Kêrel borgtog geweier na moord op vriendin

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin, ʼn veldwagter vir SANParke, brutaal vermoor het, is Dinsdag in die Knysna-landdroshof borgtog geweier.

Die liggaam van Felicia Oktober (27) is op 25 Augustus in ʼn plas bloed in die kombuis van haar huis in Diepwalle aangetref. Sy is 13 keer met ʼn mes gesteek en keelaf gesny.

Gary van Rensburg (29), Oktober se lewensmaat, is op 26 Augustus in George in hegtenis geneem in verband met haar moord. Die hof het bevind daar is geen buitengewone omstandighede wat sy vrylating op borgtog regverdig nie.

Vriende en familie van Oktober het hande geklap en gejuig toe borgtog geweier is. “Dit gaan nie my dogter terugbring nie, maar dit voel asof ʼn berg van my skouers gelig is,” het Phillip Oktober, die slagoffer se pa, gesê.

Die hof het besonderhede gehoor oor die paar ure voor Oktober se dood. Die paartjie het glo ʼn stormagtige verhouding gehad.

Die ondersoekbeampte het getuig vriende en familie het op Oktober se lyk afgekom, nadat hulle die deur van haar huis afgebreek het. Die polisie het drie messe en ʼn panga op die toneel gevind.

Van Rensburg het intussen aangedui hy gaan skuld ontken op die aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sydney ·

Hoop en vertrou dat die saak dieselfde aandag sal geniet as die van Oscar Pretoruis sin. Of was dit net dat Oscar ‘n bekende persoon was…. ” Vra net”

Giel ·

Oscar sindroom????
Jy kan natuurlik die sak volg soos jy die Oscar saak gevolg het.

Maria van Dieweeck ·

Nog n vrou net uitgewis, my hart is seer vir die familie.

Marina ·

Dit is so so bitter hartseer, dit laat mens wonder of dit nie beter is om maar eerder single te bly nie. Alle sterkte vir die familie, dit is nie maklik om so iets te verwerk nie.

Theresa ·

Dit gaan nogals deur mens se gedagtes. En as jy groen koring op die land het, kan mens behoorlik grys word om te dink hul kan dalk so iemand ontmoet. Mag mens die Beskerming geniet wat belowe word.

Elize C ·

Ag flip tog Sydney…… Rêrig!
Simpatie, en berusting vir die familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.