ʼn Man is in Fordsburg, Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin verkrag het.
“Die 34-jarige man is Maandag om 16:00 in hegtenis geneem nadat hy glo die 23-jarige slagoffer vroeër die oggend verkrag het,” het ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.
Die man het haar glo verkrag nadat sy geweier het om met hom seks te hê.
Hy moet binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.