Kêrel vas oor vermiste vriendin se voertuig

Nicola Pienaar.

Nicola Pienaar.

ʼn 32-jarige man is in Port Elizabeth in hegtenis geneem vir die besit van ʼn gesteelde voertuig.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Saterdagoggend inligting ontvang dat die voertuig, wat vroeër as gesteel aangemeld is, by ʼn KFC-kitskosrestaurant in Albanyweg gesien is. Die voertuig behoort aan Nicola Pienaar (28) se ma. Pienaar het die voertuig gebruik en sy is op 5 Januarie as vermis aangemeld.

Volgens Naidu is ʼn man, wat in die besit van die motor was, in hegtenis geneem. Die man is na bewering Pienaar se kêrel. Van haar klere is in die motor gevind. Die kêrel beweer glo hy en Pienaar was op 7 Januarie na Port Elizabeth onderweg, toe hulle ʼn uitval gehad het. Hy beweer hy het haar in Oudtshoorn afgelaai.

Die verdagte is in aanhouding by die Humewood-polisiestasie en sal na verwagting vandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklag van besit van ʼn gesteelde voertuig.

Pienaar is intussen steeds skoonveld. Haar ma het haar op 5 Januarie die laaste keer gesien by die gesin se huis in Paarl. Pienaar het bruin hare en bruin oë. Sy is omtrent 1,68m lank en weeg 62kg.

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Anderson te kontak by 021 807 4000 of Crime Stop by 08600 10111.

Die motor waarmee Pienaar gery het en wat glo in haar kêrel se besit gevind is. Foto: SAPD

Die motor waarmee Pienaar gery het en wat glo in haar kêrel se besit gevind is. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dnl ·

“Van haar klere is in die motor gevind” – Lyk meer of alles wat los was in die huis in die kar geprop is

Donovan ·

Ai ek bid vir n wonderwerk en dat hierdie saak n goeie einde sal he en nie n tranedal nie…

Pop ·

Heel duidelik is die man werkloos. Ry lekker rond met n voertuig wat nie syne is en het geld om kitskos te koop. My mond hang oop oor die arrogansie van sommige mense. Die stomme meisietjie betaal toe n prys vir meng met verkeerde man. Ek hoop dat teen alle verwagting in vir n wonderwerk. Daai kind sou seker nou al haar ma gekontak het as sy kon.?????

Michael barnard ·

Snaaks hy laai sy vriendin langs die pad af en ry verder met haar ma se kar en sy meld dit nie án by die polisie nie maak nie sin nie.

Simon ·

Ja verseker. Tot ons meer weet glo ek hier is n slang in die gras.

MM is dit neutral genoeg gestel vir julle sensors?

zahn ·

As ek so na die kar kyk, is daar ‘n moontlikheid dat sy nog in die kar kan wees.. daar tussen al die deurmekaargeit.

Lizelda Jv Rensburg ·

Die vermetelheid om nogal te se hy het HAAR afgelaai na die argument dis nie eers sy kar nie! Baie sterkte aan Nicole en haar familie

Anne coetzer ·

Ek ruik n rot . Hulle gaan n liggaam iewers optel. Of dalk het die kind besluit sy wil nie teruggaan huis toe nie. Maar iets is baaaaie verdag. Die ma het haar kind as vermis aabgegee en die kar as gesteel op die 5 de jan. Maar die man sal moet verduidelik

Henk Botha ·

Hoe laai jy iemand na ‘n argument sonder syklere af en dit uit die persoon se eie voertuig. Nou waar in Oudsthoorn en by wie het hy haar afgelaai. Sommer langs die pad uit jou eie motor klink nie onskuldig nie. Wat nog van omgee vir die meisie.

Cindy ·

Ai tog ek het n snaakse gevoel oor die storie. Sy moes nou al kontak gemaak het met haar ma as hy haar net afgelaai het. Ek hoop regtig n wonderwerk sal hier gebeur en sy is veilig

Maryna ·

Haar oe in die foto laat my dink sy is hartseer… Hoop die vrou word lewend gevind!

Chriszelda Botha ·

ek wil nie spoke opjaag nie, maar ek is seker ek het hierdie kar in oudtshoorn gesien, ek bly daar en het nog die dag by myself gedink, sjoe paar jaar terug het my karretjie ook so gelaai gewees. shame sterkte, hoop sy word gou gevind ongedeerd

Alida ·

Daai mannetjie moet baie vinnig sing. Hy weet baie goed waar sy is. Laat hom uit die tronk dan sien julle hoe vinnig praat hy.

Wonder ·

Hoop nie dit ook n Marlene Konings verhaal nie, hulle moet sommer eerste in Tradouws pass begin soek daar by Barrydale!

tinah ·

hier kom n tragedie, dis n uitgemaakte saak, Nicola leef nie meer nie.

Celia ·

Klink eerder vir my of sy weggeloop het saam met hom. Haar hele klerekas is in die kar. Sy is beslis nie n gelukkige mensie nie, haar oe wys dit. Hoop sy kom veilig en ongedeerd uit.
Mens moet nooit hoop verloor nie. Sterkte aan haar mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.