kan verkeerd gaan maar CR het ‘n belofte gemaak aan mense en hy kan nie nou daaruit kom nie. Om die 2019 verkiesing te kan wen moet CR nou deurdruk wat hy sy kiesers belowe het.

ek wil weet ·

wat gaan sy kiesers doen wanneer hulle agterkom hullw gaannie n RDP-huisie kry od n pondokkie kan opslaan op daarsie onrteiense plaas nie?

Joe ·

Hulle word met elke verkiesing dinge belowe, maar vergeet gelukkig na die verkiesing vinnig daarvan.

Deon Meyer ·

Die voorleggings deur die akademici is ongelukkig teoreties “te hoog” om deur die klomp rooi berette en gevolg verstaan te word.

Bert ·

Die ANC motiveer die verandering van die grondwet met ‘n “reg stel” storie en almal fokus nou daar op. Wat niemand sê nie is dat so ‘n verandering die deur oop maak vir enige toekomstige regering om grond op enige plek in die land sonder vergoeding te onteien. Dit sluit Grond wat deur swart mense in Transkei en Venda besit word in. Hierdie regering kan belowe dat hulle dit nie sal doen nie. Oor 30 jaar is CR in die aftree oord en die volgende leiers kan hulle af vee aan sy beloftes en kan selfs CR se wyn plase onteien sonder vergoeding.

John ·

Selfs onteiening met vergoeding waarborg nie dat ‘n Afrobegunstigde ‘n suksesvolle boer sal wees nie. Hoeveel suksesvolle swart boere is daar tans wat die onteiende plase sal kan bestuur? Die groot probleme vir CR is dat die nuweling begunstigdes eerstens onbekwaam is, dat klaar plase beskikbaar moet wees (huise ens), dat befondsing soos vir studente vir alles altyd beskikbaar moet wees, dat reen sal val… in opdrag na Bowe, dat Sjina sy woord gestand sal doen en uithelp soos belowe en nie kom oorvat vir Xiplase nie, soos eintlik beplan en dat Trump deur die Demokrate vasgehou sal word om nie aksie te neem nie. Watter padda kook eintlik in die pot… Om aan mense onder tradisionele leiers grond te gee is so goed soos om aan die leiers self nog grond te gee. Daar sal minder as dadels van sulke plase kom. Miskien sal hulle miskoeke bemark vir kragopwekking.

Johanna Botha ·

Die meerderheid is te dom om te wil luister wat die akedemiese ouens waarsku !

Celtis Africana ·

Die hele OSV kwessie is n rookskerm vir Chinese skuldkolonisasie. Die Akkerland boerdery gepoogde onteiening bewys dat die regering agter die grondstowwe is vir die Chinese! Dan ook nog teen n winskopie!
Dus, die gesprekke wat nou al rou bepraat is, is toe net n weerligafleier vir die ware toedrag van sake. Terwyl Agri SA swart boere gaan maak bestaan, gaan die regering die plase in totaliteit uithol vir die vriende uit die Ooste.
Weereens is die magte agter die skerms toe een voor deur die masker van geregtigheid te dra.
Wee die land van leuens!
Staatskaping het sopas n nuwe dimensie van gesofistikeerdheid betree.

jennefer ·

1.1 miljoen Zimbabwiers benodig voedsel hulp die seisoen.

Judge Dredd ·

Maar die ANC het mos klaar besluit om grond sonder vergoeding te onteien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.