Kêrel skiet glo meisie dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is Sondag in Protea Glen in Soweto, Gauteng vermoedelik deur haar kêrel doodgeskiet.

“Die paartjie het by die man se huis gestry,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man het sy vuurwapen te voorskyn gebring en haar een keer geskiet. Sy is op slag dood.”

Die man het toe glo met haar motor, vermoedelik ʼn rooi Hyundai i20, gevlug. Die polisie kon nie aan Maroela Media bevestig dat die man ʼn polisiebeampte is nie.

ʼn Saak van moord en diefstal van ʼn motorvoertuig word ondersoek. Makhubela sê die polisie is op soek na die man.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.