Kêrel in hof oor moord op ma, 2 kinders

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man (48) sal na verwagting vandag (Vrydag) in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn in verband met die moord op sy vriendin en haar twee kinders.

Gemeenskapslede het Woensdag die verdagte aan die polisie oorgegee waarna die liggaam van ʼn vrou (47) Donderdag in Zondi naby die Jabulani-koshuis in Soweto gevind is. Die liggame van twee kinders is elders in Mofolopark gevind.

Familielede het die oorledenes op 1 November by ʼn polisiestasie in Johannesburg as vermis aangemeld.

Faith Mazibuko, Gautengse LUR van Gauteng, het Donderdag haar hartseer uitgespreek oor dié moorde.

“Die gruwelike moorde op vroue en kinders vind gereeld in ons samelewing plaas en dit moet ten sterkste veroordeel word. Die grumoord op hierdie onskuldige siele is teleurstellend. Die mishandeling en moord op vroue en kinders moet nooit plaasvind nie. Mans is veronderstel om die beskermers van vroue en kinders te wees,” het Mazibuko gesê.

Die LUR het uitgewys dat die voorval plaasgevind het enkele weke voordat die land aan 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders deelneem. “Hierdie jongste voorval is een van die vele geslagsgebaseerde geweldsverwante voorvalle wat die provinsie die afgelope tyd beleef het,” het Mazibuko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wettelose SA

Ek se lewer hom uit aan die oorledene se familie en gemeenskap. SA se wette het ons in die steek gelaat want hy gaan uit die tronk wees so gou as wat hy in gesit is. Hoekom hulpelose vroue en kinders dood maak? Veral die kinders wat nog n hele lewe voor hulle het.

wonder maar net

Dit help nie om net te praat nie!! Doen iets.. Maak ‘n voorbeeld van die mans! Almal wil net altyd praat… en praat in die land help niks!! Dis hoekom so baie van die gemeenskappe self die skuldiges straf.. en mens kan hulle nie kwaalik neem nie.

Cherokee

Het ons, as nuuslesers, ‘n kors gegroei oor die verskriklikheid van wat aangaan in hierdie land? Kan die lees van opvolgende moordberigte ons afstomp? Is dit so dat ‘n berig oor ‘n plaasmoord nou se dae gelees word met ‘ag nòg een!’? Ek het al berig beskrywings gelees en nie die volledige berig gelees nie, want ek wòu nie my gemoed verdonker nie. Kan dit wees dat om te lewe in die werklikheid van die hedendaagse Suid Afrika, ons gevoelloos maak? Is moord werklik niks anders as ‘n herhalende daaglikse gebeurtenis? Sak ons as mans ons koppe in ‘n verskriklike… Lees meer »

Moedswillig

Ek lees nou hierbo dat mans veronderstel is om beskermers van vrouens en kinders te wees. As alle mans so edel sou wees, waarteen moet hulle die vrouens en kinders dan beskerm? Teen ander vrouens?