Kêrel het meisie glo by woonstel uitgestamp

boeieʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou glo Sondagoggend omstreeks 02:00 uit die venster van ʼn woonstel op die 14de verdieping van ʼn gebou in Johannesburg gestamp is.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by die Loftus-gebou in Pritchardstraat plaasgevind.

ʼn Veiligheidswag van die gebou het die polisie ontbied en die kêrel “met bloed op sy klere en skoene en op die vloer” aangetref. “Die woonstel is geplunder en die kêrel het aan die polisie gesê hy en sy 26-jarige meisie het baklei.”

Die man sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die ondersoek duur voort.

Mbele het vroue versoek om dadelik die polisie in kennis te stel indien hulle mishandel word. Mishandeling sluit emosionele, finansiële en fisiese mishandeling in. “Moenie in ʼn verhouding bly waar jy mishandel word nie. As jou lewensmaat jou een keer aangerand het en jy doen nie stappe nie, sal hy nie ophou tensy jy hom aangee nie. Stilte is nie goud werd nie; ons maan vroue om aanklagte in te dien indien hulle mishandel word. Samewerking tussen die gemeenskap en die polisie kan die toenemende misdaad teen vroue voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Onaanvaarbaar ·

Daar is so baie vroue wat in n huwrlik vasgevsngbis omdat hulle finansieel net nie sterk genoeg is op hul eie nie dasrdie vrouens se mans weerhou hulle van geld omdat hulle weet die vrou het geen ander keuse nie! Mans moet besef dat hulle nie hod kan speel nie en dat vrouens net geliefd wil wees!
Sterkte aan die dame se familie!

So hartseer ·

Ai dis baie harteer wat met die dame gebeur het!
Plaas asb nommers wat dames kan gebruik vir rasd en leiding wat hulself in soort gelyke situasies bevind.
Daar moet n alternatief as die dood wees..?

Eye of the tiger ·

Ag asseblief. Polisie help nie. Hulle kyk neer op jou. Asof jy iets verkeerd gedoen het om dit te verdien. Of gemors is. Hulle verwys jou na die menseregte kantoor. Ek het probeer hulp kry. Die berader het heeltyd na haar horlosie geloer. O want jy kry net presies een uur slagofferberading. Op die einde moes ek myself help. Weggevlug met net die klere aan my lyf. Ek was ‘n wrak. Het amper my lewe verloor. Weer. Egskeiding gekry. Baie gebid. Gebed help baie. Deure gaan oop. Dit word weer lig. Net die liefde wat ek vir hom het bly. Dit word nie minder nie. Seer liefde. Ek mis hom. Maar ek kan hom nooit weer na hom teruggaan nie, en ek sal ook nie.

Rapes ·

Dit is baie hartseer dat hulle hul hande vir vroue lig, maar daars ook vroue wat so doen. Tragies.

Fiona ·

My buurvrou het gespaar, ‘n bietjie op ‘n keer weggesteek selfs al was dit net 10c. Toe die jongste kind klaar is met skool toe koop sy haar vliegkaartjie en los die boelie soos ‘n warm patat in Suid Afrika agter. Hy kan dit nog steeds nie glo nie.

Rerig... ·

Eye of a tiger… ek stem.. my man dronk en gaan tekere.. my rondgestamp ens. Ek SAP gebel hulle gekom en ons naderhans polisie stasie toe. Hy vertel hulle ek hom geslaan en vloek en skel en bly praat bo oor my. Hulle my stilgemaak en gewaarsku ek gaan toegesluit word. Ek moet hom laat praat. Ek was klaar binne my histeries en toe nog verder vol ang… Hy baie sterker as ek.. watse hulp is dit…

Eye of the tiger ·

My man was nie dronk nie. Hy was net kwaad omdat sy kos te warm was. Sy mond gebrand. Of die bord nie warm nie. Of die handdoeke te sag. Te veel stasoft. Of my pens te dik. My boude te groot. Boerpampoene. Of omdat ek nie genoeg kon verdien om al sy skuld af te betaal nie. Of omdat die hond in die nag blaf. Of omdat ek raas met die skottelgoed. Of omdat ek huil. Of omdat my voete swel. Sulke goed.

