Kêrel vas ná vrou se moord

mes-aanval

Argieffoto

ʼn 29-jarige man is Sondag in hegtenis geneem in verband met sy meisie se moord, het die polisie in die Oos-Kaap Sondag gesê.

“Die vrou, ook 29 jaar oud, en die kêrel het glo in hul plakkershuis in Willowvale-informele nedersetting begin baklei,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man het die vrou glo met ʼn mes aangeval en in haar bors gesteek.”

Sy is na die Willowvale-gesondheidsentrum gehaas, maar sy is met haar aankoms dood verklaar.

Manatha het gesê die man het homself aan die polisie oorgegee en erken dat hy sy meisie vermoor het. “Hy is in hegtenis geneem op aanklag van moord en sal Dinsdag in die Willowvale-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Ek waag dit om die afleiding te maak dat die drank weer gepraat het. Die aard en waar dit gebeur het noop my om te vra dat Maroela Media dalk hierdie nuusberigte eers beter moet sif voor publikasie want hierdie een is redelik algemeen en nie eintlik nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.