‘Kennis van gesin’ vas vir moord op ma, twee dogters

Argieffoto

’n 45-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die wrede moord op ’n ma (44) en haar twee dogters, onderskeidelik 16 en 22 jaar oud.

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie onverpoosd gewerk het en die beweerde moordenaar, ’n man wat baie goed bekend is aan die gesin, in verband met die voorval nagespoor en in hegtenis geneem het.

Maroela Media het vroeër berig hul liggame is Vrydagoggend in hul woonstel in Phoenix aangetref.

Zwane het gesê die vrou se man het glo omstreeks 07:30 by sy woonstel in Tashmeer Mansions in Longcroft, Phoenix, opgedaag en aan die deur geklop.

Hy beweer daar was nie antwoord nie. Hy het toe op die balkon geklim, die huis deur ’n agtervenster binnegekom en daarna sy vrou en 16-jarige dogter se liggame aangetref.

“Hulle het geen sigbare beserings getoon nie,” het Zwane gesê.

Die man het toe die polisie in kennis gestel.

“Toe die polisie reeds die twee liggame weggeneem het en besig was om die huis te deursoek het hulle die tweede dogter se lyk in die kas aangetref. Sý het steekwonde gehad,” het Zwane gesê.

Zwane het bygevoeg die bewerings dat die voorval in ’n hotel plaasgevind het, is onwaar.

“Die man wat in hegtenis geneem is word aangekla van drie aanklagte van moord en sal Dinsdag in die Verulam-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

leser ·

waarvoor kan daar nie ook “onverpoosd” aan plaas aanvalle gewerk word nie???????????????

Ruben ·

Nou waar is al die speurders wat op die vorige berig so die pa veroordeel het met julle ek ruik n rot kommentare…dink net wat moet hierdie arme man deurgaan om sy vrou en kinders daar te gekry het…julle moet gaan bad want julle ruik julle bo lip..sies man

Cherokee ·

Jy’s reg Ruben. Hulle het rotte geruik en ander het vèt rotte geruik, nie eens bewus daarvan dat alle ooglopende moorde huisves ‘rotte’. Nou is die rotte tjoepstil.

Cherokee ·

Ruben, komplimente met jou kommentaar. Ek daag die bo-lip-ruikers uit om te antwoord op wat Ruben sê. Ons wag vir julle.

Oujongvrou ·

Ruben dankie dat jy die spul aanvat. Ek is so siek van my nasie wat net negatiewe goed kan kwytraak. En dit tel vir jou ook leser. Die polisie werk onverpoos ook om plaasmoorde op te los. Ek sien elke dag berigte van skuldigbevindings en vonnisse vir moorde.
My hart bloei vir daai stomme man wie se hele familie uitgewis is. Hoe kom mens oor so iets. Ek sal vir hom bid.

Cherokee ·

Nou sal die (vet) rotruikers onder ander name ander tipe kommentare plaas.,

Puzzle ·

As ek by iemand se huis aan kom waarvan ek nie sleutels het nie en ek klop, maar niemand maak oop nie, gaan ek nie deur n venster klim om te kyk of hulle daar is nie. Ek gaan mos later terugkom. Maak nie sin dat hy deur gaan klim het nie. Sekere af dae maak ek nie my deur oop vir ongenooide gaste nie en maak of ek nie by die huis is nie. As hulle oor gaan spring en inklim gaan dit mos inbraak/unlawful entry wees… Storie klink net tè perfek toevallig.

Elsa ·

Puzzle, jy het nou die rot heeltemal aan die stert beet. Die man wat by die venter ingeklim het, was die vrou se eie man en dit was ook sy woonstel. Dit was dalk een van die redes hoekom mense gister ‘n rot geruik het en sommer die man verdink het. Ek gaan nie bespiegel hoekom hy nie ‘n sleutel vir sy eie blyplek gehad het nie en hoekom hy aan sy eie deur geklop het nie.

Puzzle ·

@Elsa – my kommentaar is juis geskryf op grond van haar man wat deur die venster gaan klim het – nie als wat in Maroela Nuus staan is al wat gebeur het of intussen uitgevind of aan die lig gekom het nie. Doen bietjie navorsing dan kry jy die gele storie en nie net van een source af nie ;)

madels ·

Bespiegel: Miskien was die sleutel nog in die deur! Genugtig! Dis dalk hoekom hy nie kon inkom nie en besef het iets moet fout wees want niemand maak vir hom oop nie maar omdat hy die sleutel nog in die deur gesien het, het hy dalk vermoed daar is GROOT FOUT! :-( …. ek kan nie dink watse ongelooflike pyn hierdie arme man moet deurgaan nie.. ek bid in Jesus se Naam dat elke greintjie pyn wat hy het genees sal word… dit is verskriklik, verskriklik, verskriklik!!!!

Cherokee ·

Madels, jou tipe kommentaar is deel van die tipe kommentaar waaruit forums behoort te bestaan… ‘n juweel. Minute geneem voordat ek reageer het op joune maar jy verdien dit.. jy is een van die.. miskien minder wordende lesers, wat julself steeds inleef in wat gelees word. Vir jou is dit steeds nie net digitale karakters maar die beskrywing van ‘n belewenis. Jy besef dat dit nie ‘n Alfred Hitchcock storie is, maar die skokkende werklikheid van die splinternuwe aaklige moorddadige stokou nuwe Suid Afrika.

T ·

Ek sê glad nie dat dit die vrou se man is nie, maar die berig sê ook nie dat dit nie hy is nie. Iemand bekend aan die gesin kan enige een wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.