Arie ·

Hulle moet mans wat vrouens slaan die doodstraf oplê, tronkstraf help niks, net n paar maande dan doen hulle dit weer

Veritas ·

Aangesien die kommentare effens afgewyk het van die berig, mag ek seker ook maar. Baie mishandelde vroue ly in stilte weens vrees. Vrees om alleen die lewe in die oë te staar. My raad aan hulle is om by die eerste teken van gesinsgeweld, ‘n plan van aksie op te stel. Bou ‘n ondersteuningsnetwerk en kry al jou dinge in orde sodat, wanneer dit weer gebeur (en dit sal), jy onmiddelik kan padgee. Moet nie al sy beloftes en mooipraatjies glo nie, ‘n vroueslaner verander nooit. Lafaards, want dit is wat vroueslaners is, word nie oornag dapper helde nie. Vergeet dit maar.

Charlie ·

Stem 100% saam Veritas, jou ondersteuningsnetwerk is is die enigste uitweg, begin nou daaraan bou, neem beheer oor van jouself, en bemagtig jouself sodoende!

Nel ·

Liewe genugtig – as mens van al die ellende hierbo lees kom kom jy opnuut tot die besef hoe stukkend ons samelewing werklik is.

Bid mense, bid vir families en gemeenskappe wat getref is deur hierdie sinnelose geweld.

Bid vir kerke wat hierdie mense wat seergekry het, moet troos en bedien. Bid dat mense nie moed verloor nie. Bid dat Jesus weer kom en hierdie gebroke wêreld weer herstel!

Wiebo ·

My vrou het my 14 keer aangersand oor 10 jaar tydperk. Wie sou my glo as ek n saak probeer maak het? Ek WAS elke keer onskuldig. Glo my. Toe ek skei, breek sy haar boyfriend se vingers! Ek kry nie die vrouens eintlik jammer nie………….. meeste van hulle kerm en kla DAG EN NAG en maak die lewe ondraaglik vir mans.

Marina ·

Ai dit is so hartseer. Om te dink dat mans so neersien op weerlose mense en dit uitbuit ook. Wag tot die man slaap en slaan hom met die koekroller so paar keer oor die kop, dalk sal hy dan twee keer dink voor hy weer aan jou raak of met altwee sy oe toeslaap. Ja makliker gese as gedoen nie?

Donovan ·

Ek is n man en kom uit n ouer huis waar my pa my ma geslaan het… TOT eendag, ek sal dit nooit vergeet nie… het my ma terug baklei en my pa goed gevoeter, daardie dag het my ma haar 6 kinder op n trein uit Kimberley na Vanderbijlpark gebring… My moeder is vandag 81 en ek is verewig dankbaar dat sy ons uit daardie huis gevat het… Ek is vanjaar 25 jaar getroud met die wonderlikste vrou op aarde en ek het die Here gevra dat as ek ooit my hande vir haar moet lig dat ek my hande sal verloor… Die Here het my n maat gegee nie n slaansak nie… HY het my iets meer waardevoller as goud en silwer gegee, HY het vir my liefde gegee, nie verstrasies nie… Manne behandel jou vrou soos n prinses en jy sal sien wat se hemel op aarde het jy…

Gewese slaansak ·

Polisie help net mooi niks!! Mevrou is u bewus daarvan dat as ons hom gaan toesluit hy met ‘n krimenele rekord gaan sit en wie gaan dan vir jou en jou kinders sorg? Familie draai ook gewoonlik ‘n blinde oog wil nie betrokke raak – veral as jy ver van jou eie familie af bly. Beste raad ooit is pak jou goedtjies en gaan harloop so ver weg jy kan! geen mens verdien dit nie

Lizzy ·

My ex man het sy hande gelig vir my. Maar ek dink nie hy sal ooit weer sommer sy hande lig vir enige vrou nie. Ek het hom behoorlik by gekom sommer vir die volgende paar vroue vir wie hy sy hande dalk sal wil lig. Hahahaha. Volgende keer sal hy twee keer dink….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.