Kenton-on-Sea-gemeenskap geruk ná moord

Foto: Hi-Tec Security/Facebook

’n Beloning van R10 000 is uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming van ’n verdagte sal lei nadat die liggaam van ’n man Woensdagoggend in Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap gevind is.

’n Drawwer het omstreeks 06:30 op die liggaam by Middle Beach-weg afgekom. Die oorledene, glo van Bryanston in Gauteng, is doodgesteek en van sy selfoon en horlosie beroof.

Die veiligheidsmaatskappy Hi-Tec Security het nou die beloning uitgeloof en saam met die polisie ’n uitgebreide soektog na die verdagte(s) van stapel gestuur.

“Ons ondersoek elke nuwe leidraad en sal geen steen onaangeraak laat nie. Ons sal nie misdaad in ons gemeenskap duld nie, veral nie wrede misdade van die aard nie.”

Die identiteit van die slagoffer sal eers bekend gemaak word nadat al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

Die polisie het intussen gesê die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Enigiemand met inligting word versoek om die Kenton-on-Sea-polisie te kontak by 046 648 1222 of Stop Misdaad op 08600 10111.

Hi-Tec Security kan gekontak word op 046 648 1032.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.