Kêrel slaan vrou glo met klippe dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige man is in Dutywa in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 44-jarige meisie.

“Die man het Noluntu Ndaliso Saterdagaand omstreeks 23:00 glo met klippe doodgeslaan,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Sy het beserings aan haar bolyf opgedoen en sy is op die toneel dood verklaar.”

Die motief van die moord is nog nie bekend nie.

“Die man is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Dutywa-landdroshof verskyn.”

Die Butterworth-bevelvoerer het die koelbloedige moord van ʼn weerlose vrou veroordeel en die polisie in Dutywa geloof vir hul vinnige reaksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jasmyn ·

Ai, ‘n 44 jarige vrou kan kwalik ‘n ‘meisie’ genoem word, verwys eerder na haar as ‘n vriendin.

Dit bly maar ‘n wrede daad.

scalla ·

Die ouderdomsverskil het verseker n rol gespeel in die wreedaardige optrede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.