Kenya Airways-roete na Kaapstad aangekondig

Kenya Airways Foto: Gerry Stegmeier via Wikimedia Commons

Kenya Airways Foto: Gerry Stegmeier via Wikimedia Commons

Alan Winde, die Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese geleenthede het Dinsdag Kenya Airways se aankondiging verwelkom oor ʼn nuwe roete wat Kaapstad insluit.

Winde het gesê die roete is “wonderlike nuus vir die stad en Suid-Afrika”. Kenya Airways se Nairobi-Livingstone-Kaapstad-roete sal drie keer per week beskikbaar wees.

Winde het gesê die roete sal Kaapstad se toenemende aanloklikheid as ʼn bestemmingstad verhoog. “Dit is baie goeie nuus vir lugtoegang tot ons bestemming en sal ongetwyfeld toerisme in ons streek bevorder.”

Hy het Kenya Airways bedank dat hulle in Kaapstad belê het. “Die nuwe roete is ʼn getuienis van die harde werk wat die Wesgro Air Access-span die afgelope paar jaar gedoen het om te wys dat ʼn roete na Kenia ekonomies sin maak.” Wesgro is die Wes-Kaapse beleggings- en handelsbevorderingsagentskap.

“Ons sal steeds direkte vlugte na ons streek bevorder, as deel van Projek Khulisa. Direkte vlugte bring die noodsaaklike toerisme om ons ekonomie te bevorder, werk te skep en ekonomiese groei te verseker.”

Die Kenya Airways-roete is van Julie 2016 beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.